Groepstruktuur

OP 31 MAART 2009

 

        GEASSOSIEERDE MAATSKAPPYE EN ANDER
   
        Finansiële dienste 
          • RMB Holdings 25.0%
          • FirstRand 9.2%
             
        Nywerheidsbelange 
          • Air Products South Africa 50.0%
          • Distell 29.2%
          • Dorbyl 41.4%
          • Kagiso Trust Investments 41.5%
          • Medi-Clinic 45.9%
          • Nampak 13.3%
          • PGSI 29.1%
          • Total South Africa 24.9%
          • Unilever South Africa Holdings 25.8%
             
        Mynbelange 
          • Trans Hex 28.5%
          • Implats 4.4%
             
        Ander belange 
          • Business Partners 21.5%
          • Xiocom 44.4%
           
        FILIAALMAATSKAPPYE
   
        Nywerheidsbelange 
          • Tsb Sugar 100.0%
          • Wispeco 100.0%
          • Rainbow 73.7%
             
        Korporatief en ander belange 
          • Remgro Finansieringskorporasie 100.0%
          • M&I Groepsdienste 100.0%
          • Remgro Investments – Jersey 100.0%
           
          Persentasies verteenwoordig die direkte belange gehou. Bylae A en B gee meer besonderhede van filiaalmaatskappye en beleggings. 

 

Groepstruktuur

INLIGTING OOR MAATSKAPPYE WAARIN BELEGGINGS GEHOU WORD

 

GEASSOSIEERDE MAATSKAPPYE EN ANDER

 
   
 
 
   
              FINANSIËLE DIENSTE                    MYNBELANGE 
   
Air Products
effektiewe belang: 25.0%
  Genoteer op die JSE Beperk.
Bedryfshoof: P Cooper
RMBH se belange is:
 



FirstRand Beperk (33%)
RMB Structured Insurance Beperk (80%)
OUTsurance Beperk (62%)
Discovery Holdings Beperk (27%)
Markkapitalisasie op 31 Maart 2009:
R24 908 miljoen
Webwerf: www.rmbh.co.za
First Rand
effektiewe belang: 9.2%
(uitgesluit indirekte belang gehou deur RMB Holdings)
  Genoteer op die JSE Beperk.
Hoofuitvoerende beampte: P K Harris
Die FirstRand groep van maatskappye doen sake in die finansiëledienste-sektor insluitende kleinhandel, korporatief, beleggings en aksepbanksake, korttermynversekering, lewensversekering, werknemervoordele en batebestuur.
Die bank- en versekeringsaktiwiteite word verteenwoordig deur die volfiliale FirstRand Bank Holdings Beperk en Momentum Groep Beperk onderskeidelik.
Markkapitalisasie op 31 Maart 2009:
R67 994 miljoen
Webwerf: www.firstrand.co.za
Trans Hex
effektiewe belang: 28.5%
  Genoteer op die JSE Beperk.
Hoofuitvoerende beampte: L Delport
Eksplorasie vir, en myn en bemarking van, land- en mariene diamante.
Markkapitalisasie op 31 Maart 2009:
R154 miljoen
Webwerf: www.transhex.co.za
Implats
effektiewe belang: 4.4%
  Genoteer op die JSE Beperk.
Hoofuitvoerende beampte: D H Brown
Implats is ’n ten volle geïntegreerde mynbou- en metallurgiese organisasie, wat suiwer platinumgroep-metale internasionaal bemark en is een van die wêreld se grootste platinumherwinners.
Markkapitalisasie op 31 Maart 2009:
R99 947 miljoen
Webwerf: www.implats.co.za

 

GEASSOSIEERDE MAATSKAPPYE EN ANDER

 
   
 
 
NYWERHEIDSBELANGE 
 
 
 
Air Products
effektiewe belang: 50.0%
  Ongenoteer
Hoofuitvoerende beampte: M Hellyar
Air Products SA produseer suurstof, stikstof, argon, waterstof en koolstofdioksied vir verkoop in gasvorm deur middel van pypleidings ingevolge langtermynkontrakte aan groot industriële gebruikers asook die verkoop en verspreiding van industriële gasse en chemikalieë, saam met die toepaslike toerusting, aan die algemene handelsmark.
Die ander 50% van die gewone aandele word gehou deur Air Products and Chemicals Incorporated, ’n VSA-maatskappy.
Webwerf: www.airproducts.co.za
Medi-Clinic
effektiewe belang: 45.9%
  Genoteer op die JSE Beperk.
Hoofuitvoerende beampte: L J Alberts
Medi-Clinic se besigheid behels die voorsiening van omvattende, hoëgehalte hospitaaldienste op ’n kostedoeltreffende grondslag in Suidelike Afrika, die Verenigde Arabiese Emirate en Switserland.
Markkapitalisasie op 31 Maart 2009:
R12 750 miljoen
Webwerf: www.mediclinic.co.za
Dorbyl Limited
effektiewe belang: 41.4%
  Genoteer op die JSE Beperk.
Hoofuitvoerende beampte: R F Röhrs
Dorbyl is ’n industriële groep in die outo-mobiel ingenieursbedryf. Die maatskappy spesialiseer in die vervaardiging en montering van ’n wye reeks motorkomponente.
Markkapitalisasie op 31 Maart 2009: R119 miljoen
Webwerf: www.dorbyl.co.za
 
