Aantekeninge by die finansiële jaarstate

vir die jaar geëindig 31 maart 2009

« Aantekening 30 Aantekening 32 »
                   
31.   FINANSIËLE instrumente  
                   
    31.1   Klasse finansiële instrumente en billike waarde           
       

Finansiële instrumente op die balansstaat sluit beleggings, belegging in geldmarkfondse, lenings ontvangbaar, debiteure, kontant, krediteure, langtermynverpligtinge en afgeleide instrumente in. Besonderhede van die aard, omvang en terme van hierdie instrumente is uiteengesit in die aantekeninge by die betrokke items.

Die rekeningkundige beleid vir finansiële instrumente is op die volgende lynitems in die balansstaat toegepas.

  
                   
       
            Bates teen               
            billike               
    Nie-        waarde    Beskikbaar          
    finansiële    Lenings en    deur wins    vir       Billike   
    bates    debiteure    en verlies    verkoop    Drawaarde    waarde   
Finansiële bates   R miljoen    R miljoen    R miljoen    R miljoen    R miljoen    R miljoen   
2009                          
Beleggings – ander           40    4 702    4 742    4 742   
Lenings       100            100    100   
Debiteure en korttermynlenings   62    1 737            1 799    1 799   
Afgeleide instrumente           16        16    16   
Belegging in geldmarkfondse           1 578        1 578    1 578   
Kontant en kontantekwivalente       5 050            5 050    5 050   
    62    6 887    1 634    4 702    13 285    13 285   
                           
2008                          
Beleggings – ander               8 551   8 551   8 551  
Lenings       2           2   2  
Debiteure en korttermynlenings   31   1 261           1 292   1 292  
Afgeleide instrumente           19       19   19  
Kontant en kontantekwivalente       3 934           3 934   3 934  
    31   5 197   19   8 551   13 798   13 798  
  
                   
    31.1   Klasse finansiële instrumente en billike waarde (vervolg)  
       
                   
    Laste teen    Laste teen             
    geamor-    billike waarde            
    tiseerde     deur wins          Billike   
    koste    en verlies    Drawaarde    waarde   
Finansiële laste  R miljoen    R miljoen    R miljoen    R miljoen   
2009         
Langtermynlenings   191         191    191   
Handels- en ander krediteure   1 999         1 999    1 999   
Korttermynlenings   117         117    117   
Afgeleide instrumente        18    18    18   
    2 307    18    2 325    2 325   
                   
2008                  
Langtermynlenings   189       189   189  
Handels- en ander krediteure   1 826       1 826   1 826  
Korttermynlenings   190       190   190  
Afgeleide instrumente       3   3   3  
    2 205   3   2 208   2 208  
                   
Billike waarde                  
  
        Op 31 Maart 2009 en 2008 benader die billike waarde van die finansiële instrumente hul drawaarde.   
           
        Die volgende metodes en aannames word gebruik om die billike waarde van elke kategorie van finansiële instrumente te bepaal:  
           
       

Finansiële instrumente beskikbaar vir verkoop en belegging in geldmarkfondse: Billike waarde is gebaseer op gekwoteerde markpryse of, in die geval van ongenoteerde instrumente, toepaslike waardasiemetodologieë.

Kontant en kontantekwivalente, debiteure, krediteure en korttermynlenings: Weens die verwagte korttermyn vervaldatum van hierdie finansiële instrumente benader die drabedrag hul billike waarde.

Lenings: Die billike waarde van langtermynlenings is gebaseer op verdiskonteerde kontantvloeie deur van die effektiewe rentekoersmetode gebruik te maak. Aangesien die rentekoerse van langtermynlenings almal markverwant is, benader hul drabedrag hul billike waarde.

Afgeleide instrumente: Die billike waarde van afgeleide instrumente word bepaal met verwysing na die mark waarin daar met dié instrumente handel gedryf word.

