Algemene verslag – Beleggingsoorsig

(Let wel: Slegs beperkte kommentaar word gelewer oor genoteerde maatskappye aangesien die inligting algemeen beskikbaar is. Die ongenoteerde beleggings word in meer besonderhede behandel.)

Tabakbelange

 

 

 

 

 

bydrae tot wesensverdienste

 

 

 

 

 

 

 

2009

 

2008

 

 

 

R miljoen

 

R miljoen

 

R&R Holdings

 

2 295

 

3 579

 

R&R Holdings
Voor die ontbondeling van die belegging in British American Tobacco Plc (BAT) gedurende November 2008, is Remgro se belang in BAT verteenwoordig deur sy belang in een-derde van die gewone aandele en al die “2005” deelnemende sekuriteite wat deur R&R uitgereik is. Die balans van die gewone aandelekapitaal van R&R is deur Compagnie Financière Richemont SA gehou. Verder het Remgro ook een-derde van die “2006” deelnemende sekuriteite wat deur R&R uitgereik is, gehou.

Vir die sewe maande tot 31 Oktober 2008 het Remgro se deel van R&R se wesensverdienste bestaan uit 35.46% van R&R se deel van die toeskryfbare inkomste van BAT en sy belang in R&R se nie-BAT-inkomste (dit sluit in inkomste toeskryfbaar aan sy belegging in die “2006” deelnemende sekuriteite, waarna hierbo verwys word).

 

 

2009

 

2008

 

 

 

£ miljoen

 

£ miljoen

 

Toeskryfbare inkomste van BAT voor nie-herhalende

 

 

 

 

 

   en kapitale items

 

1 359

 

2 275

 

R&R se deel van die toeskryfbare inkomste van BAT:

 

 

 

 

 

– 30.06% tot 30.20% (2008: 29.62% tot 29.97%)

 

410

 

679

 

R&R se nie-BAT-inkomste

 

10

 

12

 

R&R se wesensverdienste vir die jaar geëindig 31 Maart

 

420

 

691

 

Remgro se belang daarin:

 

 

 

 

 

– 35.46% van R&R se deel van die toeskryfbare inkomste van BAT

 

145

 

241

 

– deel van R&R se nie-BAT-inkomste

 

6

 

10

 

 

 

151

 

251

 

 

 

R miljoen

 

R miljoen

 

Omgereken teen ’n gemiddelde R/£-koers van 15.2235

 

 

 

 

 

   (2008: 14.2882)

 

2 295

 

3 579

 

BAT se finansiële jaar eindig op 31 Desember en rapporteer op ’n kwartaallikse grondslag aan aandeelhouers. Verdere inligting oor BAT, insluitende die jaarverslag en kwartaalverslae is beskikbaar op BAT se webwerf by www.bat.com.

Finansiële dienste

 

 

 

 

 

Bydrae tot wesensverdienste

 

 

 

 

 

 

 

2009

 

2008

 

 

 

R miljoen

 

R miljoen

 

FirstRand

 

815

 

1 090

 

RMBH

 

761

 

1 030

 

 

 

1 576

 

2 120

 

Beide FirstRand Beperk (“FirstRand”) en RMB Holdings Beperk (“RMBH”) het Junie-jaareindes en gevolglik is hul resultate vir die twaalf maande tot 31 Desember 2008 in Remgro se resultate vir die tydperk onder oorsig geëkwiteer.

FirstRand – Genoteerd
FirstRand se bydrae tot Remgro se wesensverdienste, soos in die tabel hierbo aangedui, verteenwoordig slegs Remgro se direkte belang van 9.2% in FirstRand en sluit nie die indirekte bydrae van FirstRand deur Remgro se belegging in RMBH in nie.

Vir FirstRand se jongste gerapporteerde ses maande geëindig 31 Desember 2008 het wesensverdienste met 20% tot R4 553 miljoen (2007: R5 702 miljoen) afgeneem. Pro forma wesensverdienste, na inagname van die ontbondeling van FirstRand se belang in Discovery gedurende November 2007, het met 17% tot R4 553 miljoen (2007: R5 517 miljoen) afgeneem. Hierdie resultate weerspieël die uiters moeilike bedryfsomgewing, wat gekenmerk is deur laer pryse van bates, voortgesette onbestendigheid van markte en ’n verslegtende ekonomiese vooruitsig op beide plaaslike en internasionale vlak.

Die verdienste van die kommersiële bank, ENB, het met 15% gedaal, hoofsaaklik as gevolg van ’n beduidende toename in slegte skulde. RMB, die beleggingsbank, se verdienste was 20% laer ondanks ’n sterk vertoning deur sy beleggingsbankafdeling. Die voortgesette likwidering van die internasionale ekwiteitsverhandelingsportefeuljes en die wanbetaling van Dealstream het gelei tot die rapportering van R798 miljoen se verliese deur die ekwiteitsverhandelingsafdeling. Die verdienste van WesBank, die afbetalingsfinansieringsbesigheid, het met 62% afgeneem as gevolg van ’n kombinasie van hoër slegte skulde en die verlangsaming van groei in die plaaslike besigheid se finansieringsboek. Hierdie verdienste sluit ’n verlies van R206 miljoen uit wat ontstaan het uit die verkoop van die Australia MotorOne finansieringsboek. Die beduidende verswakking van ekwiteitsmarkte het Momentum se verdienste met 19% tot R740 miljoen (2007: R913 miljoen) laat afneem.

