Volhoubaarheidsverslag

 

Veiligheid en die omgewing

Die maatskappy het ’n gesondheid-en-veiligheidskomitee wat saamgestel is ingevolge die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid. Die komitee help die direksie om seker te maak dat die maatskappy ’n veilige, gesonde en risikovrye omgewing vir sy personeel en besoekers bied en sien toe dat beheermaatreëls om risiko’s te beperk doeltreffend is en toegepas word.

Die meeste van die maatskappy se kernbedrywighede word as van ’n lae impak beskou sover dit die uitwerking daarvan op die omgewing betref.

Die maatskappy meet sy huidige omgewingspraktyke aan die norme wat deur die “Global Reporting Initiative™”(GRI)-raamwerk gestel word. Dit sluit die volgende in:

Waar nodig geag, word gebruik en impak gekwantifiseer en aan beste praktyke gemeet. Indien toepaslik, word die nakoming van veiligheids-, gesondheids- en omgewingstelsels teen formele standaarde gemeet en aan onafhanklike oorsig onderwerp.

Tsb Sugar het prestasiedoelwitte en verbruiksdoelwitte gestel om sy omgewingsimpak te beperk, soos byvoorbeeld bagasse, ’n neweproduk van die suikerproduksieproses, wat gebruik word om elektrisiteit op te wek. Die meeste van Tsb Sugar se meule se elektrisiteitsbehoeftes word opgewek deur middel van bagasse. Surplus elektrisiteit word teruggeplaas in die Eskom nasionale netwerk. Gegewe die voginhoud van suikerriet, gee Tsb Sugar meer water aan die omgewing terug as wat in die oorspronklike produksieproses gebruik word.

Die omgewingsvolhoubaarheidsinisiatief is ook uitgebrei tot natuurbewaring, opvoeding en bewusmaking.

Klimaatsverandering
Remgro het die vorige jaar aan die openbaarmakingsprojek vir koolstofuitlating (CPD6) deelgeneem en het erkenning gekry vir sy leierskap in hierdie verband. Hierdie inisiatief sal voortgesit word in CPD7.