| VERSLAG VAN DIE RAAD VAN DIREKTEURE |
|
VIR DIE JAAR GEËINDIG 31 MAART 2003
|
| Geagte Aandeelhouer | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Die raad doen met genoeë verslag oor die bedrywighede en finansiële resultate vir die jaar onder oorsig. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Aard van bedrywighede | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Die maatskappy is 'n beleggingshouermaatskappy. Kontant-inkomste bestaan hoofsaaklik uit dividende en rente. Die gekonsolideerde finansiële jaarstate inkorporeer ook die geëkwiteerde toeskryfbare inkomste van geassosieerde maatskappye. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Die belange van die groep bestaan hoofsaaklik uit beleggings in onder andere tabakprodukte, bankwese en finansiële dienste, drukwerk en verpakking, ingenieurswese en motorkomponente, kleefstowwe, langtermynversekering, mediese dienste, mynwese, petroleumprodukte, voedsel, wyn en spiritualieë en verskeie ander handelsmerkprodukte. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Resultate | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Jaar geëindig 31 Maart: |
2003
|
2002
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Wesensverdienste (R miljoen) |
4 914
|
4 252
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| per aandeel (sent) |
945.8
|
814.5
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Basiese verdienste netto wins vir die jaar (R miljoen) |
8 744
|
3 507
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| per aandeel (sent) |
1 682.9
|
671.8
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Dividende (R miljoen)* |
1 295
|
1 597
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| gewoon per aandeel (sent |
248.00
|
206.00
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| spesiaal per aandeel (sent) |
|
100.00 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| * Die finale dividend van 160 sent (2002: 133 sent) per aandeel is verklaar na jaareinde en is gevolglik nie in die | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| finansiële jaarstate voorsien nie. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Beleggings | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Die belangrikste veranderinge gedurende die jaar onder oorsig was soos volg: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| R&R Holdings SA, Luxembourg (R&R) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
R&R besit 604.3 miljoen gewone aandele en 120.9 miljoen omskepbare
aflosbare deelnemende voorkeuraandele in British American Tobacco Plc
(BAT). Die voorkeuraandele sal op 7 Junie 2004 teen 'n vaste prys van
675 pennies per aandeel vir kontant afgelos word, tensy dit voor dié
datum verkoop word, in welke geval die voorkeuraandele outomaties in BAT-gewone
aandele sal omskep.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Gedurende Januarie 2003 het R&R verhandelbare koopopsies, wat op die Luxembourg Aandelebeurs genoteer is, uitgereik. Dié koopopsies gee aan die houer van elke opsie die reg om op 28 Mei 2004 een gewone BAT-aandeel van R&R te ontvang teen betaling van 675 pennies. Die uitreiking van die koopopsies verbind R&R effektief tot die vervreemding van die BAT-voorkeuraandele, hetsy deur die uitoefening van die opsies, of deur die aflossing daarvan deur BAT. Die koopopsies realiseer die waarde van die opsieregte vervat in die voorkeuraandele. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Sedert Januarie 2003 verantwoord R&R nie meer hierdie voorkeuraandele as deel van sy ekwiteitsbelegging in BAT nie, maar as skuld teen die verdiskonteerde huidige waarde van die 675 pennies ontvangbaar in Junie 2004, sowel as die huidige waarde van die verwagte dividende ontvangbaar. Dié hantering weerspieël die beperkte lewensduur van die BAT-voorkeuraandele. Die herklassifikasie van die belegging in BAT-voorkeuraandele het daartoe gelei dat R&R 'n uitsonderlike wins gerapporteer het, synde die verskil tussen die waardasie en boekwaarde. Remgro se deel van dié wins beloop R3 204.4 miljoen en is as 'n uitsonderlike item verantwoord. Vir die nege maande geëindig 31 Desember 2002 was R&R se effektiewe belang in BAT 31.5%. Dit weerspieël die belang in beide die gewone en voorkeuraandele. Vir die driemaande-periode geëindig 31 Maart 2003 het R&R sy effektiewe 27.9% belang in BAT-gewone aandele volgens die ekwiteitsmetode verantwoord, terwyl die beweging in die huidige waarde van die voorkeuraandele as beleggingsinkomste verantwoord is. Laasgenoemde word verder uitgebrei in die Tabakgedeelte in die Algemene Oorsig. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Terugkoop van Remgro-aandele | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Gedurende die jaar onder oorsig het Remgro se volfiliaalmaatskappy,
Remgro Investments (Eiendoms) Beperk, 11 616 128 gewone aandele
teen 'n totale koste van R704.4 miljoen, of R60.64 per aandeel, aangekoop.
