| Die 2009 algemene jaarvergadering van Remgro Beperk (“die maatskappy”) sal op Maandag, 17 Augustus 2009, om 10:00 in die konferensiesentrum, Erinvale Estate Hotel & Spa, Lourensfordweg, Somerset-Wes, 7130, gehou word om, indien goedgevind, die volgende gewone en spesiale besluite met of sonder wysiging aan te neem: |
||||||||||||||||||||||||||||
| 1. | GOEDKEURING VAN DIE FINANSIËLE JAARSTATE | |||||||||||||||||||||||||||
| Gewone Besluit Nommer 1 | ||||||||||||||||||||||||||||
| Besluit dat die geouditeerde finansiële jaarstate van die maatskappy en die groep vir die jaar geëindig 31 Maart 2009 aanvaar en goedgekeur word. | ||||||||||||||||||||||||||||
| 2. | HERAANSTELLING VAN OUDITEUR | |||||||||||||||||||||||||||
| Gewone Besluit Nommer 2 | ||||||||||||||||||||||||||||
| Besluit dat die heraanstelling van PricewaterhouseCoopers Ing. as die maatskappy se ouditeur, soos deur die maatskappy se oudit-en-risikokomitee benoem, goedgekeur word en om kennis te neem dat mnr N H Döman die individuele geregistreerde ouditeur is wat die oudit gedurende die finansiële jaar eindigende 31 Maart 2010 sal onderneem. | ||||||||||||||||||||||||||||
| 3. | GOEDKEURING VAN DIREKTEURE SE VERGOEDING | |||||||||||||||||||||||||||
| Gewone Besluit Nommer 3 | ||||||||||||||||||||||||||||
| Besluit dat direkteursvergoeding vir dienste gelewer as direkteure vir die finansiële jaar eindigende 31 Maart 2010, as volg vasgestel word: |
||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||
| 4. | VERKIESING VAN DIREKTEUR | |||||||||||||||||||||||||||
| Gewone Besluit Nommer 4 | ||||||||||||||||||||||||||||
| Besluit dat mnr J P Rupert wat kragtens artikel 31.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. |
||||||||||||||||||||||||||||
| 5. | VERKIESING VAN DIREKTEUR | |||||||||||||||||||||||||||
| Gewone Besluit Nommer 5 | ||||||||||||||||||||||||||||
| Besluit dat mnr P E Beyers wat kragtens artikel 31.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. |
||||||||||||||||||||||||||||
| 6. | VERKIESING VAN DIREKTEUR | |||||||||||||||||||||||||||
| Gewone Besluit Nommer 6 | ||||||||||||||||||||||||||||
| Besluit dat mnr W E Bührmann wat kragtens artikel 31.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. | ||||||||||||||||||||||||||||
| 7. | VERKIESING VAN DIREKTEUR | |||||||||||||||||||||||||||
| Gewone Besluit Nommer 7 | ||||||||||||||||||||||||||||
| Besluit dat mnr P K Harris wat kragtens artikel 31.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. | ||||||||||||||||||||||||||||
| 8. | VERKIESING VAN DIREKTEUR | |||||||||||||||||||||||||||
| Gewone Besluit Nommer 8 | ||||||||||||||||||||||||||||
| Besluit dat mnr M M Morobe wat kragtens artikel 31.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. | ||||||||||||||||||||||||||||
| 9. | VERKIESING VAN DIREKTEUR | |||||||||||||||||||||||||||
| Gewone Besluit Nommer 9 | ||||||||||||||||||||||||||||
| Besluit dat mnr H Wessels wat kragtens artikel 31.4.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. Biografiese inligting van al die direkteure van die maatskappy verskyn op bladsy 12 en 13 van die jaarverslag. |
||||||||||||||||||||||||||||
| 10. | WYSIGINGS AAN REMGRO AANDELEGROEIREG-SKEMA | |||||||||||||||||||||||||||
| Gewone Besluit Nommer 10 | ||||||||||||||||||||||||||||
| Besluit dat die volgende wysigings aan die Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema 2008 (“SAR-skema”) dokument wat op 7 Oktober 2008 aangeneem is hiermee goedgekeur word ingevolge die bepalings van die onlangs gewysigde Skedule 14 van die noteringsvereistes van die JSE Beperk (“die noteringsvereistes”) (“Skedule 14”): | ||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||
