Kommentaar

1. REKENINGKUNDIGE BELEID
Die finansiële jaarstate word volgens die historiese kostegrondslag, tensy anders vermeld, ooreenkomstig Internasionale Finansiële Rapporteringstandaarde (IFRS), die vereistes van die Suid-Afrikaanse Maatskappywet, Wet 61 van 1973, soos gewysig, en die noteringsvereistes van die JSE Beperk opgestel.

Hierdie finansiële state inkorporeer rekeningkundige beleid wat konsekwent in beide jare wat aangebied word, toegepas is. Gedurende die jaar onder oorsig het verskeie nuwe rekeningkundige standpunte, interpretasies en wysigings aan IFRS in werking getree.

Die implementering van hierdie nuwe rekeningkundige standpunte, interpretasies en wysigings aan IFRS het geen uitwerking op die resultate van die huidige of vorige jare gehad nie.

2. VERGELYKBAARHEID MET VORIGE JAAR
Gedurende die vorige finansiële jaar hetverskeie maatskappye in die groep swart ekonomiese bemagtigings (SEB)-transaksies aangegaan. Die rekeningkundige verantwoording van dié transaksies het ’n nie-herhalende koste van R379.7 miljoen op wesensverdienste vir die jaar geëindig 31 Maart 2006 tot gevolg gehad. Weens die wesentlike uitwerking wat die rekeningkundige verantwoording van hierdie transaksies op Remgro se resultate gehad het, word wesensverdienste per aandeel, en die jaar op jaar vergelyking, ook aangebied met uitsluiting van die nie-herhalende gedeelte van SEB-koste.

Sedert 1 Januarie 2006 word Medi-Clinic Korporasie Beperk (Medi-Clinic) as ’n geassosieerde maatskappy verantwoord terwyl dit voorheen gekonsolideer was. Gevolglik is sekere inkomstestaatitems nie direk vergelykbaar met dié van die vorige finansiële jaar nie.

3. RESULTATE
Wesensverdienste

Totale wesensverdienste vir die jaar tot 31 Maart 2007 het met 34.8% vanaf R5 084 miljoen tot R6 853 miljoen toegeneem. Wesensverdienste per aandeel het egter met 37.4% vanaf 1 052.3 sent tot 1 445.4 sent toegeneem vanweë die gunstige uitwerking van die aandeleterugkoopprogram. Uitgesluit Remgro se deel van die nie-herhalende gedeelte van SEB-koste wat deur verskeie beleggingsmaatskappye in die vergelykende jaar aangegaan is, het wesensverdienste en wesensverdienste per aandeel met onderskeidelik 25.4% en 27.8% toegeneem.

Bydrae tot wesensverdienste

    Jaar geëindig 31 Maart  
    Nie-herhalende Nie-herhalende
    gedeelte van gedeelte van
    SEB-koste SEB-koste
    ingesluit uitgesluit
  2007  % ver-  2006  % ver-  2006 
  R’m  andering  R’m  andering  R’m 






Tabakbelange 2 964  25.1  2 369  25.1  2 369 
Finansiële belange 1 529  33.3  1 147  6.5  1 436 
Nywerheidsbelange 1 924  62.5  1 184  50.9  1 275 
Mynbelange 155  (46.2) 288  (46.2) 288 
Korporatiewe          
   finansies en ander          
   belange 281  192.7  96  192.7  96 






  6 853  34.8  5 084  25.4  5 464 






           

Die kommentaar wat hierop volg, wat die resultate met dié van die vorige jaar vergelyk, is gebaseer op wesensverdienste, uitgesluit die nie-herhalende gedeelte van SEB-koste.

Die bydrae van die tabakbelange, wat 43.3% (2006: 43.4%) van wesensverdienste verteenwoordig, het met 25.1% toegeneem.