FirstRand glo dat die voordele van laer rentekoerse aan verbruikers eers laat in 2009 of vroeg in 2010 sigbaar gaan wees en dat ekonomiese aktiwiteit laag sal bly. Verdienste vanaf sy plaaslike kleinhandel-franchises sal dus onder druk bly gedurende die tweede helfte van die jaar. Die plaaslike beleggings- en korporatiewe bankaktiwiteite van FirstRand sal na verwagting minder geraak word gedurende die tweede ses maande, wat tot ’n mate die impak van die plaaslike kleinhandelbesigheid se verswakking sal versag.

RMBH – Genoteerd
Vir die ses maande geëindig 31 Desember 2008 was 79.6% (2007: 88.9%) van RMBH se wesensverdienste, voor inagname van ander netto inkomste en koste van befondsing, afkomstig van FirstRand, terwyl 20.4% (2007: 11.1%) deur die ander belange bygedra is. RMBH se ander belange sluit in Discovery Holdings Beperk, OUTsurance Beperk en RMB Structured Insurance Beperk.

Die Discovery Groep is bedrywig in die versekerings- en gesondheidsorg-befondsingsmarkte in Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk, en het besonder goed gevaar. Sterk vertonings deur Discovery Health en Discovery Life het wesensverdienste vir die ses maande geëindig 31 Desember 2008 met 19% tot R489 miljoen laat toeneem. Die korttermynversekeraar, OUTsurance, het uitstekende resultate vir die tydperk onder oorsig gelewer met netto verdiende premie-inkomste wat met 19% tot R1.9 miljard toegeneem het. Na inagname van die vestigingskoste van “Youi”, ’n nuwe direkte versekeraar gesetel in Australië, het OUTsurance se wesensverdienste vir die sesmaande-tydperk met 17% tot R331 miljoen (2007: R282 miljoen) toegeneem. RMB Structured Insurance (“RMBSI”) skep oplossings vir individuele versekering en finansiële risiko’s van groot korporatiewe besighede deur gebruik te maak van innoverende finansiële strukture. RMBSI se bydrae tot die wesensverdienste van RMBH vir die tydperk onder oorsig bedra
R25 miljoen en is relatief klein in vergelyking met die bydrae van R205 miljoen en R131 miljoen deur Outsurance en Discovery onderskeidelik.

Aan die einde van Desember 2008 het RMBH sy 12.3%-belang in Glenrand M.I.B verkoop. Die wins met verkoop en bydrae van Glenrand M.I.B tot RMBH se wesensverdienste vir die tydperk onder oorsig het nie ’n wesentlike uitwerking op RMBH nie en is ingesluit by ander netto inkomste.

nywerheidsbelange

Bydrae tot wesensverdienste Graph

Rainbow Chicken Beperk (“Rainbow”) – Genoteerd
Vir die jaar geëindig31 Maart 2009 het Rainbow se wesensverdienstemet 39.6% van R528.1 miljoen tot R318.8 miljoen afgeneem, maar met slegs 14.8% indien ongerealiseerde verliese op finansiële instrumente wat in die aankoopstrategie van voer gebruik word, nie by wesensverdienste ingesluit word nie. Die afname in wesensverdienste is grotendeels ’n weerspieëling van die 32.2%-toename in voerinsetkoste, wat nie ten volle deur verhoogde hoenderpryse verhaal kon word nie.

Rainbow se totale omset het met 14.4% toegeneem, ondersteun deur groei van 17.2% in hoenderomset wat 79% van die totale omset verteenwoordig. Algeheel het hoenderverkoopsvolumes met 2% toegeneem. Voerinsetkoste het historiese hoë vlakke gedurende die afgelope twaalf maande behaal en die uitsonderlike wisselvalligheid duur voort.

Op 30 Julie 2008 is Rainbow se SEB-transaksie voltooi deurdat 15% van die maatskappy se aandele aan die SEB-konsortium uitgereik is. Die enigste uitwerking wat hierdie transaksie op Rainbow se resultate sal hê, is die herhalende koste van die werknemers se deel van die opsie-uitgawe en die SBM betaalbaar op dividende wat verklaar word met betrekking tot hierdie aandele.

Verbruikersbesteding gaan na verwagting onder druk bly, gegewe die wêreldwye ekonomiese resessie en die oorspoel-effek wat dit plaaslik sal hê. Mieliepryse gaan waarskynlik op die huidige laer vlakke verhandel, terwyl sojaboonpryse onder druk sal bly weens laer verwagte oeste. Op grond van Rainbow se beleid om aankope vooruit te doen, sal voerinsetkoste eers beduidend laer wees in die tweede helfte van die 2010 finansiële jaar. Die laer verwagte voerinsetkoste en die voordeel van die ongerealiseerde aankoopsverliese wat in 2009 verantwoord is, sal na verwagting ’n gunstige invloed op die verdienste van die 2010-jaar hê.

