Aantekeninge by die finansiële jaarstate

vir die jaar geëindig 31 maart 2009

« Aantekening 34 Aantekening 36 »
         
35. WAARBORGE EN VOORWAARDELIKE AANSPREEKLIKHEDE
      2009    2008  
      R miljoen    R miljoen  
  35.1   Waarborge     
    Waarborg aan geassosieerde maatskappy* 386     –  
    Waarborge deur filiaalmaatskappye 1     8  
      387     8  
         
  35.2   Voorwaardelike aanspreeklikhede     
    Kontrakteler-waarborge** 48    50  
       
    *   Unilever Plc en Unilever NV, hierna Unint, en Robertsons Holdings (Edms) Beperk (Robertsons), ’n volfiliaalmaatskappy van Remgro, verskaf ’n waarborg aan die houers van skuldinstrumente wat deur Unilever SA (Edms) Beperk (Unilever SA) uitgereik is. Die maatskappye is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik in geval van wanbetaling deur Unilever SA. Ingevolge sy skuldinstrumentprogram is Unilever SA gemagtig om skuldinstrumente ter waarde van tot R2.5 miljard uit te reik. Op 31 Maart 2009 was skuldinstrumente ter waarde van R1.5 miljard deur Unilever SA uitgereik. Unint het ’n kruis-waarborg aan Robertsons toegestaan ingevolge waarvan Robertsons se aanspreeklikheid tot 25.75% van die uitgereikte instrumente beperk word. Robertsons se maksimum blootstelling ingevolge hierdie reëling beloop R643.75 miljoen indien Unilever SA die program ten volle benut. 
    **   Sekere filiaalmaatskappye het voorwaardelike aanspreeklikhede wat verband hou met sekere kontrakteler-ooreenkomste. Daar word nie voorsien dat enige wesentlike aanspreeklikhede hieruit sal voortspruit nie.