Wisselkoersbewegings het ’n groter invloed op die groep se verdienste gehad as in die vorige finansiële jaar. Weens die swakker rand het die wisselkoers-uitwerking met die omskakeling van R&R Holdings SA, Luxembourg (R&R) se bydrae tot wesensverdienste toegeneem vanaf ’n ongunstige R26 miljoen in 2006 tot ’n gunstige R420 miljoen, soos in die tabel hieronder uiteengesit.

  Jaar geëindig
  31 Maart
  2007  2006 



     
Gemiddelde wisselkoers (R/£) 13.2898  11.4050 
Sluitingswisselkoers (R/£) 14.3449  10.6437 
R&R se bydrae (£’m) 223  208 
R&R se bydrae (R’m) 2 964  2 369 
Gunstige/(ongunstige) wisselkoersuitwerking (R’m) 420  (26)



     

In pondterme, het R&R se bydrae met 7.2% toegeneem.

FirstRand en RMBH se gesamentlike bydrae tot Remgro se wesensverdienste het R1 529 miljoen (2006: R1 313 miljoen) bedra, ’n styging van 16.5%, danksy goeie resultate van Eerste Nasionale Bank en Rand Aksepbank. In 2006 is dividende van Absa Groep Beperk ten bedrae van R123 miljoen ook in wesensverdienste verantwoord.

Die bydrae van die nywerheidsbelange tot wesensverdienste het met 50.9% toegeneem. Unilever Bestfoods Robertsons en Tsb Sugar het goeie resultate gelewer, terwyl Distell en Rainbow Chicken hul verdienstegroei voortgesit het, met bydraes van onderskeidelik R210 miljoen en R293 miljoen (2006: R164 miljoen en R250 miljoen) tot Remgro se wesensverdienste. Kagiso Trust Investments (Eiendoms) Beperk (KTI) se bydrae tot Remgro se wesensverdienste was R307 miljoen. Gedurende die jaar onder oorsig is KTI se winste gunstig beïnvloed deur billike waarde aanpassings op die omskeppingsreg wat kleef aan sy aandeelhouding in Metropolitan Holdings Beperk voorkeuraandele (R390 miljoen) sowel as ’n nie-herhalende wins gerealiseer met die uitoefening van sy opsie om ’n belang in die FirstRand Empowerment Trust te bekom (R81 miljoen). Aangesien Remgro effektief sy belang in KTI in Desember 2005 bekom het, is geen inkomste van KTI vir die vergelykende jaar verantwoord nie. Medi-Clinic se bydrae tot wesensverdienste het van R200 miljoen in 2006 tot R278 miljoen toegeneem. Dié toename kan hoofsaaklik toegeskryf word aan sekondêre belasting op maatskappye (SBM) wat Medi-Clinic in die vergelykende jaar betaal het op die spesiale dividend wat in Desember 2005 betaal is. Nampak se bydrae tot Remgro se wesensverdienste het R125 miljoen (2006: R107 miljoen) bedra.

Mynbelange se bydrae tot wesensverdienste het met 46.2% tot R155 miljoen (2006: R288 miljoen) afgeneem. Hierdie afname kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die nie-herhalende spesiale dividend ten bedrae van R183 miljoen wat in die vergelykende jaar van Implats ontvang is. Dividende wat van Implats ontvang is, het R147 miljoen (2006: R277 miljoen) bedra. Trans Hex se bydrae tot wesensverdienste was R8 miljoen (2006: R10 miljoen).

Die sentrale tesourie-afdeling se bydrae het van R146 miljoen tot R266 miljoen toegeneem, hoofsaaklik danksy hoër rentekoerse, asook hoër gemiddelde kontantbalanse vergeleke met 2006. Hierby is ook ingesluit buitelandse valutawinste ten bedrae van R65 miljoen (2006: R24 miljoen verlies) ten opsigte van intergroepsaldo’s. Hierdie intergroepsaldo’s is gedurende die afgelope jaar afgelos.

Wesensverdienste is ook gunstig beïnvloed deur die rekeningkundige verantwoording van ’n pensioenfondssurplus ten bedrae van R70 miljoen na die afhandeling van ’n surplusverdelingsproses.