Rainbow se reeks produkte kan in kern- en waardetoegevoegde produkte verdeel word. Waarde-toegevoegde produkte, wat nou Rainbow Viennas en Polonies, Rainbow Crumbed, sowel as Rainbow Grill and Braai insluit, het enorme groei getoon en lewer nou ’n betekenisvolle bydrae tot kleinhandelverkope. Rainbow Simply Chicken Polony het die markleier in die polonie-sektor geword deur die fokus op groei in die waardetoegevoegde portefeulje.

Rainbow se fokus op innovasie, differensiasie en kommunikasie is deurlopend suksesvol. Rainbow se effektiewe handelsmerkstrategie het ’n aanvaarbare winsgrens opgelewer gedurende ’n tydperk van uitsonderlike druk op voerinsetkoste.

Medi-Clinic Korporasie Beperk (“Medi-Clinic”) – Genoteerd
Medi-Clinic se omset het gedurende die jaar onder oorsig met 71% tot R16 351 miljoen (2008: R9 579 miljoen) toegeneem, terwyl die wesensverdienste met 3% tot R624 miljoen (2008: R608 miljoen) toegeneem het. As gevolg van die verkryging van Hirslanden in die tweede helfte van 2007/08 en die verwante finansiering daarvan is Medi-Clinic se resultate nie direk vergelykbaar met die vorige tydperk nie.

Met ingang van 26 Oktober 2007 is ’n belang van 100% in Hirslanden, die houermaatskappy van die grootste privaathospitaalgroep in Switserland, verkry. Hirslanden is die leier in privaathospitaalsorg in Switserland met 13 akutesorg-fasiliteite. Vir die vorige finansiële jaar, is Hirslanden se omset van R3 041 miljoen en bedryfswins voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie (“EBITDA”) van R710 miljoen, ingesluit in die resultate van Medi-Clinic. Hirslanden se omset en EBITDA vir die jaar onder oorsig was R8 737 miljoen en R1 961 miljoen, onderskeidelik.

Die Suider-Afrikaanse groepinkomste het gedurende die jaar onder oorsig met 12% tot R6 792 miljoen (2008: R6 056 miljoen) toegeneem, as gevolg van ’n 3.3%-toename in beddae verkoop en ’n styging van 8.6% in die gemiddelde inkomste per beddag. EBITDA het met 12% toegeneem tot R1 458 miljoen (2008: R1 302 miljoen) ondanks inflasiedruk in die laaste ses maande van die 2008-kalenderjaar en die Suider-Afrikaanse bedrywighede het R553 miljoen (2008: R527 miljoen) tot Medi-Clinic se toeskryfbare verdienste bygedra.

Medi-Clinic het ’n beherende belang (50% plus een aandeel) in Emirates Healthcare Holdings Limited wat die Welcare Hospital en The City Hospital in Dubai besit en bedryf. Emirates Healthcare het ook die reg om ’n verdere hospitaal te ontwikkel waarmee dit die grootste privaat gesondheidsverskaffer in Dubai sal word. Omset vanaf die Verenigde Arabiese Emirate het met 71% toegeneem tot R822 miljoen (2008: R482 miljoen) vir die jaar onder oorsig, terwyl EBITDA met 76% tot R12 miljoen (2008: R50 miljoen) afgeneem het, hoofsaaklik vanweë aanvangsverliese by The City Hospital.

Distell Groep Beperk (“Distell”) – Genoteerd
Aangesien Distell se finansiële jaareinde 30 Junie is, word die maatskappy se resultate vir die twaalf maande geëindig 31 Desember 2008 in Remgro se wesensverdienste ingesluit.

Distell se omset het in die jongste gerapporteerde sesmaande-tydperk geëindig 31 Desember 2008 met 21.6% (2007: 12.9%) tot R6.1 miljard (2007: R5.0 miljard) toegeneem, terwyl verkoopsvolume met 15.9% gestyg het. Verkoopsvolumes in Suid-Afrika het met 10.7% (2007: 5.4%) toegeneem. Internasionale verkoopsvolume, met insluiting van Afrika, was 37.1% hoër en het gelei tot ’n 54.3%-toename in internasionale omset. Omset in Afrika het uitstekende groei getoon en 54.0% van internasionale omset bygedra.

Die toename van 19.9% (2007: 17.9%) in Distell se wesensverdienste vir die ses maande tot R650 miljoen (2007: R542 miljoen), was hoofsaaklik vanweë volgehoue groei in omset en produktiwiteitsverbeteringe.