 
           
    31.2   Finansiële instrumente en risikobestuur  
       

’n Verskeidenheid finansiële risiko’s beïnvloed die groep se resultate: markrisiko (insluitende prys-, rentekoers- en buitelandse valutarisiko), kredietrisiko en likiditeitsrisiko. Die maatskappy en sy filiaalmaatskappye se risiko-bestuursprogramme, waarvan sleutelaspekte hieronder uiteengesit is, erken die onvoorspelbaarheid van finansiële markte en is daarop gemik om enige negatiewe uitwerking daarvan tot ’n minimum te beperk. Afgeleide instrumente word gebruik om teen sekere finansiële risikoblootstellings te verskans.

Risikobestuur word uitgevoer deur die sentrale tesourie-afdeling ingevolge beleid wat deur die direksie goedgekeur is. ’n Tesouriekomitee identifiseer, evalueer en verskans finansiële risiko’s in ooreenstemming met die groep se risiko-aptyt, stel risikoperke vas en monitor nakoming van beleid en prosedures. Die komitee word bygestaan deur die interne ouditafdeling wat gereeld en op ’n ad hoc-basis oorsig doen van risikobestuurkontroles en -prosedures. Dit is die verantwoordelikheid van die Remgro oudit-en-risikokomitee om oor hierdie funksies toesig te hou en die geskiktheid van die risikobestuurstrategieë te beoordeel.

Tersaaklike finansiële risiko’s en risikobestuursprogramme, word soos volg opgesom:

 
           
        Markrisiko   
        Prysrisiko   
        Blootstelling aan aandeelprysrisiko spruit uit beleggings in genoteerde en ongenoteerde aandele. “Beleggings beskikbaar vir verkoop” bestaan hoofsaaklik uit die belegging in Impala Platinum Holdings Beperk wat teen markwaarde ingesluit is by “Beleggings – Ander” op die balansstaat. Die uitvoerende komitee monitor op ’n deurlopende grondslag die stand van al die beleggings en maak aanbevelings aan die direksie in dié verband. Sommige bedryfsfiliale het kommoditeitsopsie- en -termynkontrakte wat deur die pryse van die onderliggende kommoditeite beïnvloed word.   
           
        Buitelandse valutarisiko
Die maatskappy en sy filiaalmaatskappye is internasionaal bedrywig en word blootgestel aan valutarisiko as gevolg van kommersiële transaksies wat gedenomineer is in buitelandse valuta. Hierdie risiko’s word beperk deur gebruik te maak van buitelandse valutakontrakte wanneer nodig geag.

Die groep het geen beduidende blootstelling aan buitelandse valutarisiko nie.

Beleggings in buitelandse bedrywighede se netto bates is blootgestel aan buitelandse valuta omskakelingsrisiko. Op jaareinde het die drawaarde van buitelandse kontant asook dié van belegging in geldmarkfondse R3 515 miljoen (2008: R2 654 miljoen) beloop. Verwys na aantekening 15 en 16 vir verdere inligting.

Rentekoersrisiko
Weens beduidende bedrae in kontantbeleggings, word inkomste beïnvloed deur skommelings in markrentekoerse. Die profiel van kontant en kontantekwivalente word in aantekening 16 uiteengesit. Rentekoersrisiko word deur die tesourie-afdeling bestuur deur gebruik te maak van goedgekeurde teenpartye wat die beste koerse aanbied.

Die maatskappy en sy filiaalmaatskappye is ook blootgestel aan rentekoersrisiko as gevolg van sy langtermynverpligtinge. Die rentekoersprofiel van die verpligtinge word in aantekening 19 uiteengesit.

 
           
        Die groep se sensitiwiteit vir markrisiko
Die volgende tabel dui die groep se wins- en ekwiteitsensitiwiteit vir markrisiko aan indien die markte met die onderstaande persentasies verander:  
       
                           
         2009             2008      
         Inkomste-             Inkomste-      
         staat    Ekwiteit        staat   Ekwiteit  
    Verandering    R miljoen    R miljoen    Verandering   R miljoen   R miljoen  
Rentekoerse   2.0%    92    –    2.0%   51   –  
Wisselkoerse   5.0%    –    183    5.0%   1   –  
Ekwiteitspryse   10.0%    –    408    10.0%   –   731  
Kommoditeitspryse   –    –    –    R50/ton   9   –  
         92    591        61   731  
  
           
       

Bogenoemde is bereken met verwysing na die drawaarde van finansiële instrumente op jaareinde en ’n moontlike verandering in die markrisikofaktor.

