Verslag van die raad van direkteure

vir die jaar geëindig 31 maart 2009

Geagte Aandeelhouer

Die raad doen met genoeë verslag oor die bedrywighede en finansiële resultate vir die jaar onder oorsig.

Aard van bedrywighede

Die maatskappy is ’n beleggingshouermaatskappy. Kontant-inkomste bestaan hoofsaaklik uit dividende en rente. Die gekonsolideerde finansiële jaarstate van die maatskappy en sy filiale inkorporeer ook die geëkwiteerde toeskryfbare inkomste van geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings.
Gedurende die jaar onder oorsig is die belegging in British American Tobacco Plc (BAT) aan aandeelhouers ontbondel by wyse van ’n tussendividend in specie ten bedrae van R55.2 miljard. Verwys na die gedeelte met betrekking tot “Beleggings” hieronder vir meer besonderhede oor die ontbondeling.

Na die ontbondeling waarna hierbo verwys word, bestaan die groep se belange hoofsaaklik uit beleggings in bankwese en finansiële dienste, drukwerk en verpakking, motorkomponente, glasprodukte, mediese dienste, mynwese, petroleumprodukte, voedsel, wyn en spiritualieë en verskeie ander handelsmerkprodukte.

Resultate

 
   
Jaar geëindig 31 Maart: 2009   2008 
Wesensverdienste (R miljoen) 4 660   7 991 
– per aandeel (sent) 987.7   1 692.8 
– verwater (sent) 954.8   1 649.0 
     
Wesensverdienste van voortgesette bedrywighede (R miljoen)* 3 168   4 551 
– per aandeel (sent) 671.5   964.1 
– verwater (sent) 659.2   928.3 
     
Verdienste – netto wins vir die jaar (R miljoen) 45 330   9 893 
– per aandeel (sent) 9 607.9   2 095.7 
– verwater (sent) 9 570.4   2 048.9 
     
Dividende (R miljoen)** 902   2 471 
– gewoon – per aandeel (sent) 190.00   510.00 
     
*   Wesensverdienste van voortgesette bedrywighede is bereken deur die geëkwiteerde inkomste van BAT, asook al die nie-herhalende kostes wat verband hou met die ontbondeling, uit te sluit. 
**  ’n Finale dividend van 110 sent (2008: 330 sent) per aandeel is verklaar na jaareinde en is gevolglik nie in die finansiële jaarstate voorsien nie. Geen SBM is op hierdie dividende betaalbaar nie. 
   

Beleggings

Die belangrikste veranderinge gedurende die jaar onder oorsig was soos volg:


Herstrukturering van groep

Op 7 Oktober 2008 het Remgro se aandeelhouers die ontbondeling van die belegging in BAT by wyse van ’n tussendividend in specie goedgekeur en op 3 November 2008 het Remgro 192.9 miljoen BAT gewone aandele en 302.6 miljoen Reinet Investments S.C.A. (Reinet) depositobewyse aan Remgro-aandeelhouers in die verhouding van 40.6054 BAT gewone aandele en 63.6977 Reinet depositobewyse vir elke 100 Remgro-aandele gehou, uitgekeer.

Die tussendividend in specie het ’n totale bedrag vanR55.2 miljard beloop en sekondêre belasting op maatskappye (SBM) van R686.0 miljoen was op hierdie dividend betaalbaar. Bykomend tot die SBM was Sekuriteite-oordragbelasting ten bedrae van R144.1 miljoen ook betaalbaar. Aangesien R129.7 miljoen van die Sekuriteite-oordragbelasting namens Remgro-aandeelhouers betaal is met die ontbondeling vanBAT die gewone aandele aan hulle, is dié bedrag ingesluit in die tussendividend in specie waarna hierbo verwys is.

Weens die feit dat die BAT gewone aandele en Reinet depositobewyse teen markwaarde uitgekeer is, is ’n kapitaalwins van R40 805.0 miljoen met die dividend in specie gerealiseer.

Alle omsigtigheids- en ander aankondigings wat verband hou met die ontbondeling van die belegging BAT is beskikbaar opin Remgro se webwerf by www.remgro.com.