Unilever South Africa Holdings (Edms) Beperk (“Unilever Suid-Afrika”) – Ongenoteerd
Vir die twaalf maande geëindig 31 Maart 2009 het Remgro in sy wesensverdienste R231 miljoen (2008: R229 miljoen) van Unilever Suid-Afrika se verdienste ingesluit. Herstruktureringskoste van R23 miljoen (2008: R19 miljoen) is ingesluit in Remgro se deel van Unilever Suid-Afrika se verdienste.

Gedurende die vorige finansiële jaar het Unilever sy Suid-Afrikaanse besigheid herstruktureer deur die Voedsel, Roomys en Huishoudelike en Persoonlike Sorg-besighede in een entiteit, Unilever Suid-Afrika, saam te voeg. Remgro het ’n belang van 25.75% in Unilever Suid-Afrika sedert die herstrukturering.

Die gekombineerde omset van die besighede vir die jaar geëindig 31 Maart 2009 het met 24.5% toegeneem. Hierdie groei is hoofsaaklik voortgebring deur prysstrategie deurdat pryse in die tweede helfte van 2008 verhoog is om te vergoed vir stygende insetkoste. Groei is verder versterk deur verbeterde produkverskaffing aangesien daar nie ’n herhaling was van die vorige jaar se swak voorraadvlakke nie.

Die sterkste groei in omset het gekom van die kategorieë vir Waspoeiers, Geurmiddels en Slaaisouse (“S&D”), Gesigsorg- en Reukweermiddels. Groei in inkomste van waspoeiers is as gevolg van verbeterde produkverskaffing en verhoging van pryse gedurende 2009. S&D het voortgebou op goeie vertonings regoor die sop-reeks. Die bemarkingspoging van die reukweermiddel kategorie het suksesvol tot in die eerste kwartaal van 2009 voortgeduur en tot verhoogde groei gelei. Gesigsorg kategorieë het goeie groei getoon na verbetering van swak diensvlakke in 2008.

Die Smeermiddels en Kookprodukte besigheid het onder druk gekom as gevolg van versagting in die mark en strenger mededinging.

Total South Africa (Edms) Beperk (“Total”) – Ongenoteerd
Aangesien Total se finansiële jaareinde 31 Desember is, is die maatskappy se resultate vir die twaalf maande geëindig 31 Desember 2008 ingesluit in Remgro se wesensverdienste. Die skerp daling in oliepryse het Total se bydrae tot Remgro se wesensverdienste vir die tydperk onder oorsig vanaf ’n wins van R207 miljoen in die vorige jaar na ’n verlies van R25 miljoen laat afneem.

Total het ’n verlies van R101 miljoen vir 2008 gerapporteer in vergelyking met ’n wins van R713 miljoen gedurende die vorige jaar. Die verlies is hoofsaaklik as gevolg van die aansienlike daling in oliepryse wat gelei het tot voorraadafskrywings van R622 miljoen gedurende die jaar. Oliepryse was baie wisselvallig gedurende 2008 en het teen rekordvlakke van $144 per vat, asook so laag as $33 per vat gedurende die tweede helfte van die jaar verhandel.

Total se verkope van hoofbrandstowwe het effens afgeneem met 1.5% vanaf die vorige jaar, terwyl kleinhandelverkope met 3.6% afgeneem het. Dit is ’n weerspieëling van die verminderde vraag as gevolg van die verlangsaming in die wêreldwye ekonomie aan die einde van 2008. Die maatskappy het dieselfde vlakke van investering in sy bemarkingsbedrywighede gehandhaaf, insluitende die opgradering van petrolstasies en verdere besteding aan gesondheid, veiligheid, omgewing en kwaliteit aspekte by depots.

Natref, waarin Total ’n 36%-belang het, se bedrywighede was meer betroubaar as 2007 ondanks onbeplande sluitings wat hoofsaaklik gedurende die eerste deel van die jaar plaasgevind het. Die raffineringsmarges was laer as gevolg van die afname in oliepryse en die verswakking van die rand teenoor die VSA-dollar.

Verhoogde bedryfskapitaalbehoeftes, as gevolg van hoër oliepryse gedurende die eerste helfte van die jaar, het gelei tot ’n toename van R45 miljoen in finansieringskoste, in vergelyking met die vorige jaar.

Nampak Beperk (“Nampak”) – Genoteerd
Nampak het ’n September-jaareinde. Nampak se bydrae van R105 miljoen (2008: R163 miljoen) tot Remgro se wesensverdienste het betrekking op sy resultate vir die twaalf maande tot 31 Maart 2009.

Vir die ses maande geëindig 31 Maart 2009 het Nampak gerapporteer dat omset met 14% tot R10 091 miljoen (2008: R8 875 miljoen) toegeneem het as gevolg van die verhaling van kostestygings in grondstowwe deur prysverhogings en verbeterde bedryfsaktiwiteit in die res van Afrika. Verkoopsvolumes was konstant in Suid-Afrika en laer in Europa.