| Ingevolge die noteringsvereistes moet 75% (vyf en sewentig persent) van die stemme deur aandeelhouers teenwoordig of verteenwoordig by volmag by die algemene jaarvergadering uitgeoefen, uitsluitende al die stemme verbonde aan alle aandele besit of beheer deur persone wat bestaande deelnemers in die SAR-skema is wat ingevolge die SAR-skema verkry is, ten gunste van hierdie Gewone Besluit Nommer 10 uitgebring word, vir die besluit om goedgekeur te wees. Hierdie Gewone Besluit Nommer 10 is nodig om die maatskappy in staat te stel om wysigings aan Skedule 14 met betrekking tot aandele opsie/aansporingskemas en die uitleg daarvan, te konsolideer, en om effektiewelik die maksimum beperking op aandele ten opsigte waarvan enige onuitgeoefende Aandelegroeiregte wat aan ’n individuele deelnemer toegeken word, uitgeoefen mag word, van 0.25% van die maatskappy se uitgereikte gewone aandelekapitaal tot 0.5% van die maatskappy se uitgereikte gewone aandelekapitaal te verhoog. In nakoming van die gewysigde Skedule 14, sal die SAR-skemadokument verder gewysig word om voorsiening te maak vir – |
||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||
| Die uitreiking van aandele as teenprestasie vir ’n verkryging, die uitreiking van aandele vir kontant en die uitreiking van aandele of ’n plasing van aandele aan ’n verkoper as teenprestasie sal nie beskou word as ’n omstandigheid wat aanpassings verg nie. Ingevolge die gewysigde Skedule 14 hoef die bogemelde wysigings nie deur die aandeelhouers van die maatskappy goedgekeur te word nie, maar aandeelhouer moet daaroor ingelig word. Die gewysigde SAR-skemadokument is vir insae deur aandeelhouers van die maatskappy beskikbaar by die maatskappy se hoofplek van besigheid en by die adres van die maatskappy se oordragsekretaris in Johannesburg vanaf die datum van hierdie kennisgewing tot die datum van die algemene jaarvergadering. |
||||||||||||||||||||||||||||
| 11. | MAGTIGING VIR DIE TERUGKOOP VAN AANDELE | |||||||||||||||||||||||||||
| Spesiale Besluit Nommer 1 | ||||||||||||||||||||||||||||
| Besluit dat die direksie van die maatskappy hiermee gemagtig word, by wyse van ’n hernieubare algemene magtiging, om die koop van sy eie aandele deur die maatskappy, of om die koop van gewone aandele in die maatskappy deur enige filiaal van die maatskappy, goed te keur, met dien verstande dat: | ||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||
| Dit is die voorneme van die direksie om hierdie algemene magtiging te gebruik indien heersende omstandighede (insluitende die belastingbedeling en marktoestande) dit na hulle mening regverdig. Die direkteure van die maatskappy onderneem dat hulle nie enige sodanige terugkoop sal implementeer terwyl hierdie algemene magtiging geldig is nie, tensy: |
||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||
| Rede vir en die effek van Spesiale Besluit Nommer 1 | ||||||||||||||||||||||||||||
| Die rede vir en die effek van Spesiale Besluit Nommer 1 is om aan die direkteure van die maatskappy ’n algemene magtiging te verleen om die koop van sy eie gewone aandele goed te keur en om ’n filiaal van die maatskappy toe te laat om gewone aandele in die maatskappy te koop. | ||||||||||||||||||||||||||||
