Remgro Beperk (Registrasienommer 1968/006415/06) en filiale
Millenniapark
Stellentialaan 16
Stellenbosch
7600
www.remgro.com

Remgro is ‘n langtermynbelegger wat strategiese verbintenisse op ‘n vennootskapsgrondslag aangaan en hom beywer om waarde toe te voeg waar moontlik.

Terme en voorwaardes wat van toepassing is op enige e-pos kommunikasie of aanhangsel wat Remgro, of sy geassosieerde- of filiaalmaatskappye, u mag stuur (verwys na as “die kommunikasie”), word hieronder uiteengesit.

VERTROULIKHEID EN REGSPRIVILEGIE

Die inligting bevat in enige kommunikasie is vertroulik en mag ook onderworpe wees aan regsprivilegie. Dit is alleenlik bedoel vir die gebruik van die bedoelde ontvanger van die kommunikasie of mense gemagtig om dit te ontvang.

ONBEDOELDE OF ONGEMAGTIGDE KOMMUNIKASIES

Indien u nie die bedoelde ontvanger van die kommunikasie is nie:

  1. Stel asseblief die afsender onmiddellik in kennis per kerende e-pos en verwyder die kommunikasie vanaf u sisteem; en
  2. Is u nie gemagtig om die kommunikasie te druk, stoor of aan ‘n ander persoon te stuur of te kopieër nie. Enige openbaarmaking, kopiëring, verspreiding of aksie op die inhoud van sodanige inligting word streng verbied en mag onwettig wees.

FOUTIEWE WERKING

Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir die foutiewe of onvolledige transmissie van inligting bevat in enige kommunikasie nie, of vir enige vertraging in ontvangs nie.

Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige skade of verlies wat die gevolg mag wees van foutiewe of kwaadwillige sagteware of virusse in kommunikasies nie, insluitende skade aan hardeware of sagteware of datakorrupsie.

ONGEMAGTIGDE HANDELINGE

Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir personeelhandelinge wat nie binne die bestek van hul gewone gesag of normale indiensnemingsverantwoordelikhede val nie. Kommunikasie wat aanstootlike, neerhalende, lasterlike of andersins onwettige of onbehoorlike stellings, inhoud of materiaal bevat, sou buite die afsender se normale bestek van gesag en indiensnemingsverantwoordelikheid val.

PROSESSERING VAN PERSOONLIKE INLIGTING

Ons prosesseer persoonlike inligting in ooreenstemming met ons Privaatheidsbeleid. Die inhoud van hierdie kommunikasie asook alle aanhangsels hiertoe is onderheweig aan dieselfde terme as ons Privaatheidsbeleid. Ons Privaatheidsbeleid kan hier gevind word.