Nampak se wesensverdienste vir die tussentydperk het met 39% afgeneem tot R392 miljoen (2008: R643 miljoen). Die afname was hoofsaaklik as gevolg van negatiewe billike waarde aanpassings op hermeting van finansiële instrumente gedurende die huidige tydperk, in teenstelling met positiewe billike waarde aanpassings in die ooreenstemmende tydperk van die vorige jaar. Die terugskryf van ’n belastingvoorsiening van R103 miljoen in die vorige jaar se tussentydperk het ook tot verhoogde wesensverdienste in daardie tydperk bygedra.

Tsb Sugar Holdings (Edms) Beperk (“Tsb Sugar”) – Ongenoteerd
Tsb Sugar is hoofsaaklik betrokke by die verbouing van suikerriet en die produksie, vervoer en bemarking van geraffineerde suiker, bruinsuiker, veevoer en sitrus. Bedrywighede vind hoofsaaklik in die Nkomazi-streek van die Mpumalanga Laeveld plaas. Suikerprodukte word bemark onder die gevestigde Selati-handelsmerk, wat markleierskap in sy teikenmarkte (Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en Limpopo) geniet terwyl markaandeel in die ander geografiese markte groei. Tsb Sugar se twee suikermeulens is naby Malelane en Komatipoort geleë. Tsb Sugar het ook ’n 27.4%-belang in Royal Swaziland Sugar Corporation Limited, wat twee suikermeulens in Swaziland besit en bedryf. Tsb Sugar het ook ’n effektiewe belang van 63.7% in Mananga Sugar Packers, ’n suikerverpakking-en-bemarkingsmaatskappy gesetel in Swaziland, wat suiker onder die First-handelsmerk verpak en in Swaziland en Suid-Afrika bemark.

Die wesensverdienste het met 55% tot R187 miljoen (2008: R121 miljoen) toegeneem ondanks kostestygings reg deur die waardeketting. Omset het vanweë ’n toename in volumes en pryse, met 49% tot R3 732 miljoen (2008: R2 509 miljoen) toegeneem. Suiker, sitrus en veevoer maak onderskeidelik 82%, 6% en 8% van omset uit (2008: 77%, 9% en 9%).

Die Suid-Afrikaanse suikerbedryf se totale suikerproduksie het in 2008/09 met 0.5% gedaal. Tsb Sugar se rusuikerproduksie het egter met 16.9% toegeneem, hoofsaaklik as gevolg van die beter klimaatstoestande, verhoogde suikerrietproduksie-opbrengste en die uitbreiding van die riet-verbouingsarea oor die afgelope aantal jare. Gedurende die jaar onder oorsig het die Komati meule die meeste suiker van al die meulens in die suikerbedryf geproduseer met die Malelane meule in die vierde plek.

Tsb Sugar se twee suikermeulens het 4.093 miljoen ton suikerriet (2008: 3.952 miljoen ton) gedurende die seisoen verwerk, met ’n rekordproduksie van 508 473 ton rusuiker (2008: 475 452 ton). Die riet-tot-suikerverhouding van 8.04 vergelyk gunstig met die Suid-Afrikaanse bedryfsgemiddelde van 8.49, wat op goeie produksiedoeltreffendheid by beide meulens dui. Tsb Sugar bedryf ’n raffinadery by die Malelane meulekompleks en rusuiker wat van die maatskappy se suikermeulens ontvang word, word vir beide die binnelandse en uitvoermark geraffineer. Die raffinadery het 342 489 ton (2008: 333 762 ton) geraffineerde suiker gedurende die jaar geproduseer.

Tsb Sugar se veevoerbedrywigheid, Molatek, vervaardig ’n verskeidenheid veevoerprodukte. Die hoofgrondstowwe (molasse en bagasse) wat in die produksieproses gebruik word, is byprodukte van suikerproduksie. Molatek het ondanks negatiewe marktoestande daarin geslaag om die produksievlak van die vorige jaar te handhaaf.

Tsb Sugar belê ook in sitrus deur sy 51%-belang in Golden Frontiers Citrus (“GFC”). GFC besit drie sitrusplase waar pomelo’s en lemoene vir die uitvoermark verbou, geoes en verpak word. Sitrusbemarking word deur Komati Fruits, ’n vennootskap tussen verskeie sitrusprodusente, onderneem. GFC het 43 000 ton pomelo’s en 21 000 ton lemoene geoes. Die persentasie uitvoere het tot 70% (2008: 68%) van produksie gestyg. GFC huur ook ’n sitrusplaas van en bestuur die verbouing van piesangs op plase van SEB-maatskappye.

Die afhandeling van die grondeise wat op Tsb Sugar se plase geregistreer is vorder goed en die Tenbosch-grondeis is reeds gedurende die vorige jaar afgehandel. Gesamentlike bestuursondernemings met die grondeisers is gestig om die bestuur van die grond wat oorgedra is, te behartig. Onderhandelinge ten opsigte van die oorblywende eise is in ’n gevorderde stadium en die verwagting is dat die grondeise in die komende finansiële jaar afgehandel sal word.