Verdienste
Totale verdienste het met 15.4% tot R6 942 miljoen (2006: R8 202 miljoen) afgeneem, hoofsaaklik weens kapitaal-surplusse met die realisering van beleggings wat gedurende die vergelykende jaar verantwoord is.

4. INTRINSIEKE WAARDE
Remgro se intrinsieke waarde per aandeel het met 40.2% vanaf R157.59 op 31 Maart 2006 tot R221.00 op 31 Maart 2007 toegeneem.

  31 Maart   31 Maart  
  2007  2006 
  R’m  R’m 



Tabakbelange
52 229  34 065 
Finansiële dienste 21 947  17 613 
Nywerheidsbelange 22 072  15 986 
Mynbelange 6 523  4 257 
Ander (12) (400)
Kontant by die kern 4 357  5 795 



  107 116  77 316 
Potensiële KWB-aanspreeklikheid (2 714) (1 699)



Intrinsieke netto batewaarde na belasting 104 402  75 617 



Uitgereikte aandele na aftrekking van aandele    
   teruggekoop en aandele in Die Remgro    
   Aandeletrust (miljoen) 472.4  479.8 
     
Intrinsieke waarde per aandeel (R) R221.00  R157.59 



     

Verdere besonderhede is beskikbaar op die webwerf en sal ingesluit word in die verslag wat aan aandeelhouers gepos sal word.

5. BRITISH AMERICAN TOBACCO PLC (BAT)
Remgro se belang in BAT word verteenwoordig deur sy belang van een-derde van die gewone aandele en al die “2005” deelnemende sekuriteite wat deur R&R uitgereik is. Dit gee Remgro ’n effektiewe belang van 10.4% in BAT, soos op 31 Maart 2007. Die ander twee-derdes van die gewone aandelekapitaal van R&R word deur Compagnie Financière Richemont SA gehou.

Daar was nie ’n verandering in die aantal BAT-aandele wat R&R hou nie. Die positiewe uitwerking van BAT se volgehoue aandeleterugkoopprogram het egter R&R se belang in BAT tot 29.4% op 31 Maart 2007 laat toeneem (2006: 28.9%).

R&R se belang in BAT se verdienste vir die twaalf maande tot 31 Maart 2007 is gebaseer op BAT se resultate vir die jaar geëindig 31 Desember 2006 plus die resultate vir die kwartaal tot 31 Maart 2007 minus die resultate vir die kwartaal tot 31 Maart 2006.

Remgro se deel van R&R se wesensverdienste bestaan uit 35.46% van R&R se deel van die toeskryfbare inkomste van BAT en sy belang in R&R se nie-BAT wins (dit sluit inkomste toeskryfbaar aan sy belegging in die “2006” deelnemende sekuriteite wat gedurende Maart 2006 deur R&R uitgereik is in).

  2007 2006
  £’m £’m

     
Toeskryfbare inkomste van BAT voor kapitale    
   en nie-herhalende items 2 077 1 942

     
R&R se deel van die toeskryfbare inkomste van BAT:    
– 29.06% tot 29.40% (2006: 28.56% tot 28.89%) 607 558
R&R se nie-BAT inkomste 9 29

     
R&R se wesensverdienste vir die jaar geëindig    
   31 Maart 616 587

     
Remgro se belang daarin:    
– 35.46% van R&R se deel van die toeskryfbare    
   inkomste van BAT 215 198
– deel van R&R se nie-BAT inkomste 8 10

     
  223 208

     
  R’m R’m

     
Omgereken teen ’n gemiddelde R/£-koers van    
   13.2898 (2006: 11.4050) 2 964 2 369



     

Die onderstaande kommentaar is op die BAT-jaarverslag vir die jaar geëindig 31 Desember 2006 gebaseer.