| Vir doeleindes van die oorweging van Spesiale Besluit Nommer 1, en ter voldoening aan paragraaf 11.26 van die noteringsvereistes, is die inligting hieronder aangedui in die jaarverslag, waarin hierdie kennisgewing van die algemene jaarvergadering vervat is, ingesluit op die plekke soos aangedui: | ||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||
| 12. | MAGTIGING VIR SLUITING VAN AFGELEIDE TRANSAKSIES | |||||||||||||||||||||||||||
| Spesiale Besluit Nommer 2 | ||||||||||||||||||||||||||||
| Besluit dat, onderhewig aan die aanvaarding van Spesiale Besluit Nommer 1, die direksie van die maatskappy hiermee gemagtig word, by wyse van ’n hernieubare algemene magtiging, om afgeleide transaksies aan te gaan wat daartoe mag of sal lei dat die maatskappy sy eie aandele koop, onderhewig aan die bepalings van die Maatskappywet en die beperkinge vervat in paragraaf 5.84(a) van die noteringsvereistes. | ||||||||||||||||||||||||||||
| Rede vir en die effek van Spesiale Besluit Nommer 2 | ||||||||||||||||||||||||||||
Die rede vir en die effek van Spesiale Besluit Nommer 2 is om aan die direkteure van die maatskappy ’n algemene magtiging te verleen om, onderhewig aan die bepalings van die Maatskappywet en die noteringsvereistes, afgeleide transaksies aan te gaan wat daartoe mag of sal lei dat die maatskappy sy eie aandele koop. |
||||||||||||||||||||||||||||
| En om enige ander besigheid te verrig wat op ’n algemene jaarvergadering verrig mag word. Lede wat nog nie hul aandele gedematerialiseer het nie, of wat hul aandele gedematerialiseer het en dit in hul “eie naam” geregistreer het, is geregtig om die vergadering by te woon, te stem en het die reg om ’n gevolmagtigde of gevolmagtigdes te benoem (vir welke doeleindes ’n volmagvorm hierby aangeheg word) om die vergadering namens hulle by te woon, daarop te praat en te stem. So ’n gevolmagtigde hoef nie ’n lid van die maatskappy te wees nie. Volmagvorms moet ingelewer word by die maatskappy se oordragsekretaris, Computershare Investor Services (Edms) Beperk, Marshallstraat 70, Johannesburg, 2001, Suid-Afrika, of kan gepos word aan die oordragsekretaris by Posbus 61051, Marshalltown, 2107, Suid-Afrika, om hulle te bereik nie later as Donderdag, 13 Augustus 2009, om 10:00 (Suid-Afrikaanse tyd) nie. Volmagvorms moet slegs deur lede voltooi word wat nie hul aandele gedematerialiseer het nie of wat hul aandele gedematerialiseer het en dit in hul “eie naam” geregistreer het. Elke lid van die maatskappy wat self teenwoordig is of deur ’n gevolmagtigde verteenwoordig word, sal slegs een stem hê in die geval waar stemming plaasvind by wyse van ’n opsteek van hande. By stemming per stembrief is elke lid geregtig op sodanige aantal stemme van die totale stemme in die maatskappy as wat die verhouding is waarin die totale bedrag van die nominale waarde van die aandele deur so ’n lid gehou in die maatskappy staan tot die totale bedrag van die nominale waarde van al die uitgereikte aandele van die maatskappy. Lede wat hulle aandele gedematerialiseer het en nie in “eie naam” geregistreer is as lede van die maatskappy nie, moet hulle sentralesekuriteitebewaarplek-deelnemer (“CSDP”) of makelaar kontak op die wyse en binne die tyd bepaal in hulle ooreenkoms, om: |
||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||
| Ekwiteitsekuriteite wat deur ’n aandeletrust of -skema gehou word se stemme sal nie in berekening gebring word vir die doeleindes van besluite aangeneem ingevolge die noteringsvereistes nie. In opdrag van die raad van direkteure. M Lubbe Sekretaris Stellenbosch 22 Junie 2009 |
||||||||||||||||||||||||||||