Air Products South Africa (Edms) Beperk (“Air Products”) – Ongenoteerd
Air Products het ’n September-jaareinde. Vir die twaalf maande geëindig 31 Maart 2009 het Air Products se omset gegroei met 13.1% (2008: 15.3%) van R1 006.6 miljoen tot R1 138.5 miljoen. Remgro se aandeel in Air Products se wesensverdienste het toegeneem met 8.3% (2008: 30.5%) van R94 miljoen tot R102 miljoen.

Air Products is die grootste vervaardiger van industriële gasse in Suidelike Afrika. Air Products is ook ’n invoerder en verspreider van ’n verskeidenheid van spesialiteitsgasse en chemiese produkte wat gelewer word aan ’n wye reeks industrieë wat insluit staal, chemikalieë, olieraffinering, hulpbronminerale, glas, pulp en papier, voedselverpakking asook algemene vervaardiging, fabriekswese en sweiswerke.

Die maatskappy bedryf ’n aantal groot aanlegte in Suidelike Afrika wat koste-effektiewe gasverskaffingsgeriewe bied aan groot maatskappye via pyplyne of grootmaat vloeibare gasse per pad afgelewer deur tenkwaens. ’n Aantal kleiner kliënte word voorsien van ’n verskeidenheid produkte in silinders of minitenkwaens. Verskeie kliënte word bygestaan in die gebruik van hierdie produkte deur innoverende tegnologieë verskaf deur Air Products.

’n Nuwe lugskeidingsaanleg is onlangs in Newcastle, KwaZulu-Natal, in bedryf gestel om in die groeiende vraag na gas- en vloeibare produkte in hierdie omgewing te voorsien.

Kagiso Trust Investments (Edms) Beperk (“KTI”) – Ongenoteerd
KTI is ’n swart ekonomies beheerde beleggingshouermaatskappy. Sy beleggings is oorwegend in die finansiële dienste, media en mynwese sektore. Sy twee grootste beleggings volgens waarde is sy belange in Metropolitan Holdings Beperk en Kagiso Media Beperk.

Aangesien KTI se finansiële jaareinde 30 Junie is, word die maatskappy se resultate vir die twaalf maande geëindig 31 Desember 2008 in Remgro se wesensverdienste ingesluit.

KTI het ’n wesensverlies van R332 miljoen vir die twaalf maande geëindig 31 Desember 2008 gerapporteer teenoor ’n wesensverdienste van R211 miljoen in die vergelykende twaalfmaande-tydperk. Die wesensverlies is hoofsaaklik toeskryfbaar aan ’n ongunstige billike waarde aanpassing op die omskakelingsregte verbonde aan die hou van die Metropolitan Holdings Beperk omskepbare voorkeuraandele asook die aansienlike afname in die platinumprys.

KTI het sy belegging in Alstom herstruktureer deurdat sy belang van 22.5% in Alstom SA verkoop is en ’n 9.5%-belang in die nuut gestigte Alstom Investment Holdings verkry is. Die wins gerealiseer op hierdie transaksie van R367 miljoen is by bedryfswins ingesluit, maar nie by wesensverdienste nie.

Wispeco Holdings Beperk (“Wispeco”) – Ongenoteerd
Vir die twaalf maande onder oorsig bedra Wispeco se wesensverdienste wat ingesluit is in Remgro se resultate, R30 miljoen (2008: R64 miljoen).

Wispeco se finansiële prestasie is beïnvloed deur dalende verkoopsvolumes wat verband hou met die ekonomiese afswaai en afwaartse voorraaddevaluasie as gevolg van laer aluminiumpryse wêreldwyd. Omset het met 7% gedaal vanaf die vorige jaar, terwyl afwaartse voorraaddevaluasie R39 miljoen beloop het vir die jaar onder oorsig.

Die konstruksiebedryf, wat ’n prominente marksegment van Wispeco verteenwoordig, is negatief beïnvloed deur die kredietkrisis en die verlangsaming van die wêreldwye ekonomie. Alhoewel daar ’n merkbare afname in residensiële konstruksiebedrywighede was, is infrastruktuur ontwikkeling en kommersiële konstruksiebedrywighede minder geraak. Gedurende die jaar onder oorsig het Wispeco sy vermoë om groter, swaarder en meer tegnies uitdagende produkte aan ekstrusie marksegmente te lewer, uitgebrei.

Behalwe vir die opening van ’n nuwe tak in Randburg, was die jaar onder oorsig gekenmerk deur konsolidasie met groter fokus op produktiwiteit en effektiewe kliëntediens. Die maatskappy gaan voort om opleiding en vaardigheidsontwikkeling in die aluminium ekstrusie-industrie te verskaf deur middel van ’n wye aantal opleidingsinisiatiewe.

PGSI Beperk (“PGSI”) – Ongenoteerd
Aangesien PGSI se finansiële jaareinde 31 Desember is, is die maatskappy se resultate vir die twaalf maande geëindig 31 Desember 2008 ingesluit in Remgro se wesensverdienste. PGSI se bydrae tot Remgro se wesensverdienste vir die tydperk onder oorsig was
R40 miljoen.