BAT se aangesuiwerde verwaterde verdienste per aandeel, wat ’n goeie aanwyser van sy onderliggende vertoning is, het met 10% tot 98.12 pennies per aandeel toegeneem danksy die verbeterde onderliggende bedryfsvertoning van beide filiale en geassosieerdes, ’n verminderde effektiewe belastingkoers, asook die voordeel van die aandeleterugkoopprogram. Dit is teengewerk deur hoër netto finansieringskoste en minderheidsbelange.

Sigaretverkoopvolumes van BAT se filiale het in die jaar tot 31 Desember 2006 met 2% tot 689 miljard op ’n werklike en vergelykbare grondslag toegeneem. Netto inkomste het met 5% op ’n werklike en vergelykbare grondslag gestyg. Hierdie volume- en inkomstegroei het oor ’n wye spektrum van die mark voorgekom. Die vier voorste wêreldhandelsmerke (Kent, Dunhill, Lucky Strike en Pall Mall) het hul indrukwekkende vertoning voortgesit, met ’n groei van 17% in volume. Hierdie handelsmerke verteenwoordig nou meer as 21% van BAT se volumes van filiale, terwyl internasionale handelsmerke saam 40% van die totaal uitmaak.

BAT se bedryfswins was 8% hoër op £2 622 miljoen, of 7% op ’n vergelykbare grondslag, met die Asië-Pasifiese, Latyns-Amerikaanse en Afrika- en die Midde-Ooste streke as beste bydraers.

BAT se geassosieerde maatskappye het hul volumes met 4% tot 241 miljard sigarette verhoog en eersgenoemde se aandeel in die na-belaste resultate het £431 miljoen bedra. Met uitsluiting van uitsonderlike items, het die aandeel in die na-belaste resultate van geassosieerdes, hoofsaaklik van Reynolds American en ITC, met £38 miljoen tot £427 miljoen toegeneem. Die bydrae deur Reynolds American, met uitsluiting van handelsmerkwaardedalings, die voordeel spruitend uit die gunstige uitkoms van sekere belastingaangeleenthede in beide jare, asook ander uitsonderlike kostes in 2005, was £18 miljoen hoër op £285 miljoen. Dit was hoofsaaklik te danke aan beter verkoopspryse en kosteverminderings, wat deels geneutraliseer is deur laer volumes. Die bydrae van ITC, BAT se geassosieerde in Indië, het met £11 miljoen tot £91 miljoen toegeneem.

Verdere inligting oor BAT se prestasie in die verskillende streke sal ingesluit word in die verslag wat aan aandeelhouers gepos sal word en sal ook dan op die webwerf beskikbaar wees.

6. ANDER BELEGGINGS
Die belangrikste veranderinge tot Remgro se ander beleggings gedurende die jaar onder oorsig was soos volg:

Rainbow Chicken Beperk (Rainbow)
Gedurende Maart 2007 het Remgro ingevolge ’n reëlingskema ’n aanbod gemaak ten einde die totale uitgereikte aandelekapitaal van Rainbow wat hy nog nie besit nie, te bekom. Die aanvanklike aanbod was vir ’n kontantvergoeding van R16.00 per Rainbow-aandeel, of 9 Remgro gewone aandele vir elke 100 Rainbow-aandele gehou, of ’n kombinasie van bostaande. Op 5 Junie 2007 het Rainbow se aandeelhouers teen die reëlingskema gestem.

’n Alternatiewe aanbod bestaande uit ’n kontantvergoeding van R16.00 per Rainbow-aandeel of 8.1 Remgro gewone aandele vir elke 100 Rainbowaandele gehou, of ’n kombinasie daarvan, het op 6 Junie 2007 in werking getree. Die laaste datum van verhandeling ten einde aan die alternatiewe aanbod deel te neem is 22 Junie 2007.

Sedert 6 Junie 2007 het Remgro, tot datum, 7 841 819 Rainbow-aandele in die ope mark teen R16.00 per aandeel vir ’n totale bedrag van R126.0 miljoen aangekoop.

