Die oudit-en-risikokomitee lê graag hierdie verslag, ingevolge die vereistes van die Maatskappywet (Nr. 61 van 1973), soos gewysig (“Maatskappywet”), voor. Die oudit-en-risikokomitee bestaan uit drie nie-uitvoerende direkteure wat onafhanklik optree, soos beskryf in afdeling 269A van die Maatskappywet. In die jaar onder oorsig is vier vergaderings gehou, wat deur al die komiteelede bygewoon is. By hierdie vergaderings het die lede hul funksies verrig soos deur die voorgeskryf. ’n Lys met volle besonderhede van die funksies van die oudit-en-risikokomitee verskyn in die korporatiewe bestuursverslag. oudit-en-risikokomitee het homself vergewis dat die ouditeure onafhanklik van die maatskappy is en dus in staat is om hul funksies sonder beïnvloeding deur die maatskappy te verrig.
Herman Wessels
Voorsitter van die oudit-en-risikokomitee
Stellenbosch
22 Junie 2009