PGSI, deur sy volfiliaal PG Group (Edms) Beperk, is die grootste vervaardiger van dryfglas in Afrika. Produkte word gelewer aan industrieë soos bou en konstruksie, residensiële verbeteringe, meubels, sonkrag, nuwevoertuig-vervaardiging, motorglasvervanging
en spoorweë. Die groep is ook ’n wesentlike uitvoerder van konstruksie en motorglas klaarprodukte na Afrika, Europa en die VSA.

Vir die jaar geëindig 31 Desember 2008 het PGSI se omset toegeneem met 2% en sy wesensverdienste met 21.8% tot R174 miljoen. Die resultate vir 2008 sluit ’n afname in die las ten opsigte van kontantgebaseerde ekwiteitsvergoedingskemas as gevolg van die rapportering van laer winste deur PG Group. Bedryfswins, uitgesonderd die effek van vergoedingskemas, het vanaf R330 miljoen in 2007 na R164 miljoen in 2008 afgeneem, hoofsaaklik vanweë die druk van hoë inflasie, verhoogde koste van elektrisiteit en skerp prysstygings van sleutelgrondstowwe op bedryfsmarges.

Die resultate van PG Group is negatief beïnvloed deur die moeilike makro-ekonomiese omgewing. Die elektrisiteitskrisis vroeër in die jaar, hoë rentekoerse en ’n afname in plaaslike en wêreldwye besigheidsvertroue het gelei tot ’n beduidende afname in die vraag na PG Group se produkte in die boubedryf en die motorbedryf. Die neerlegging van die uitgebreide kapitaalinvesteringsprogram by die groep se dryfglas-aanleg in Springs asook by die drie motorglas-aanlegte het aansienlik bygedra tot die laer verdienste. Hierdie probleme met implementering is grotendeels uitgestryk teen die einde van die finansiële jaar.

Die motorbedryf is wesentlik beïnvloed deur passasiersvoertuie se verkope wat ’n 24%-afname toon vanaf die vorige jaar en afwaartse prysdruk vanaf internasionale motorvervaardigers in die lig van die wêreldwye ekonomiese afswaai. Die boubedryf het egter beter gevaar as die vorige jaar vanweë ’n aantal groot konstruksieprojekte soos lughawens, sokkerstadions, kantoorgeboue en hotelle. Die residensiële boubedryf het teleurstellend gevaar, hoofsaaklik as gevolg van hoë rentekoerse. Die bou-glas mark het in die geheel ’n goeie jaar gehad, wat tot ’n mate vergoed het vir die negatiewe motorbedryf.

Netto finansieringskoste was baie hoër as die vorige jaar, aangesien die programme van kapitaaluitgawes by die PG Group deur middel van skuld gefinansier is. Hierdie programme is byna voltooi en die groep sal ’n goeie belegging in nuwe, wêreldklas toerusting en kapasiteit hê, wat sal lei tot verbeterde effektiwiteit en vermoë om produkte aan die mark te lewer tydens die herstel van die ekonomie.

Dorbyl Beperk (“Dorbyl”) – Genoteerd
Dorbyl het R44 miljoen se verliese (2008: verliese van R20 miljoen) tot die wesensverdienste van Remgro vir die finansiële jaar geëindig 31 Maart 2009 bygedra.

Die verswakking in die resultate vir die jaar onder oorsig was hoofsaaklik die gevolg van aansienlike verlaging in volumes en die voortgesette negatiewe effek van wêreldwye prysdruk vanaf vervaardigers van oorspronklike toerusting in die motorbedryf, wat verhoed het dat verhoogde insetkoste ten volle verhaal kon word.

Die groep is tans besig om verskeie strategiese ingrypings en aksies uit te voer ten einde sekere besighede te verkoop of te sluit en om sekere eiendomme te verkoop.

mynbelange

 

 

 

 

 

Bydrae tot wesensverdienste

 

 

 

 

 

 

 

2009   

 

2008   

 

 

 

R miljoen   

 

R miljoen   

 

Implats

 

346  

 

267  

 

Trans Hex

 

(182)

 

(3)

 

 

 

164   

 

264   

 

Implats Beperk (“Implats”) – Genoteerd
Remgro se belang in Implats is 4.4% en slegs dividendinkomste word verantwoord. Dividendinkomste van R346 miljoen (2008:
R267 miljoen) het jaar op jaar met 30% toegeneem.

Trans Hex Groep Beperk (“Trans Hex”) – Genoteerd
Trans Hex het ’n wesensverlies van R637 miljoen (2008: R8 miljoen) vir die jaar geëindig 31 Maart 2009 gerapporteer. Die wesensverlies was hoofsaaklik die gevolg van waardedalings met betrekking tot die Angolese bedrywighede.

Trans Hex se verkope vanuit voortgesette bedrywighede vir die jaar het met 28% tot R637 miljoen (2008: R881 miljoen) afgeneem en verliese vanaf voortgesette bedrywighede, voor inagname van waardedalings en belasting, het R280 miljoen beloop. Suid-Afrikaanse karaatproduksie het tot 88 933 karaat (2008: 107 305 karaat) afgeneem as gevolg van laer grade, terwyl diamantpryse aansienlik gedaal het sedert September 2008.

