Bydrae tot wesensverdienste | 30 Junie 2023 R miljoen |
30 Junie 2022 R miljoen |
---|---|---|
Air Products | 476 | 422 |
TotalEnergies | 54 | 1 076 |
Wispeco | 313 | 281 |
PGSI | 25 | 21 |
868 | 1 800 | |
![]() |
![]() |
Profiel:
Air Products produseer suurstof, stikstof, argon, waterstof en koolstofdioksied vir verkoop in gasvorm deur middel van pyplyne ingevolge langtermynkontrakte aan groot industriële gebruikers. Air Products versprei ook industriële gasse, saam met die toepaslike toerusting, aan die handelsmark. Die ander 50% van die gewone aandele word deur Air Products and Chemicals Incorporated, ’n VSA-maatskappy, gehou.
FINANSIËLE HOOGTEPUNTE | Jaar geëindig 30 September 2022 |
|
---|---|---|
R miljoen | % | |
Omset | 4 253 | 15.1 |
Bedryfswins | 1 266 | 17.8 |
Wesensverdienste | 925 | 20.9 |
Air Products South Africa Eiendoms Beperk (Air Products)
Air Products het ‘n September-jaareinde, maar sy resultate vir die 12 maande geëindig 31 Maart 2023 is ingesluit by dié van Remgro vir die jaar onder oorsig. Air Products se bydrae tot Remgro se wesensverdienste het met 12.8% tot R476 miljoen (2022: R422 miljoen) toegeneem.
Air Products se omset vir die 12 maande geëindig 31 Maart 2023 het met 14.4% tot R4 563 miljoen (2022: R3 990 miljoen) toegeneem, terwyl die maatskappy se bedryfswins vir dieselfde tydperk met 9.3% tot R1 295 miljoen (2022: R1 185 miljoen) toegeneem het.
Air Products is die grootste vervaardiger van nywerheidsgasse in Suider-Afrika en voer ook ‘n verskeidenheid spesialiteitsgasse in wat aan ‘n wye reeks nywerhede, waaronder staal, chemikalieë, olie-raffinering, hulpbronminerale, glas, pulp en papier, voedselverpakking, asook algemene vervaardiging, fabrikasie en sweiswerke, versprei word.
Handelsomstandighede in die tydperk onder oorsig was gemeng. Wisselvallige en oor die algemeen laer vraagvlakke van groot tonnemaatkliënte, saam met hoë vlakke van aanleg-onderhoud, was neerdrukkend op dié gedeelte van die besigheid. Verpakte gasvolumes het bly verbeter en die verkryging van Weldamax, verskaffer van soldeerprodukte en -toerusting, het die vertoning van hierdie sektor bevoordeel ondanks aansienlike insetkostedruk.
![]() |
![]() |
Profiel:
Filiaal van TotalEnergies SE (Frankryk). TotalEnergies se besigheid behels die raffinering en bemarking van petroleum en petroleumprodukte in Suid-Afrika, asook die verspreiding daarvan aan buurlande. Die maatskappy het ’n ekwiteitsbelang van 36.36% in National Petroleum Refiners of South Africa Eiendoms Beperk (Natref).
FINANSIËLE HOOGTEPUNTE | Jaar geëindig 31 Desember 2022 |
|
---|---|---|
R miljoen | % | |
Omset | 94 423 | 30.8 |
Bedryfswins | 3 132 | (0.1) |
Wesensverdienste | 2 537 | 11.1 |
TotalEnergies Marketing South Africa Eiendoms Beperk (TotalEnergies)
TotalEnergies het ‘n Desember-jaareinde en sy resultate vir die 12 maande tot 30 Junie 2023 is ingesluit by dié van Remgro vir die jaar onder oorsig. TotalEnergies se bydrae tot Remgro se wesensverdienste vir die jaar onder oorsig het ‘n wins van R54 miljoen (2022: R1 076 miljoen) bedra.
Die resultate is negatief beïnvloed deur ongunstige voorraadherwaardasies van R1 408 miljoen (2022: R3 581 miljoen), hoofsaaklik vanweë die normalisering van die skerp toenames in die globale olieprys vroeg in 2022 as gevolg van die Rusland-Oekraïne-oorlog. Die Rusland-Oekraïne-oorlog het daartoe gelei dat die internasionale olieprys van $122.71 per vat op 30 Junie 2022 tot $81.3 per vat in die tweede helfte van 2022 toegeneem het.