KTI en die Kagiso Infrastructure Empowerment Fund (KIEF)
Remgro het ooreenkomste met KTI en KIEF aangegaan ingevolge waarvan Remgro hom verbind het om R350 miljoen in KIEF te belê. Die fonds het ’n teikengrootte van R650 miljoen en beoog om in infrastruktuurprojekte, insluitende paaie, lughawens, kragstasies, telekommunikasie-installasies, spoorwegnetwerke, hawens en water- en sosiale infrastruktuur, te belê. Teen 31 Maart 2007 was R4.7 miljoen van die R350.0 miljoen belê.

RMB Holdings Beperk (RMBH)
Gedurende die jaar onder oorsig het Remgro ’n verdere 6 836 847 RMBH-aandele teen ’n gemiddelde prys van R28.88 vir ’n totale bedrag van R197.5 miljoen bekom. Op 31 Maart 2007 was Remgro se belang in RMBH 23.7% (2006: 23.1%).

Business Partners Beperk (Business Partners)
Gedurende Januarie 2007 het Remgro ’n verdere 7 070 699 Business Partners-aandele vir ’n totale bedrag van R42.2 miljoen verkry. Op 31 Maart 2007 was Remgro se belang in Business Partners 21.3% (2006: 17.8%).

Weens die verhoogde belang, is Business Partners met ingang van 31 Maart 2007 herklassifiseer as ’n belegging in ’n geassosieerde maatskappy, terwyl dit voorheen onder “Beleggings – Ander” verantwoord is. Slegs dividendinkomste van Business Partners ten bedrae van R5.2 miljoen is gedurende die jaar onder oorsig verantwoord. Met ingang van 1 April 2007 sal Business Partners volgens die ekwiteitsmetode verantwoord word.

Gencor Beperk (Gencor)
Op 14 Maart 2006 is Gencor onder vrywillige likwidasie geplaas en ’n likwidasiedividend van R0.20 per aandeel is verklaar. In Mei 2006 het Remgro R7.6 miljoen ontvang.

Sage Groep Beperk (Sage)
Soos voorheen gerapporteer, het Remgro gedurende die vorige finansiële jaar sy 17.9%-belang in Sage aan Momentum Groep Beperk verkoop vir R114 miljoen, of R1.75 per Sage-aandeel. Die verkoopprys het uit ’n aanvanklike betaling van R1.42 per aandeel en ’n potensiële verdere betaling van tot ’n maksimum van R0.33 per aandeel bestaan. Die aanvanklike betaling in September 2005 het R92 miljoen bedra.

Gedurende die jaar onder oorsig het Remgro ’n verdere R6 miljoen, of R0.09 per Sage-aandeel, as gedeeltelike betaling van die potensiële verdere betaling, wat nog onderhewig was aan die uitklaring van sekere belastinggeskille, ontvang.

Op 8 Junie 2007 het Remgro R17 miljoen, of R0.27 per Sage-aandeel, as finale uitkering ontvang nadat die belastinggeskille waarna hierbo verwys word, suksesvol opgelos is.

Medi-Clinic Korporasie Beperk (Medi-Clinic)
In Desember 2006 het Remgro ’n verdere 140 000 Medi-Clinic-aandele ten bedrae van R3.3 miljoen verkry. Op 31 Maart 2007 was Remgro se belang in Medi-Clinic 47.6% (2006: 48.0%).

Terugkoop van Remgro-aandele
Gedurende die jaar onder oorsig het ’n volfiliaalmaatskappy van Remgro ’n verdere 7 174 384 Remgro gewone aandele teen ’n gemiddelde prys van R143.71 vir ’n totale bedrag van R1 031.0 miljoen aangekoop. Op 31 Maart 2007 is 8 554 019 Remgro gewone aandele (1.9%) as tesourie-aandele gehou. Geen afgeleide transaksies wat tot die terugkoop van Remgro-aandele aanleiding kon gee, is gedurende die jaar onder oorsig aangegaan nie.