Die vraag na diamante en die herstel van diamantpryse het groot verbetering getoon gedurende die laaste maand van die jaar onder oorsig en Trans Hex verwag dat hierdie tendens sal voortduur gedurende die komende finansiële jaar. Trans Hex is in ’n netto kontantposisie van R205 miljoen (2008: R194 miljoen) op jaareinde en kostes sal beheer word om sy volhoubaarheid in huidige marktoestande te verseker.

korporatiewe finansies en ander belange

 

 

 

 

 

bydrae tot wesensverdienste

 

 

 

 

 

 

 

2009

 

2008

 

 

 

R miljoen

 

R miljoen

 

Sentrale tesourie

 

144   

 

180  

 

Buitelandse valuta-winste

 

50   

 

–   

 

Netto korporatiewe koste

 

(807)

 

(56)

 

SBM op dividend in specie

 

(686)

 

–   

 

Aandeelskemakoste – nie-herhalende kostes

 

(33)

 

–   

 

Ander

 

(88)

 

(56)

 

Ander belange

 

(80)

 

9  

 

Business Partners

 

28  

 

47  

 

Xiocom

 

(108)

 

(38)

 

spacer

 
spacer  spacer 

 

 

(693)

 

133  

 

Korporatiewe finansies
Die sentrale tesourie-afdeling se bydrae tot wesensverdienste het van R180 miljoen tot R144 miljoen afgeneem. Laer rentekoerse as in die vergelykende jaar het veroorsaak dat minder rente-inkomste genereer is. Buitelandse valuta-winste ten bedrae van R50 miljoen het gerealiseer met die repatriasie van R&R dividende (2008: RNul).

Die netto na-belaste korporatiewe koste wat salarisse, donasies en die koste van die aandele-aansporingskemas insluit, het met
R751 miljoen toegeneem, vanaf R56 miljoen in 2008 tot R807 miljoen in 2009. Die toename kan hoofsaaklik toegeskryf word aan sekondêre belasting op maatskappye (SBM) ten bedrae van R686 miljoen wat betaalbaar was op die dividend in specie.

Ander belange
Ander belange se bydrae het afgeneem van ’n wins van R9 miljoen in 2008 na ’n verlies van R80 miljoen vir die jaar onder oorsig. Die afname kan hoofsaaklik toegeskryf word aan geëkwiteerde verliese ten bedrae van R108 miljoen op die belegging in Xiocom
(2008: R38 miljoen verlies vir agt maande van die jaar).

Business Partners Beperk (“Business Partners”) – Ongenoteerd
Business Partners is ’n gespesialiseerde beleggingsgroep wat risikofinansiering, mentorskap, en eiendomsbestuursdienste aan klein- en mediumgrootte ondernemings in Suid-Afrika bied.

Wesensverdienste vir die twaalf maande geëindig 31 Maart 2009 het met 39.1% tot R129.8 miljoen (2008: R213.1 miljoen) afgeneem teenoor die vorige jaar. Wesensverdienste toeskryfbaar aan Remgro vir die tydperk was R28 miljoen (2008: R47 miljoen). Die afname in wesensverdienste is hoofsaaklik die gevolg van die negatiewe impak wat die verswakking in makro-ekonomiese toestande op die kleinsake-sektor gehad het gedurende die afgelope twaalf maande. Die bedryfsinkomste is gevolglik negatief beïnvloed deur toenames in slegte skulde asook in die voorsiening vir verdere slegte skulde.

Beleggings ten bedrae van R873.5 miljoen (2008: R725.3 miljoen) is gedurende die jaar uitbetaal, ’n toename van 20.4% in beleggingsaktiwiteite.

Xiocom Wireless, Inc. (“Xiocom”) – Ongenoteerd
Xiocom is ’n wêreldwye verskaffer van geïntegreerde draadlose breëbandoplossings aan netwerkoperateurs in onderbediende markte. Xiocom bied ’n reeks buigsame, markgedrewe dienste wat die koste om breëband draadlose netwerke te ontwerp, ontplooi en bestuur aansienlik verminder.

Die maatskappy het goeie vordering gemaak in sy eerste volle jaar van bedrywighede. Die vernaamste gebeurtenisse was:

Die besigheid is herorganiseer en herfokus om die huidige ekonomiese toestande die hoof te bied. Beide Main Street Broadband en Xiotel sal gedurende die komende finansiële jaar operasioneel wees.

erkenning

Aan almal wat die afgelope jaar tot die sukses van die groep bygedra het, dra ons ons hartlike dank oor aan: die aandeelhouers vir hul volgehoue vertroue; die besturende direkteure en alle kollegas in die onderskeie groepmaatskappye vir hul samewerking en ondersteuning; alle ander direkteure, amptenare en werknemers vir hul toewyding en ander belanghebbendes vir dienste gelewer.

Johann Rupert   Thys Visser  
Johann Rupert   Thys Visser  
   
Stellenbosch  
22 Junie 2009