Dit verteenwoordig 2.4% van die uitgereikte gewone aandele en word as
tesourie-aandele gehou.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Standard Bank Investment Corporation Beperk
(Stanbic)
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die 3.1 miljoen Stanbic-aandele wat in April 2000 by wyse van 'n dividend
in spesie uit Gencor Beperk se ontbondeling ontvang is, is gedurende Mei
2002 vir R110.6 miljoen verkoop. 'n Kapitaalsurplus van R77.1 miljoen,
na belasting, is met dié transaksie gerealiseer, en is as 'n uitsonderlike
item verantwoord.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| FirstRand Beperk (FirstRand) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
'n Verdere belegging van R111 miljoen is gedurende Mei 2002 in FirstRand
gemaak. Sedertdien is Remgro se direkte belang in FirstRand 9.6%.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Malbak Beperk (Malbak) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Die reëlingskema tussen Malbak en sy aandeelhouers is op 14 Augustus 2002 deur die Hooggeregshof van Suid-Afrika bekragtig. Ingevolge die skema het Remgro 74 374 104 Nampak Beperk (Nampak) -aandele en R167.7 miljoen in kontant ontvang in ruil vir sy Malbak-aandele. 'n Kapitaalsurplus van R310.4 miljoen, na belasting, is met dié transaksie gerealiseer, en is as 'n uitsonderlike item verantwoord. Gedurende Augustus 2002 het Remgro 'n verdere belegging van R159.0 miljoen in Nampak gemaak. Sedertdien is Remgro se belang in Nampak 13.5%. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Die resultate van Malbak is vir die vier maande tot 31 Julie 2002 en dié van die vergrote Nampak vir die agt maande tot 31 Maart 2003 volgens die ekwiteitsmetode verantwoord. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Universa (Eiendoms) Beperk (Universa) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Op 20 Augustus 2002 het die Mynwerknemers Pensioenfonds en Sentinel
Mynindustrie-aftreefonds (gesamentlik die MPFe), Sage Groep Beperk (Sage)
en Financial Securities Beperk (FSL), 'n volfiliaal van Remgro, (gesamentlik
die Universa-aandeelhouers) en Sanlam Beperk (Sanlam) bekend gemaak dat
hulle die ooreenkomste tussen hulle ten opsigte van hulle belange in Absa
Groep Beperk (Absa) herstruktureer het. Hierbenewens het FSL, die MPFe
en Sanlam 'n nuwe Absa-aandeelhouersooreenkoms aangegaan. Sage het verkies
om hom aan die bestaande Absa-aandeelhouersooreenkoms te onttrek en neem
nie deel aan die nuwe Absa-aandeelhouerspoel nie.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Die ontbondeling van Universa se aandeelhouding in Absa is op 8 November 2002 gefinaliseer. Aansoek om die vrywillige likwidasie van Universa is op 22 Januarie 2003 gedoen. Remgro se direkte belang in Absa is 9.4%. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Hunt Leuchars & Hepburn Holdings Beperk (HL&H) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die reëlingskemas waarvolgens Industrial Partnership Investments
Beperk (IPI), 'n volfiliaal van Remgro, al die gewone en voorkeuraandele
wat hy nie in HL&H besit het nie, verkry het, is op 22 Oktober 2002
deur die Hooggeregshof van Suid-Afrika bekragtig.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Die notering van HL&H-aandele op die JSE Sekuriteitebeurs Suid-Afrika (JSE) is op 28 Oktober 2002 beëindig. Kragtens die reëlingskemas het IPI op 4 November 2002 60.0 miljoen HL&H-gewone aandele en 37.9 miljoen HL&H-voorkeuraandele verkry vir 'n totale bedrag van R985.6 miljoen. HL&H is sedertdien 'n volfiliaal van Remgro. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Robertsons Holdings (Eiendoms) Beperk (Robertsons) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Daar is gedurende September 2001 aangekondig dat Robertsons en Unilever
Plc (Unilever) 'n beginselooreenkoms gesluit het ingevolge waarvan beide
beoog het om hul belange in die gesamentlike onderneming tussen Robertsons
en Bestfoods Europa te herstruktureer. Dit was 'n regstreekse gevolg van
Unilever se verkryging van Bestfoods se wêreldwye belange.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Met ingang van 1 April 2002 het die nuwe Unilever Bestfoods Robertsons (UBR) onderneming, waarin Robertsons 41% hou, tot stand gekom. Vanaf dié datum word die belang in UBR geëkwiteer. In die verlede is die belang in die vorige Bestfoods Robertsons gesamentlike onderneming proporsioneel gekonsolideer. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Medi-Clinic Korporasie Beperk (Medi-Clinic) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die belang in Medi-Clinic het op 31 Maart 2003 52.4% beloop. Voorheen
is die belang bo 50% tydelik geag weens personeelopsies wat nog nie uitgeoefen
is nie en wat die belang tot 50% of minder sou verwater. Weens die terugkoop
van aandele deur Medi-Clinic, sal dié verwagte verwatering tot
minder as 50% waarskynlik nie plaasvind nie en gevolglik is Medi-Clinic
vanaf 1 April 2002 as 'n filiaalmaatskappy gekonsolideer.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Sedert die jaareinde: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Total South Africa (Eiendoms) Beperk | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
'n Bemagtigingstransaksie is onlangs aangekondig. Die aandeelhouers
