Verklaring van Dividend Nr 14
Hiermee word kennis gegee dat ‘n finale dividend van 281 sent (2006: 228 sent) per aandeel verklaar is ten opsigte van beide die gewone aandele van een sent elk en die ongenoteerde B-gewone aandele van tien sent elk, vir die finansiële jaar wat op 31 Maart 2007 geëindig het.
Belangrike datums
| Laaste dag van verhandeling ten einde vir | |
| die finale dividend te kwalifi seer | Vrydag, 10 Augustus 2007 |
| Verhandelinge op of na hierdie datum sal | |
| met uitsluiting van die finale dividend wees | Maandag, 13 Augustus 2007 |
| Rekorddatum | Vrydag, 17 Augustus 2007 |
| Betaaldatum | Maandag, 20 Augustus 2007 |
Aandeelhouers mag nie in die periode van Maandag, 13 Augustus 2007, tot Vrydag, 17 Augustus 2007, beide datums ingesluit, hulle aandeelsertifi kate dematerialiseer/rematerialiseer nie.
Die jaarverslag sal gedurende Julie 2007 aan lede gepos word.
Geteken namens die raad van direkteure.
| Johann Rupert | Thys Visser |
| Voorsitter | Hoofuitvoerende beampte |
Stellenbosch
18 Junie 2007