Aantekeninge by die finansiële jaarstate

vir die jaar geëindig 31 maart 2009

« Aantekening 11 Aantekening 13 »
           
12. DEBITEURE EN KORTTERMYNLENINGS
    Die maatskappy  Gekonsolideerd 
    2009    2008   2009    2008  
    R miljoen    R miljoen   R miljoen    R miljoen  
  Handelsdebiteure (bruto) 6    3   1 241    1 184  
  Minus: Voorsiening vir waardedalings –    –   (45)   (44) 
  Handelsdebiteure (netto) 6    3   1 196    1 140  
  Dividende ontvangbaar –    –   389     –  
  Vooruitbetalings en ander –    –   214    152  
  Lenings – Filiaalmaatskappye 12 793    2 310   –    –  
    12 799    2 313   1 799    1 292  
           
   
  Debiteure met ’n drawaarde van R42 miljoen (2008: R32 miljoen) het sekuriteit aan die groep verskaf. Lenings aan filiaalmaatskappye is onversekerd, dra geen rente nie en is op aanvraag terugbetaalbaar.
           
  Bewegings op die voorsiening vir waardedalings van handelsdebiteure is soos volg:
       
    2009    2008  
    R miljoen    R miljoen  
  Saldo’s op 1 April 44    49  
  Voorsiening vir waardedalings op debiteure 13     8  
  Debiteure gedurende die jaar as oninbaar afgeskryf (9)   (3) 
  Ongebruikte bedrae teruggeskryf (1)   (11) 
  Ander (2)    1  
  Saldo’s op 31 Maart  45    44  
       
  Gedurende die jaar is slegte skulde van R21 miljoen (2008: R11 miljoen) afgeskryf. Die ander klasse bates binne debiteure en korttermynlenings bevat geen bates waarop waardedalings gemaak is nie. Vir verdere inligting verwys na aantekening 31.