TotalEnergies se omset vir die 12 maande geëindig 30 Junie 2023 het met 15% tot R100 704 miljoen (2022: R87 383 miljoen) toegeneem, hoofsaaklik as gevolg van toenames in pryse en verkoopsvolumes.
Die maatskappy het voortgegaan met sy beleggings in gesondheid, veiligheid en die omgewing om aan toenemende streng wetlike en ontwikkelende maatskappyvereistes te voldoen. Die sleutelfokusgebiede is omgewingsnakoming, asook gesondheids- en veiligheidsnakoming deur personeel, vervoerders en konstruksiekontrakteurs.
Natref se resultate het in die tydperk onder oorsig verswak danksy ongunstige voorraadherwaardasies.
![]() |
![]() |
Profiel:
Wispeco se hoofbesigheid is die vervaardiging en verspreiding van uitgeperste aluminiumprofiele vir gebruik in die bou-, ingenieurs en duursame goederesektor.
FINANSIËLE HOOGTEPUNTE | Jaar geëindig 30 Junie 2023 |
|
---|---|---|
R miljoen | % | |
Omset | 3 813 | 6.0 |
Bedryfswins | 436 | 6.9 |
Wesensverdienste | 313 | 11.4 |
Wispeco Holdings Eiendoms Beperk (Wispeco)
Wispeco se omset vir die jaar geëindig 30 Junie 2023 het met 6.0% tot R3 813 miljoen (2022: R3 598 miljoen) toegeneem. Die toename was grootliks die gevolg van hoër verkooppryse met die volumes van aluminium-uitpersprodukte wat marginaal laer as die vorige jaar was. Volumes is negatief beïnvloed deur swakker besigheidsvertroue, sowel as laer aktiwiteitsvlakke in die kommersiële en huismarkbousektore. In sy drukvormgietbesigheid het ’n bestendige bruto marge, saam met hoër uitvoervolumes van bronsgietstukke, ’n groter bydrae tot Wispeco se wins gelewer. Wesensverdienste vir die jaar geëindig 30 Junie 2023 het met 11.4% tot R313 miljoen (2022: R281 miljoen) verbeter.
Wispeco is stewig op pad om ‘n wêreldklas vervaardiger van aluminium-uitpersprodukte te word en beskik oor voldoende kapasiteit om met die kortste moontlike aanlooptyd produkte op bestelling te maak. Nuwe uitvoergeleenthede vir drukvormgietprodukte word ontsluit, met bykomende beleggings wat in drukvormgiet- en masjineringskapasiteit gemaak word.
Die maatskappy se reeks Crealco-argitektoniese produkte bly steeds die aanvaarde norm vir gehalte en betroubaarheid en het die naam dat dit die voorkeurkeuse in die boubedryf is. Die reeks is wyd beskikbaar en word ondersteun deur ‘n netwerk van eie en onafhanklike verspreiders regoor Suider-Afrika. Toevoegings tot Wispeco se verspreidingsnetwerk sluit die opening van ‘n nuwe tak in groothandelsaluminiumbedryf in.
Wispeco se voorste ontwerpsagteware-oplossings bly ‘n handige hulpmiddel vir vervaardigers van aluminiumvensters en -deure om mates op persele te neem, ontwerpstandaarde na te kom en vinnige beramingsinligting te bekom vanaf die handtoestel.
Wispeco se eksterne gefokusde opleidingsinisiatiewe vir gestremde en voorheen benadeelde jongmense, met die oog op indiensneming in die aluminiumbedryf, is weer op koers. Interne opleidingsprogramme is gemik op produktiwiteitsverbetering en die ontwikkeling van vaardighede om toekomstige groei te ondersteun.
![]() |
![]() |
PGSI Beperk (PGSI)
Profiel:
PGSI het ‘n belang van 80% in PG Group Holdings. Die PG-groep is Suid-Afrika se bedryfsleier op die gebied van geïntegreerde plaatglas vir die vervaardiging, verspreiding en installering van hoëgehalte motor- en bouglasprodukte.
Webwerf: www.pggroup.co.za