Belegging in die gemeenskap

Remgro se KMB-inisiatiewe en donasieprogram dek ’n breë spektrum van die gemeenskap en kan as volg opgesom word:

  • Gemeenskapsontwikkeling
  • Kulturele ontwikkeling
  • Entrepreneurskap, opleiding en onderwys
  • Omgewing
  • Gesondheidsorg
  • Sportontwikkeling

Remgro probeer om ’n KMB van ongeveer 2.5% van sy jaarlikse netto vrye kontantvloei te handhaaf. In hierdie opsig is daar ’n amptelike KMB-komitee wat gereeld vergader om verdienstelike instansies te oorweeg en skenkings goed te keur. Donasies aan kwalifiserende instansies word op ’n jaarlikse grondslag vir ’n spesifieke tydperk gemaak en hoewel bydraes oor ’n taamlik breë spektrum strek, is daar twee ooglopende uitsonderings: politieke partye en godsdienstige instellings. Remgro respekteer sy werknemers se keuses om by hierdie instansies betrokke te raak, maar oefen nie self ’n keuse uit nie.

Gedurende die jaar onder oorsig het Remgro se KMB R26 miljoen bedra (2021: R22 miljoen), soos in die tabel hieronder uiteengesit.

Opsomming van KMB Jaar
geëindig
30 Junie
2022
R miljoen
JJaar
geëindig
30 Junie
2021
R miljoen
Gemeenskapsontwikkeling 7 6
Kulturele ontwikkeling 4 3
Entrepreneurskap, opleiding en opvoeding 10 8
Omgewing 2 2
Gesondheidsorg 1
Sportontwikkeling 3 2
26 22

Meer inligting rakende Remgro se KMB-inisiatiewe kan gevind word in die volledige volhoubaarheidsverslag.