 
Distell
effektiewe belang: 29.2%
  Genoteer op die JSE Beperk.
Hoofuitvoerende beampte: J J Scannell
Distell produseer en bemark gehaltewyne, spiritualieë en gegeurde alkoholiese drank in Suid-Afrika met ’n toenemend internasionale profiel.
Belang word verteenwoordig deur ’n 50%-belang in Remgro-KWV Beleggings Beperk wat op 31 Maart 2009 ’n belang van 58.4% in Distell gehou het.
Markkapitalisasie op 31 Maart 2009:
R10 459 miljoen
Webwerf: www.distell.co.za
Kagiso Trust Investments
effektiewe belang: 42.5%
  Ongenoteer
Hoofuitvoerende beampte: J Njeke
Kagiso Trust Investments (“Kagiso”) is ’n gevestigde swart ekonomies beheerde maatskappy met ’n fokus op beleggingsbank-dienste, media- en strategiese beleggings. Kagiso beskik oor ’n beleggingsportefeulje en -strategie wat aanvullend is tot dié van Remgro.
Webwerf: www.kagiso.com
TOTAL
effektiewe belang: 24.9%
  Ongenoteer
Hoofuitvoerende beampte: J Royére
Filiaal van Total (Frankryk). Die besigheid van Total South Africa is die raffinering en bemarking van petroleum en petroleumprodukte in Suid-Afrika. Versprei ook aan die aangrensende NBLS-lande en het ’n 36%-belang in National Petroleum Refiners of S.A. (Edms) Beperk (Natref).
Webwerf: www.total.co.za
 
 
Nampak
effektiewe belang: 13.3%
  Genoteer op die JSE Beperk.
Hoofuitvoerende beampte: A B Marshall
Nampak is die grootste en mees gediversifiseerde verpakkingsvervaardiger in Afrika met bedrywighede in die Verenigde Koninkryk en Europa. Dit produseer verpakkingsprodukte van metaal, papier, plastiek en glas en is die grootste vervaardiger en verspreider van “tissue”- produkte in Suid-Afrika.
Markkapitalisasie op 31 Maart 2009:
R8 293 miljoen
Webwerf: www.nampak.com
Unilever
effektiewe belang: 25.8%
  Ongenoteer
Hoofuitvoerende beampte:
Mev G A Klintworth
Die Unilever-onderneming vervaardig en bemark ’n wye reeks voedsel- en huishoudelike en persoonlike produkte. Unilever geniet markleierskap in die meeste van sy hoofkategorieë. Bekende handelsmerke sluit die volgende in: Robertsons, Rama, Flora, Lipton, Joko,
Mrs Ball’s, Sunlight, Omo, Surf, Vaseline

en Lux.
Webwerf: www.unilever.co.za
 
PGSI Limited
effektiewe belang: 29.1%
  Ongenoteer
Hoofuitvoerende beampte: S Jennings
PGSI hou ’n belang van 100% in PG Groep.
Die PG Groep is Suid-Afrika se leier in die geïntegreerde glasbedryf wat hoë kwaliteit motor- en konstruksieglasprodukte vervaardig, versprei en installeer.
Webwerf: www.pggroup.co.za
 

 

 

  GEASSOSIEERDE MAATSKAPPYE EN ANDER    FILIAALMAATSKAPPYE 
           
           
 
   
 
 
   
 
 
   
 
           
  ANDER BELANGE   NYWERHEIDSBELANGE    KORPORATIEF EN
ANDER BELANGE
 
 
Business Partners
effektiewe belang: 21.5%
  Ongenoteer
Hoofuitvoerende beampte: N Martin
Business Partners is ’n spesialis beleggings-maatskappy wat doelgemaakte en geïntegreerde beleggings, mentorskap en eiendomsbestuursdienste aan klein en medium ondernemings in Suid-Afrika beskikbaar stel.
Webwerf: www.businesspartners.co.za
Xiocom
effektiewe belang: 44.4%
  Ongenoteer
Hoofuitvoerende beampte: T Richardson
Xiocom is ’n onlangs gestigte maatskappy, gebaseer in die VSA, wat spesialiseer in die ontplooiing en bedryf van draadlose breëband netwerke.
Webwerf: www.xiocom.com
 
 
Tsb Sugar
effektiewe belang: 100.0%
  Ongenoteer
Hoofuitvoerende beampte: J du Plessis
Tsb Sugar is betrokke by die suikerrietbedryf en die produksie, vervoer en bemarking van suiker, asook veevoere. Sitrus word ook op plase van die maatskappy verbou.
Webwerf: www.tsb.co.za
WISPECO Aluminium
effektiewe belang: 100.0%
  Ongenoteer
Besturende direkteur: H Rolfes
Wispeco se hoofbesigheid is die vervaardiging van aluminiumprodukte vir gebruik in die geboue-, ingenieurs- en duursamegoedere-sektore.
Webwerf: www.wispeco.co.za
rainbow
effektiewe belang: 73.7%
  Genoteer op die JSE Beperk.
Hoofuitvoerende beampte: M Dally
Rainbow is die houermaatskappy van een hoofbedryfsfiliaal wat ’n vertikaal geïntegreerde hoenderprodusent is.
Markkapitalisasie op 31 Maart 2009:
R5 292 million
Webwerf: www.rainbowchicken.co.za
 
 
Remgro Finansieringskorporasie Beperk 
effektiewe belang: 100.0%
  Ongenoteerde maatskappye
Verantwoordelik vir Remgro se sentrale tesourie-funksie sowel as bestuurs- en ondersteunende dienste.