| « Aantekening 16 | Aantekening 18 » |
| 17. | ANDELEKAPITAAL EN AANDELEPREMIE | ||
| 2009 | 2008 | ||
| R miljoen | R miljoen | ||
| Aandelekapitaal | |||
| Gemagtig | |||
| 512 493 650 gewone aandele van 1 sent elk | 5.1 | 5.1 | |
| 40 506 352 B-gewone aandele van 10 sent elk | 4.1 | 4.1 | |
| 9.2 | 9.2 | ||
| Uitgereik | |||
| 439 479 751 (2008: 449 003 606) gewone aandele van 1 sent elk | 4.4 | 4.5 | |
| 35 506 352 (2008: 35 506 352) B-gewone aandele van 10 sent elk | 3.5 | 3.5 | |
| 7.9 | 8.0 | ||
| 2009 | 2008 | ||
| Aantal | Aantal | ||
| aandele | aandele | ||
| Beweging van die gewone aandele van 1 sent elk vir die jaar: | |||
| Totale aantal aandele uitgereik op 1 April | 449 003 606 | 448 802 207 | |
| Aandele uitgereik | | 201 399 | |
| Aandele gekanselleer | (9 523 855) | | |
| Totale aantal aandele uitgereik op 31 Maart* | 439 479 751 | 449 003 606 | |
| * Sluit in tesourie-aandele deur volfiliaalmaatskappye gehou. | |||
| 2009 | 2008 | ||
| Aandelepremie | R miljoen | R miljoen | |
| Beweging van die aandelepremierekening vir die jaar: | |||
| Saldo op 1 April | 37 | | |
| Aandele uitgereik | | 37 | |
| Aandele gekanselleer | (37) | | |
| Saldo op 31 Maart | | 37 | |
Elke gewone aandeel dra een stem. Elke B-gewone aandeel dra tien stemme. Aantal aandele deur n volfiliaal in tesourie gehou en aandele deur Die Remgro Aandeletrust gehou (gewone aandele van 1 sent elk): 3 500 000 (2008: 11 972 555). By n algemene vergadering van aandeelhouers wat op 7 Oktober 2008 gehou is, is 21 000 000 Remgro gewone aandele onder die beheer van Remgro se raad geplaas as n spesifieke magtiging vir doeleindes van uitreiking en toekenning van sodanige Remgro gewone aandele aan deelnemers in die Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema (die SAR-skema) in ooreenstemming met die bepalings van die reëls van die SAR-skema. Besonderhede met betrekking tot die aandeleskemas en die huidige jaar se aanbiedinge word in aantekening 25 en die verslag van die raad van direkteure verstrek. |
|||