BBSEB-TELKAART

Element Aanwyser Gewig Telling
Ekwiteitseienaarskap Persentasie-aandeel in ekonomiese voordele 25 16.76
Bestuurskontrole Persentasie swart persone in uitvoerende bestuur en/of uitvoerende direksiekomitees 19 7.17
Vaardigheids­­­ontwikkeling Vaardigheidsontwikkelingspandering in verhouding tot die totale betaalstaat 20 20.03
Onderneming- en verskafferontwikkeling Aankope van bemagtigde ondernemings in swart besit as ’n gedeelte van totale bates, sowel as die gemiddelde waarde van bydraes ten opsigte van verskaffer- en ondernemingsontwikkeling as ’n persentasie van na-belaste wins 40 23.99
Sosio-ekonomiese ontwikkeling Korporatiewe maatskaplike belegging tot voordeel van swart persone 5 5.00
Totale telling   109 72.95
       

INLEIDING

Die direksie glo dat BBSEB ’n maatskaplike, politieke en ekonomiese noodsaaklikheid is en daarom word die inisiatiewe van die maatskappy se filiale, geassosieerdes en gesamentlike ondernemings in hierdie verband ondersteun en aangemoedig tot die mate waarin Remgro se filiale, gesamentlike ondernemings en geassosieerdes BBSEB implementeer, het Remgro se aandeelhouers in effek deel aan hierdie BBSEB-inisiatiewe en die voordele en koste daaraan verbonde.

Remgro meet sy BBSEB-status teen die generiese telkaart­maatstawwe van die Departement van Handel en Nywerheid. Volgens die jongste beoordeling van Remgro se BBSEB-status, wat in September 2019 gedoen is, het Remgro ’n telling van 72.95 (2018: 66.48) behaal en daardeur sy vlak 7-bydraerstatus verkry. Die besonderhede van die beoordeling word volledig hierbo uiteengesit en sluit die BBSEB-inisiatiewe van Remgro se vernaamste onafhanklike bedryfsfiliale, RCL Foods Beperk (RCL Foods), Distell Group Holdings Beperk (Distell), Siqalo Foods Eiendoms Beperk (Siqalo Foods) en Wispeco Holdings Eiendoms Beperk (Wispeco), in.

EKWITEITSEIENAARSKAP

Verifiëring van BBSEB-eienaarskap word gereël deur die gewy-sigde beste praktykkode rakende BBSEB, wat op 11 Oktober 2013, ingevolge Artikel 9(1) van die Wet op Breëbasis Swart Ekono-miese Bemagtiging (Nr. 53 van 2003), geproklameer is.

Daar moet op gelet word dat swart eienaarskap ingesluit is by die aandeelhoudings van institusionele beleggers in Remgro (Waar Remgro se vernaamste aandeelhouers openbaar gemaak word). ’n Jaarlikse oefening word gedoen om die indirekte swart eienaarskap betrokke by hierdie gemagtigde beleggings te bepaal, en gevolglik in te sluit. Daarby word die bepalings van Kodereeks 100, Standpunt 102 – Erkenning van die verkoop van bates, sowel as die uitsluiting van buitelandse bedrywighede, ook in aanmerking geneem.

Remgro se ekwiteitseienaarskapstelling is soos volg:

Geverifieerde ekwiteits-eienaarskaptelling Teiken-
telling
30 Junie
2019
30 Junie
2018
Swart persone met stemreg 4.00 2.85 2.93
Swart vrouens met stemreg 2.00 1.65 1.72
Swart persone met ekonomiese belang 4.00 2.82 2.98
Swart vrouens met ekonomiese belang 2.00 1.74 1.84
Ekonomiese belang van swart aangewese groepe 3.00 3.00 3.00
Nuwe swart toetreders 2.00
Netto waarde 8.00 4.70 4.98
  25.00 16.76 17.45
       

Hoewel Remgro se BBSEB-telling die inisiatiewe van RCL Foods, Distell, Siqalo Foods en Wispeco insluit, hou die bespreking hieronder oor die ander elemente van die generiese telkaartmaatstawwe slegs verband met die bedrywighede by Remgro se hoofkantoor op Stellenbosch. Vir meer besonderhede oor die BBSEB-inisiatiewe by maatskappye waarin beleggings gehou word, verwys na die afdeling “BBSEB by maatskappye waarin belê is” hieronder.

BESTUURSBEHEER

Die direksie het met verloop van tyd getransformeer, met vyf van die elf nie-uitvoerende direkteure (45%) wat swart persone is. Op bestuursraadvlak is twee uit die ses lede swart persone.

GELYKE INDIENSNEMING

Gelyke indiensneming is Remgro se grootste transformasieuit-daging. ’n Vyfjaar gelyke indiensnemingsplan waarin Remgro se transformasiedoelwitte uiteengesit word, word aan die Departement van Indiensneming en Arbeid voorgelê. Vordering ten opsigte van die plan word jaarliks aan die Departement van Indiensneming en Arbeid gerapporteer. Hoewel pogings aangewend word om die maatskappy se swart verteen-woordiging op bestuursvlak te verbeter, bly die lae personeelomset en beperkte organiese groei, beperkende faktore. Meer besonderhede oor gelyke indiensneming word hier onder aangebied.

Remgro se opgesomde gelyke indiensneming, soos op 30 Junie 2019, word in Figuur 2 aangebied en sit die verspreiding van heeltydse werknemers volgens ras en per beroepsvlak uiteen.

VAARDIGHEIDSONTWIKKELING

Remgro voldoen aan die vereistes van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (Nr. 97 van 1998) ingevolge waarvan ’n vaste persentasie van die betaalstaat as ’n opleidingsheffing aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens betaal word. ’n Jaarlikse verslag van alle opleiding wat in die maatskappy plaasgevind het, word ook aan die relevante SETA voorgelê.

VOORKEURVERKRYGING

Aangesien Remgro nie ’n bedryfsmaatskappy is nie, is die verkrygingsfunksie baie klein en word die verkrygingsprofiel deur ’n hoë dienskomponent gekenmerk eerder as deur materiaalaankope. Remgro koop meer as die helfte van sy goedere en dienste van BBSEB-geakkrediteerde handelaars. ’n Verbetering van die voorkeurverkrygingstelling bly ’n fokus-gebied vir Remgro.

ONDERNEMINGS- EN SOSIO-EKONOMIESE ONTWIKKELING

’n Aansienlike hoeveelheid tyd en hulpbronne word intern spandeer aan besigheidsontwikkeling en korporatiewe maat-skaplike bestedingsinisiatiewe (KMB). Meer besonderhede oor die maatskappy se KMB word hier verskaf.

BBSEB BY MAATSKAPPYE WAARIN BELÊ IS

Remgro monitor en dra by tot die BBSEB-vertoning van die maatskappye waarin belê is deur sy direksieverteenwoordiging en deelname en fasilitering van korporatiewe aksies by hierdie maatskappye. Die BBSEB-status van Remgro se maatskappye waarin belê is, word in meer besonderhede behandel in die “beleggingsoorsig”-afdeling.

Verdere inligting rakende die BBSEB-status van Remgro se bedryfsfiliale word behandel in die afdeling wat handel oor “volhoubaarheid by bedryfsfiliale” in die volledige volhoubare ontwikkelingsverslag.