Kredietrisiko
Die groep se blootstelling aan kredietrisiko is die billike waarde van lenings, debiteure, korttermynlenings, afgeleide instrumente en kontant en kontantekwivalente soos hierbo aangedui.

Lenings ontvangbaar en debiteure
Op jaareinde was daar nie enige beduidende “Lenings ontvangbaar” uitstaande nie. Daar is ook nie enige beduidende konsentrasie van kredietrisiko met betrekking tot debiteure nie as gevolg van die verspreiding daarvan oor ’n wye geografiese gebied. Beleid en prosedures is in plek om te verseker dat verkope slegs aan klante met ’n aanvaarbare kredietgeskiedenis geskied. Ander debiteure bestaan hoofsaaklik uit vooruitbetalings en dividende ontvangbaar.

Die terme wat aan handelsdebiteure toegestaan word, word bepaal deur die onderskeie kredietbeleide van elke bedryfsfiliaal, d.i. Rainbow Chicken, Tsb Sugar en Wispeco.

Die onderstaande tabel dui die ouderdomsanalise van agterstallige handelsdebiteure en die ooreenstemmende uitstaande bedrag van debiteure op jaareinde aan:

  
           
       
                Totale  
    Ouderdomsanalise  agterstallige  
    van agter stalligehandelsdebiteure  handels-  
    60 dae   90 dae   120 dae +   debiteure  
Debiteure   R miljoen   R miljoen   R miljoen   R miljoen  
2009   17    2    19    38   
2008   76   8   10   94  
   
’n Voorsiening vir oninbare skulde van R45 miljoen (2008: R44 miljoen) is gemaak. Verwys aantekening 12.      
                   
Die kredietkwaliteit van presterende handelsdebiteure waarteen geen waardedalings voorsien is nie, is soos volg:  
                   
            2009   2008  
Bestaande klante (geskiedenis van ses maande +) – geen nie-betalings in verlede nie   778   839  
Bestaande klante (geskiedenis van ses maande +) – met nie-betalings in die verlede   220   82  
Nuwe klante (geskiedenis van minder as ses maande)           160   125  
            1 158   1 046  
  
           
       

Afgeleide instrumenttransaksies en kontantbeleggings
Afgeleide instrumenttransaksies word beperk tot transaksies met finansiële instellings met goeie kredietgradering. Die tesouriekomitee keur hierdie instellings en bepaal ook die limiete vir kredietblootstelling aan ’n enkele entiteit.
Kontant en kontantekwivalente word slegs by goedgekeurde instellings gehou met ’n aanvaarbare kredietwaardigheid. Die tesouriekomitee stel limiete vir elke finansiële instelling vas. Verwys na die kontant en kontantekwivalente aantekening (aantekening 16) vir verdere inligting.

Likiditeitsrisiko

Die maatskappy en sy filiaalmaatskappye beskik oor beduidende kontantsaldo’s en minimum langtermynskuld wat sy likiditeitsrisiko beperk. Nietemin word verseker dat voldoende kredietfasiliteite beskikbaar is om buigsaamheid te behou in die befondsing van transaksies.

Die volgende skedule dui die terugbetalingstermyn van uitstaande skuld aan:   

 
       
            Nie-verdiskonteerde kontantvloei  
        Kontraktuele   0 tot 12       5 jaar  
    Drawaarde   kontantvloei   maande   1 tot 5 jaar   langer  
Finansiële laste   R miljoen   R miljoen   R miljoen   R miljoen   R miljoen  
2009                      
Langtermynlenings   191   255      250   5  
Handels- en ander krediteure   1 999   1 999   1 999        
Korttermynlenings   117   139   139        
Afgeleide instrumente   18   159   117   28   14  
    2 325   159   2 255   278   19  
2008                      
Langtermynlenings   189   248   –   238   10  
Handels- en ander krediteure   1 826   1 826   1 826   –   –  
Korttermynlenings   190   211   211   –   –  
Afgeleide instrumente   3   56   56   –   –  
    2 208   2 341   2 093   238   10