Beleggingsfilosofie – Remgro belê in ondernemings wat voortreflike verdienste en dividendgroei oor die lang termyn kan voorsien. Dit behels die verkryging van betekenisvolle belange in maatskappye wat goeie bestuur het en wat oor die vermoë beskik om sterk kontantopbrengste en groei voort te bring. Remgro gaan strategiese verbintenisse op ’n vennootskapsgrondslag aan en beywer hom om, waar moontlik, waarde toe te voeg. Die doel is om uitmuntende opbrengste in die vorm van dividendvloei en kapitaalgroei vir aandeelhouers te verseker.
HOOFTREKKE
- Wesensverdienste per aandeel: +37.4%
- Wesensverdienste per aandeel – uitgesluit nie-herhalende gedeelte van SEB-koste in die vorige tydperk: +27.8%
- Gewone dividend per aandeel: +20.2%
- Intrinsieke waarde per aandeel op jaareinde: R221.00
- Vyfjaar saamgestelde groeikoerse:
– Wesensverdienste per aandeel: 12.2% p.j.
– Gewone dividend per aandeel: 16.1% p.j.