Terugkoop van Remgro-aandele

Op 31 Maart 2008 is 8 554 019 Remgro gewone aandele (1.9%) as tesourie-aandele gehou. Gedurende die ses maande geëindig 30 September 2008 het ’n volfiliaalmaatskappy van Remgro 3 500 000 Remgro gewone aandele teen ’n gemiddelde prys van R189.71 vir ’n totale bedrag van R666.4 miljoen aangekoop. Hierdie aandele is aangekoop ten einde die nuwe aandelegroeireg-skema, wat na die ontbondeling van die belegging in BAT geïmplementeer is, te verskans. Op 30 September 2008 is 12 054 019 Remgro gewone aandele (2.7%) as tesourie-aandele gehou.

Gedurende die jaar onder oorsig is geen Remgro gewone aandele deur Die Remgro Aandeletrust aangekoop nie, terwyl 1 042 426 aandele aan deelnemers gelewer is teen betaling van die inskrywingsprys.

Sedert 30 September 2008, as deel van die voorlopige stappe tot die ontbondeling van die belegging in BAT, is die 8 554 019 Remgro gewone aandele wat as tesourie-aandele gehou is en 969 836 van die Remgro gewone aandele wat deur Die Remgro Aandeletrust gehou was, gekanselleer nadat die ontbondeling van die belegging in BAT deur Remgro se aandeelhouers goedgekeur is. Die balans van die Remgro gewone aandele wat deur Die Remgro Aandeletrust gehou is, is aan deelnemers gelewer en ’n volfiliaalmaatskappy vanRemgro het ’n direkte finansieringsfasiliteit aan die deelnemers verskaf om hulle in staat te stel om die uitstaande koopprys te vereffen. Op 31 Maart 2009 was die uitstaande bedrag van die direkte finansieringsfasiliteit R73.6 miljoen, en dié bedrag is ingesluit in die balansstaat as ’n nie-bedryfsbate onder “Lenings”.

Op 31 Maart 2009 is 3 500 000 Remgro gewone aandele (0.8%) as tesourie-aandele gehou.

Voortvloeiend uit die verkryging van die 3.5 miljoen tesourie-aandele, en as deel van die ontbondeling van die belegging in BAT, het die volfiliaalmaatskappy wat die tesourie-aandele verkry het, ook gewone aandele in BAT en Reinet depositobewyse ontvang. Op 31 Maart 2009 is 1 252 712 gewone aandele in BAT en 1 966 260 Reinet depositobewyse gehou. Hierdie beleggings is vir rekeningkundige doeleindes as finansiële instrumente “beskikbaar vir verkoop” geklassifiseer en slegs dividendinkomste vanaf hierdie beleggings sal in die toekoms in die inkomstestaat verantwoord word. Die ontbondeling van die belegging in BAT het ook tot gevolg gehad dat Remgro 196 626 Reinet ontvangsbewyse ontvang het. Hierdie ontvangsbewyse is gedurende Desember 2008 verkoop en ’n na-belaste kapitaalwins vanR2.9 miljoen is met dié transaksie gerealiseer.

Xiocom Wireless, Inc. (Xiocom)

Gedurende die 2008 finansiële jaar het Remgro ’n belang van 37.5%, op ’n ten volle verwaterde grondslag, in Xiocom bekom. Xiocom is ’n VSA-maatskappy wat spesialiseer in die ontplooiing en bedryf van draadlose breëbandnetwerke. Remgro het homself voorwaardelik verbind om $50.0 miljoen in Xiocom te belê. Op 31 Maart 2008 was $11.25 miljoen hiervan reeds belê. Gedurende die jaar onder oorsig het Remgro ’n verdere $17.5 miljoen in Xiocom belê.

Vir die jaar onder oorsig is Xiocom vir die twaalf maande tot 31 Maart 2009 volgens die ekwiteitsmetode verantwoord, vergeleke met agt maande in die vergelykende jaar.

PG Groep van Maatskappye (PGSI)

Met ingang van 31 Julie 2007 het Remgro ’n belang van 24.5%, op ’n ten volle verwaterde grondslag, in PGSI vir R719.5 miljoen verkry. PGSI is die buitelandse houermaatskappy van die Plate Glass-groep. Gedurende die jaar onder oorsig het Remgro ’n verdere $1.0 miljoen (of R7.9 miljoen) in PGSI belê. Op 31 Maart 2009 was Remgro se belang in PGSI, op ’n ten volle verwaterde grondslag, 25.0%.

In afwagting van ’n PGSI regte-aanbod ingevolge waarvan PGSI beoog om R300 miljoen van aandeelhouers te verkry, het Remgro gedurende Maart 2009 ’n oorbruggingslening ten bedrae van R29.0 miljoen aan PGSI toegestaan.