Die Remgro Aandeletrust het gedurende die jaar onder oorsig 563 000 Remgro gewone aandele teen ’n gemiddelde prys van R132.68 vir ’n totale bedrag van R74.7 miljoen aangekoop, terwyl 262 016 aandele aan deelnemers gelewer is teen betaling van die inskrywingsprys.

Sedert die jaareinde

PG Groep van Maatskappye (PG)
Remgro het, onderhewig aan sekere opskortende voorwaardes, ’n belang van 25% vir R700 miljoen in PG verkry. Na verwagting sal die transaksie op die kort termyn, nie ’n wesentlike invloed op Remgro se verdienste hê nie.

PG is die grootste motorvoertuig- en bouglas maatskappy in Afrika met ’n suksesvolle geskiedenis van meer as ’n 100 jaar. PG Glass en Shatterprufe word beskou as twee van die sterkste handelsmerke in Suidelike Afrika en is sinoniem met motorvoertuig- en bouglas in die streek. Verder is PG ook ’n groot uitvoerder van motorvoertuigglas na Europa en die Verenigde State van Amerika. PG bedryf ’n wye verskeidenheid vervaardigers en groot- en kleinhandelbedrywe in beide die motorvoertuig- en boumarkte. ’n Nuwe “dryfglas”-aanleg (’n R800 miljoen belegging) wat met die jongste tegnologie toegerus is en kapasiteit met 80% sal verhoog, is gedurende April 2007 in gebruik gestel. Dié aanleg sal tot gevolg hê dat Suid-Afrika ’n netto uitvoerder van “dryfglas” word. Daarbenewens het PG beduidende beleggings in sy motorvoertuigglas-aanlegte gemaak. Hy is nou ideaal geposisioneer om voordeel te trek uit die groei in die bou- en motorvoertuigsektore.

Tsb Sugar Holdings (Eiendoms) Beperk (Tsb Sugar)
Tsb Sugar het op 31 Januarie 2007 ’n ooreenkoms aangegaan om sekere suikerrietplase in die Nkomazi-area aan grondeisers kragtens ’n grondhervormingstransaksie vir ’n bedrag van R285 miljoen te verkoop. Die effektiewe datum van die transaksie is 1 April 2007.

Die plase en biologiese landboubates sal van die nuwe eienaars gehuur word en ’n gesamentlike bestuursmaatskappy sal elke plaas bestuur. Tsb Sugar en die nuwe eienaars het elk ’n 50%-belang in die bestuursmaatskappye.

7. KONTANTBRONNE EN AANWENDING
Die maatskappy se kontantbronne op 31 Maart 2007 is soos volg:

  Plaaslik  Buiteland  Totaal 
  R’m  R’m  R’m 




Per gekonsolideerde balansstaat 1 867  3 137  5 004 
Min: Kontant van ander bedryfsfiliale (647) –  (647)




Kontant by die kern 1 220  3 137  4 357 
Kontant by die kern –  2 151  2 151 




Beskikbare kontant 1 220  5 288  6 508 




       

Die finale gewone dividend per aandeel is met 23.2% verhoog tot 281 sent. Totale gewone dividende per aandeel ten opsigte van die finansiële jaar tot 31 Maart 2007 het gevolglik met 20.2% gestyg, vanaf 361 sent tot 434 sent.

Die totale distribusie aan aandeelhouers ten opsigte van die finansiële jaar is soos volg:

(Gebaseer op die totale uitgereikte aandele 2007 2006
ten tye van betaling) R’m R’m



Gewoon    
– Tussen 741 694
– Finaal 1 361 1 104



  2 102 1 798
Spesiaal 1 937



Totaal 2 102 3 735



     

Die direksie is van mening dat die groep se kontantbronne, na inagname van bostaande distribusie aan aandeelhouers, voldoende sal wees om beleggingsgeleenthede te benut en die aandeelterugkoopprogram voort te sit.