Aantekeninge by die finansiële jaarstate

vir die jaar geëindig 31 maart 2009

« Aantekening 35 Aantekening 37 »
       
36. Verwante party inligting    
   
  Filiale
Besonderhede van inkomste vanaf, en beleggings in, filiaalmaatskappye verskyn in aantekening 27 en in Bylaag A onderskeidelik.

Geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings
Besonderhede van beleggings in, en inkomste vanaf, geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings verskyn in aantekeninge 6, 7 en 28 onderskeidelik, asook in Bylae B en C.

Sleutelbestuurpersoneel
Slegs Remgro se direkteure word as sleutelbestuurpersoneel beskou. Inligting oor direkteursvergoeding en hul aandeelhouding in die maatskappy verskyn in aantekeninge 24 en 25 en in die verslag van die raad van direkteure.

Aandeelhouers
Besonderhede van die hoofaandeelhouer verskyn in die verslag van die raad van direkteure. ’n Gedetailleerde ontleding van aandeelhouers.

Ander
Sekere kontraktuele ooreengekome, ondersteunende en ander dienste word aan VenFin Beperk gelewer.
       
  Transaksies met verwante partye     
       
       
    2009    2008  
    R miljoen    R miljoen  
  Gekonsolideerd    
  Transaksies van Remgro Beperk en sy filiaalmaatskappye met:     
  Beherende aandeelhouer     
     Kontantdividende 146    164  
     Dividend in specie 4 128     –  
  Geassosieerde maatskappye     
     Rente ontvang 12    11  
     Dividende ontvang 1 528    3 297  
     Verkope 69     2  
     Administrasiefooie 16    13  
     Aankope 148    113  
     Rente betaal –    1  
  Sleutelbestuurpersoneel     
     Salarisse en ander voordele 23    19  
     Aandeleskema bonusse 20    –  
     Aftreevoordele 3     3  
     Aandeelgebaseerde betalings 13     8  
  Ander     
     Fooie ontvang van VenFin Beperk 19    17  
  Saldo’s verskuldig van/(aan) verwante partye     
     Geassosieerde maatskappye (20)  (11)
     Geassosieerde maatskappye 473    22  
     Gesamentlike ondernemings 116     –  
     Lenings aan direkteure 38     –  
       Saldo – 1 April –    –  
       Lenings toegestaan gedurende die jaar 40     –  
       Rente gehef 1     –  
       Terugbetalings gemaak (3)   –  
       
  Die maatskappy    
  Transaksies van Remgro Beperk met:     
  Beherende aandeelhouer     
     Kontantdividende 146    164  
     Dividend in specie 4 128     –  
  Filiaalmaatskappye     
     Dividende ontvang 59 469    2 138  
     Administrasiefooie ontvang 5    5  
  Saldo’s verskuldig deur verwante partye     
     Filiaalmaatskappye 179    2 312  
   
  Geen sekuriteit is vir enige uitstaande saldo’s gegee nie. Daar is geen voorsienings vir oninbare skuld teen uitstaande saldo’s met verwante partye gemaak nie en geen oninbare skuld van verwante partye is gedurende die jaar afgeskryf nie. Lenings, wat verband hou met die aankoop van gewone aandele in Remgro wat voor 30 September 2004 toegeken is, maar nog nie teen 6 Augustus 2008 gevestig het nie, is aan deelnemers van die Remgro Aandeleskema gemaak.