Vir die jaar geëindig 31Maart 2009 is PGSI, wat ’nDesember-jaareinde het, volgens die ekwiteitsmetode vir die twaalf maande tot Desember 2008 verantwoord, vergeleke met die vyf maande Desember 2007 in die vergelykende jaar.

Kagiso Trust Investments (Edms) Beperk (KTI) en die Kagiso Infrastructure Empowerment Fund (KIEF)

Gedurende die 2007 finansiële jaar Remgrohet ooreenkomste metKTI en KIEF aangegaan ingevolge waarvan Remgro homself verbind het om R350 miljoen in KIEF te belê. Die fonds het ’n teikengrootte R650 van miljoen en beoog om in infrastruktuurprojekte, insluitende paaie, lughawens, kragstasies, telekommunikasie-installasies, spoorwegnetwerke, hawens water- en sosiale infrastruktuur te belê. Teen 31 Maart 2008 het Remgro R50.4 miljoen van die R350 miljoen belê. Gedurende die jaar onder oorsig het Remgro ’n verdere R24.7 miljoen in KIEF belê.

Business Partners Beperk (Business Partners)

Gedurende die jaar onder oorsig het Remgro ’n verdere 930 900 Business Partners-aandele vir ’n totale bedrag van R5.8 miljoen verkry. Op 31Maart 2009 was Remgro se belang in BusinessPartners, op ’n ten volle verwaterde grondslag, 20.8% (31 Maart 2008: 20.2%).

Tsb Sugar Holdings (Edms) Beperk (Tsb Sugar)

Met ingang van 1 April 2007 het Tsb Sugar die Tenbosch-grondeistransaksie afgehandel. Ingevolge dié transaksie is 4 800 hektaar (ha) besproeide suikerrietlandbougrond in Nkomazi-omgewing die aan grondeisers vir ’n bedrag van R285 miljoen verkoop. Hierdie transaksie het die eerste fase van Tsb Sugar se grondhervormingsproses verteenwoordig.

Die tweede fase van Tsb Sugar se grondeistransaksies van ongeveer 6 000 ha is tans in proses en bestaan uit die oorblywende geëiste grond, hoofsaaklik in Malelane-omgewing. Na die verwagting sal hierdie transaksie in die volgende finansiële jaar afgehandel word.

Na-balansstaat gebeure:

KWV Beleggings Beperk (KWV Beleggings)

Op 14 April 2009 het Remgro 4 028 136 KWV Beleggings-aandele (9.6%-aandeelhouding) vir ’n totale bedrag van R258.5 miljoen verkry. AangesienRemgro se belang in Distell Groep Beperk (Distell) gehou word deur Remgro-KWV Beleggings Beperk, waarin beide Remgro en KWV Beleggings ’n belang van 50% elk het, het hierdie verkryging effektief Remgro se indirekte belang Distell met 2.8% tot 32.0% verhoog in Maart 2009: 29.2%). (31 Maart 2009: 29.2%).

Vir rekeningkundige doeleindes sal die belegging in KWV Beleggings as ’n finansiële instrument “beskikbaar vir verkoop” geklassifiseer word en slegs dividendinkomste vanaf hierdie belegging sal in die toekoms in die inkomstestaat verantwoord word.

Xiocom

Sedert 31 Maart 2009 is ’n verdere $3.0 miljoen in Xiocom belê. Tans is $31.75 miljoen van die $50.0 miljoen waartoe voorwaardelik verbind is, reeds belê.

Herstrukturering van groep

Op 8 Junie 2009 het Remgro en VenFin Beperk aangekondig dat hulle in gesprek is rakende ’n moontlike samesmelting tussen die twee maatskappye.

Die direksies van die onderskeie maatskappye het voorgestel dat die beplande samesmelting op ’n netto batewaarde (NBW) basis geïmplementeer word en dat VenFin se aandeelhouding in Dimension Data Plc (Didata) van sodanige samesmelting uitgesluit word. Gebaseer op die NBW van Remgro en VenFin (uitgesluit VenFin se aandeelhouding in Didata) soos op 5 Junie 2009, die ooreengekome waardedatum vir die transaksie, sal VenFin-aandeelhouers na verwagting 1 Remgro-aandeel vir elke 6.25 VenFin-aandele gehou, ontvang.