van Total South Africa, naamlik Total Frankryk, Remgro en Old Mutual,
het op 30 April 2003 hul aandeelhouding herskik en Total South Africa
het 25% van sy stemdraende kapitaal aan Tosaco (Eiendoms) Beperk (Tosaco)
vir kontant uitgereik. Total Frankryk hou nou 50.1% van Total South Africa,
Remgro 24.9% en Tosaco 25.0%.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Gencor Beperk (Gencor) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die ontbondeling van Gencor se belang in Impala Platinum Holdings
Beperk (Impala) by wyse van 'n dividend in spesie is op 25 April 2003
deur Gencor se aandeelhouers goedgekeur.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Gencor-aandeelhouers het hul Impala-aandele op 18 Junie 2003 ontvang.
Ingevolge die JSE se noteringsvereistes sal Gencor se notering ses maande
ná die voorgestelde ontbondeling opgeskort word. Remgro se belang
in Impala sal ongeveer 5.0% wees en sal nie volgens die ekwiteitsmetode
verantwoord word nie.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Sage Groep Beperk (Sage) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Op 9 April 2003 het Sage aangekondig dat dié maatskappy beoog
om addisionele kapitaal ten bedrae van R350 miljoen te bekom.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Dit sal gedoen word deur 'n uitgifte van aandele aan 'n konsortium van beleggers, verteenwoordig deur, en wat insluit, AVASA Holdings Beperk, sowel as 'n regte-uitgifte aan alle aandeelhouers van Sage. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Remgro se maksimum blootstelling ingevolge die onderskrywingsooreenkoms beloop R92.5 miljoen. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Groep finansiële oorsig | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Vorige jaar aansuiwerings | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Verandering in rekeningkundige beleid
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die rekeningkundige beleid ten opsigte van die maatskappy se langtermyn
aandele-aansporingskema (die "skema") is verander.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
In die verlede is die verwaterde wesens- en basiese verdienste per
aandeel gebaseer op die geweegde aantal uitgereikte aandele na aanpassing
vir die verwateringseffek van aandele wat aan deelnemers van die skema
uitgereik sou word. Die trustees van die aandeletrust het intussen besluit
om aandele vir hierdie doel eerder in die ope mark aan te koop en 3 950
000 aandele ten bedrae van R277 miljoen is in Junie 2002 aangekoop.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Die beraamde koste van die skema, na inagname van dividende ontvang op die betrokke aandele, word gelykmatig oor 'n tydperk van vier jaar teen inkomste en wesensverdienste verantwoord, met 'n ooreenstemmende krediet teen ekwiteit. Die vergelykende syfers is hersaamgestel ten opsigte van die gedeelte wat toedeelbaar is aan die verstreke tydperke. Die uitwerking van die verandering in rekeningkundige beleid op die wesensverdienste en wesensverdienste per aandeel was soos volg: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
31 Maart
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
2002
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Wesensverdienste
|
R miljoen
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Voorheen gerapporteer
|
4 277
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Netto skemakoste vir die jaar
|
(25)
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Hersaamgestelde wesensverdienste |
4 252
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Netto skemakoste vir die jaar tot 31 Maart 2003 bedra R16 miljoen.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
31 Maart
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
2002
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Wesensverdienste per aandeel
|
Sent
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Voorheen gerapporteer |
819.3
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Netto skemakoste vir die jaar
|
(4.8)
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Hersaamgestelde wesensverdienste per aandeel
|
814.5
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Netto skemakoste per aandeel vir die jaar tot 31 Maart 2003 bedra
3.1 sent.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| RE 433 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Gedurende die jaar onder oorsig het die maatskappy RE 433: Konsolidasie
en ekwiteitsverantwoording Potensiële stemregte en allokasie
van eienaarsbelang, geïmplementeer. Die uitwerking op verdienste
vir die jaar geëindig 31 Maart 2002 was nie wesentlik nie, derhalwe
is die vergelykende inkomstestaat nie hersaamgestel nie.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Vergelykbaarheid | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Balansstaat | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die ontleding van "Ekwiteit" en "Bron van wesensverdienste" hieronder
dui die afdelings aan waarin die belange ingedeel is. Elke afdeling verteenwoordig
die hoofbedryfsektor van die beleggings wat daaronder ingedeel is. Geen
aansuiwering is gemaak vir gevalle waar 'n maatskappy hoofsaaklik in een
sektor bedrywig is maar ook belange in 'n ander sektor het nie.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
