Aantekeninge by die finansiële jaarstate
vir die jaar geëindig 31 maart 2010
| Aantekening 2 » |
1. |
Verdienste |
||||
| 2010 | 2009 | ||||
| Bruto R million |
Netto R million |
Bruto R million |
Netto R million |
||
Wesensverdienste rekonsiliasie |
|||||
Voortgesette bedrywighede |
|||||
| Netto wins vir die jaar toeskryfbaar aan ekwiteithouers | 3 060 | 2 827 | |||
| Plus/(minus): | |||||
| – Netto waardedaling van beleggings | 149 | 149 | 442 | 442 | |
| – Waardedaling van eiendom, aanleg en toerusting | 4 | 3 | – | – | |
| – Waardedaling van ontasbare bates | 26 | 20 | – | – | |
| – Wins/(verlies) met die verkoop van beleggings | 9 | 17 | (24) | (21) | |
| – Netto (oorskot)/verlies met verkoop van eiendom, aanleg en toerusting | (4) | (1) | 3 | 2 | |
| – Nie-wesensverdienste items ingesluit by geëkwiteerde verdienste van geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings |
123 | 107 | (117) | (82) | |
| Wesensverdienste van voortgesette bedrywighede | 3 355 | 3 168 | |||
Beëindigde bedrywighede |
|||||
| Netto wins vir die jaar toeskryfbaar aan ekwiteithouers | – | 42 503 | |||
| Plus/(minus): | |||||
| – Wins met die uitkering van beleggings | – | – | (40 805) | (40 805) | |
| – Nie-wesensverdienste items ingesluit by geëkwiteerde verdienste van geassosieerde maatskappye |
– | – | (223) | (206) | |
| Wesensverdienste van beëindigde bedrywighede | – | 1 492 | |||
| Totale wesensverdienste van voortgesette en beëindigde bedrywighede |
3 355 | 4 660 | |||
| 2010 Sent |
2009 Sent |
||||
Verdienste per aandeel |
|||||
| Wesensverdienste per aandeel | |||||
| – Basies | 690.1 | 987.7 | |||
| Voortgesette bedrywighede | 690.1 | 671.5 | |||
| Beëindigde bedrywighede | – | 316.2 | |||
| – Verwater | 676.4 | 954.8 | |||
| Voortgesette bedrywighede | 676.4 | 659.2 | |||
| Beëindigde bedrywighede | – | 295.6 | |||
| Verdienste per aandeel | |||||
| – Basies | 629.4 | 9 607.9 | |||
| Voortgesette bedrywighede | 629.4 | 599.2 | |||
| Beëindigde bedrywighede | – | 9 008.7 | |||
| – Verwater | 616.3 | 9 570.4 | |||
| Voortgesette bedrywighede | 616.3 | 584.6 | |||
| Beëindigde bedrywighede | – | 8 985.8 |
Verdienste per aandeel
In die bepaling van verdienste per aandeel en wesensverdienste per aandeel is die geweegde aantal uitgereikte aandele, naamlik 486 152 822 (2009: 471 798 001), in berekening gebring na aftrekking van tesourie-aandele asook aandele deur Die Remgro Aandeletrust en sekere geassosieerde maatskappye gehou.
Verwaterde verdienste per aandeel
In die berekening van verwaterde verdienste per aandeel en verwaterde wesensverdienste per aandeel is die geweegde aantal uitgereikte aandele aangepas vir die geagte verwateringseffek van die aanbiedinge aanvaar deur deelnemers van die Remgro Aandeleskema en die Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema, maar nog nie gelewer nie.
Die lewering van skema-aandele aan deelnemers sal geag word ’n uitgifte van aandele te wees. Aangesien die markwaarde (billike waarde) van die aandele op die datum van lewering sal verskil van die aanbodwaarde, sal die aantal aandele wat daardie verskil verteenwoordig, geag word ’n uitgifte van gewone aandele sonder teenprestasie te wees. Hierdie toegerekende aandele bedra 533 594 (2009: 115 156) en is bygetel by die geweegde aantal aandele ten einde die verwateringseffek te bereken.
Sommige filiaal- en geassosieerde maatskappye het soortgelyke bestuursaansporingskemas sowel as ander instrumente wat in die toekoms tot ’n verwatering van dié maatskappye se verdienste aanleiding kan gee. Ten einde Remgro se verwaterde verdienste per aandeel van voortgesette bedrywighede te bereken, is R63 miljoen (2009: R57 miljoen) en R61 miljoen (2009: R68 miljoen) teen onderskeidelik wesensverdienste en verdienste verreken ten einde die potensiële verwateringseffek te verantwoord. Vir die vergelykende jaar is R97 miljoen en R98 miljoen onderskeidelik teen wesensverdienste en verdienste verreken ten einde die potensiële verwateringseffek op verdienste van beëindigde bedrywighede te verantwoord.