Alle omsigtigheids- en ander aankondigings wat verband hou met die beplande samesmelting is beskikbaar op Remgro se webwerf by www.remgro.com

KONTANTBRONNE

Die maatskappy se kontantbronne op 31 Maart 2009 was soos volg:
   Plaaslik   Buiteland   Totaal  
  R miljoen   R miljoen   R miljoen  
Per gekonsolideerde balansstaat 1 507   3 543   5 050  
Belegging in geldmarkfondse –   1 578   1 578  
Min: Kontant van bedryfsfiliale (633)  (28)  (661) 
Kontant by die kern   874   5 093   5 967  

Op 31 Maart 2009 was ongeveer 31% (R1 578 miljoen) van die beskikbare buitelandse kontant by die kern in geldmarkfondse, wat nie as kontant en kontantekwivalente op die balansstaat geklassifiseer is nie, belê. Verwys na aantekening 15 van die finansiële jaarstate vir verdere inligting.

Groep finansiële oorsig

Vergelykbaarheid met vorige jaar
Met ingang van 3November 2008 is die belegging in BAT as ’n tussendividend in specie aan Remgro-aandeelhouers uitgekeer. Vir die jaar onder oorsig is die belegging in BAT gevolglik slegs vir die sewe maande tot 31 Oktober 2008 volgens die ekwiteitsmetode verantwoord.

Ten einde vergelykbaarheid op ’n jaargrondslag te vergemaklik, word wesensverdienste en wesensverdienste per aandeel ook vir voortgesette bedrywighede aangebied, wat die geëkwiteerde inkomste van BAT en alle nie-herhalende kostes wat met die ontbondeling verband hou uitsluit.

Balansstaat
Die ontleding van “Ekwiteit” en “Bron van wesensverdienste” hieronder dui die sektore aan waarin die groep se beleggings ingedeel is. Geen aansuiwering is gemaak vir gevalle waar ’n belegging hoofsaaklik in een sektor bedrywig is maar ook belange in ’n ander sektor het nie.

  2009  2008
    R per     R per 
  R miljoen   aandeel   R miljoen  aandeel 
Ekwiteit aangewend          
Toeskryfbaar aan ekwiteithouers 38 072    80.75   57 227  121.11 
Aanwending van ekwiteit              
Tabakbelange  –   –   21 891  46.33 
Finansiële dienste 10 969   23.27   10 559  22.34 
Nywerheidsbelange 10 025   21.26   15 182  32.14 
Mynbelange 11 329   24.03   7 619  16.12 
Korporatiewe finansies en ander belange 5 749   12.19   1 976  4.18 
  38 072   80.75   57 227  121.11 
Inkomstestaat         
Bron van wesensverdienste         
Tabakbelange 2 295   49   3 579  45 
Finansiële dienste 1 576   34   2 120  26 
Nywerheidsbelange 1 318   28   1 895  24 
Mynbelange 164     264 
Korporatiewe finansies en ander belange (693)  (15)  133 
  4 660   100   7 991  100 
         
Samestelling van wesensverdienste         
Filiaalmaatskappye     142  910 
  Spacer    Spacer  Spacer 
Winste    
159 
933 
Verliese    
(17)
(23)
  Spacer    Spacer  Spacer 
Geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings     4 518  7 081 
  Spacer    Spacer  Spacer 
Winste    
5 023 
7 148 
Verliese    
(505)
(67)
  Spacer    Spacer  Spacer 
      4 660  7 991 


AANDELESKEMAS

Gedurende die jaar onder oorsig is ’n nuwe aandeleskema, die Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema (die SAR-skema), bykomstig tot die Remgro Aandeleskema geïmplementeer.Geen nuwe toekennings is gedurende die jaar onder oorsig onder die Remgro Aandeleskema gemaak nie. Ingevolge die SAR-skema word aandele ter waarde van die groei in ’n toegekende aantal Remgro gewone aandele aan deelnemers aangebied wat binne verskillende intervalle, maar voor die verstryking van sewe jaar na die regte toegeken is, uitgeoefen kan word.

Die vroegste intervalle waarbinne aandelegroeiregte uitgeoefen kan word, is soos volg:

Verwys na aantekening 25 by die finansiële jaarstate vir volledige besonderhede met betrekking tot die Remgro Aandeleskema asook die SAR-skema.

Hoofaandeelhouer

Rembrandt Trust (Edms) Beperk (Rembrandt Trust) hou al die uitgereikte ongenoteerde B-gewone aandele van die maatskappy en is geregtig op 44.89% (2008: 44.83%) van die totale stemreg.

’n Ontleding van die aandeelhouers verskyn op bladsy 123 en 124.

Filiaalmaatskappye en beleggings

Besonderhede van filiaalmaatskappye, geassosieerde maatskappye en ander beleggings word in Bylae A en B uiteengesit.

Direkteure

Die name van die direkteure verskyn op bladsy 12 en 13.

Mnr D Prins en mev M Ramos het uitgetree as onafhanklike nie-uitvoerende direkteure op 22 Augustus 2008 en 26 Februarie 2009 onderskeidelik. Die raad wil hul graag bedank vir hul bydrae. Op 22 Augustus 2008 is mnr H Wessels aangestel as ’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur en ook as die voorsitter van die oudit-en-risikokomitee.

Kragtens die bepalings van die statute tree mnre J P Rupert, P E Beyers, W E Bührmann, P K Harris, M M Morobe en H Wessels volgens rooster as direkteure af. Hierdie direkteure is en stel hulself herkiesbaar.

Belange van direkteure

Die direkte en indirekte belange van direkteure en hul verwantes in die uitgereikte gewone aandelekapitaal van die maatskappy, het in totaal op 31 Maart 2009, 1.26% (2008: 0.94%) bedra.

Mnr J P Rupert is ’n direkteur van Rembrandt Trust wat die houer is van al die uitgereikte ongenoteerde B-gewone aandele.

’n Ontleding van die belange van direkteure in die uitgereikte kapitaal van die maatskappy verskyn op bladsy 125.

Direkteursvergoeding

Die totale direkteursvergoeding betaalbaar vir dienste as direkteure die afgelope finansiële jaar gelewer, het R2 697 000 (2008:
R2 525 000) beloop.

Aankoop van aandele van die maatskappy

Daar word aanbeveel dat ’n algemene magtiging aan die raad toegestaan word om, indien omstandighede dit regverdig, die maatskappy se eie aandele te verkry en om goedkeuring aan enige filiaalmaatskappye van die maatskappy te gee om aandele in die maatskappy te verkry, onderhewig aan die bepalings van die Maatskappywet (Nr. 61 van 1973), soos gewysig (“Maatskappywet”), en die noteringsvereistes van die JSE Beperk (“noteringsvereistes”).Daar word verder aanbeveel dat ’n algemene magtiging aan die raad toegestaan word om die direkteure te magtig om, onderhewig aan die bepalings van die Maatskappywet en die noteringsvereistes, afgeleide transaksies aan te gaan wat daartoe mag of sal lei dat die maatskappy sy eie aandele moet koop.

Spesiale besluite

Spesiale besluite om hierdie algemene magtiging aan die raad te verleen is ingesluit in die kennisgewing vir die algemene jaarvergadering wat op bladsy 126 verskyn.

Geen spesiale besluite is deur die maatskappy se belangrikste filiale geneem waarvan die aard wesentlik mag wees met betrekking tot die stand van sake van die groep nie.

DIVIDENDE

Die finale gewone dividend per aandeel is op 110 sent (2008: 330 sent) vasgestel. Totale gewone dividende per aandeel ten opsigte van die finansiële jaar tot 31 Maart 2009 bedra gevolglik 190 sent (2008: 510 sent).

Vir ’n Remgro-aandeelhouer wat steeds BAT gewone aandele sowel as Reinet depositobewyse hou, beteken dit ’n toename van 8.0% in dividende vergeleke met die vorige finansiële jaar.

verklaring van kontantDividend

Verklaring van dividend Nr. 18
’n Finale dividend van 110 sent (2008: 330 sent) per aandeel is verklaar ten opsigte van beide die gewone aandele van een sent elk en die ongenoteerde B-gewone aandele van tien sent elk, vir die finansiële jaar wat op 31 Maart 2009 geëindig het.

Betaling
Die finale dividend is betaalbaar op Maandag, 24 Augustus 2009, aan aandeelhouers van die maatskappy wat op Vrydag, 21 Augustus 2009, geregistreer is.

Aandeelhouers mag nie in die tydperk van Maandag, 17 Augustus 2009, tot Vrydag, 21 Augustus 2009, beide datums ingesluit, hulle aandeelsertifikate dematerialiseer of rematerialiseer nie.

Sekretaris

Die naam en adres van die maatskappysekretaris verskyn op bladsy 122.

Goedkeuring

Die finansiële jaarstate op bladsy 55 tot 121 uiteengesit, is deur die raad goedgekeur.

Geteken namens die raad van direkteure.

   
Johann Rupert   Thys Visser  
Voorsitter  Hoofuitvoerende beampte  
   
Stellenbosch  
22 Junie 2009