2003
|
2002
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
R per
|
R per
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
R miljoen
|
aandeel
|
R miljoen
|
aandeel
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Ekwiteit aangewend |
|
|
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Belang van eie lede
|
27 809
|
54.49
|
24 062
|
46.10
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Aanwending van ekwiteit
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Handelsmerkbelange | 10 001 | 19.59 | 8 117 | 15.55 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Finansiële dienste | 8 735 | 17.11 | 8 222 | 15.75 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Nywerheidsbelange | 5 877 | 11.52 | 4 158 | 7.97 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Mynbelange | 866 | 1.70 | 748 | 1.43 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Korporatiewe finansies en ander belange | 2 330 | 4.57 | 2 817 | 5.40 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| 27 809 | 54.49 | 24 062 | 46.10 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Inkomstestaat
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
2003
|
2002
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
R miljoen
|
%
|
R miljoen
|
%
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Bron van wesensverdienste
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Handelsmerkbelange | 2 498 | 51 | 2 167 | 51 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Finansiële dienste | 1 121 | 23 | 958 | 23 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Nywerheidsbelange | 696 | 14 | 570 | 13 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Mynbelange | 322 | 7 | 306 | 7 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Korporatiewe finansies en ander belange | 277 | 5 | 251 | 6 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| 4 914 | 100 | 4 252 | 100 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
2003
|
2002
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
R miljoen
|
R miljoen
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Samestelling van wesensverdienste
|
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Filiaalmaatskappye en gesamentlike ondernemings |
600
|
389
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Winste |
605
|
395
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Verliese |
(5)
|
(6)
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Geassosieerde maatskappye |
4 314
|
3 863
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Winste |
4 316
|
3 914
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Verliese |
(2)
|
(51)
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
4 914
|
4 252
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Maatskappy netto wins en aanwending | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Die maatskappy se eie verdeelbare reserwes aan die begin van die jaar bedra |
8 000
|
7 350
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Netto wins vir die jaar |
1 352
|
1 584
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Dividend Nr 4 van 133.00c per aandeel betaal in Augustus 2002 (2001: 106.00c) |
(694)
|
(553)
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Spesiale dividend van 100.00c per aandeel betaal in Augustus 2002 |
(522)
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Dividend Nr 5 van 88.00c per aandeel betaal in Januarie 2003 (2002: 73.00c) |
(460)
|
(381)
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Die maatskappy se eie verdeelbare reserwes
wat oorgedra word na die volgende jaar bedra |
7 676
|
8 000
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Aandeleskema | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Gedurende die jaar het die trustees van die Remgro Aandeleskema (die
"skema") van die gewone aandele aan deelnemers aangebied soos volg: (Verwys
ook aantekening 27)
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die huidige stand van die Remgro Aandeleskema is soos volg:
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Gemiddelde
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
aandbodprys
|
Aantal
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
(Rand)
|
aandele
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Gewone aandele aangebied en aanvaar:
|
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Vorige finansiële jaar |
44.31
|
3 952 638
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Aangebied en aanvaar in huidige finansiële jaar |
65.56
|
20 120
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Aangebied in vorige finansiële jaar en aanvaar in huidige finansiële jaar |
63.11
|
24 123
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Diensverlatings |
(32 198)
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Totaal aanvaar soos op 31 Maart 2003 |
44.53
|
3 964 683
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die aanbiedinge is geldig vir een jaar vanaf die datum van aanbod.
Die skema is 'n uitgestelde aankoopskema en betaling geskied in drie gelyke
jaarlikse paaiemente waarvan die eerste paaiement eers na drie jaar betaalbaar
word. Deelnemers het geen regte tot lewering, stemming of dividende op
aandele voordat betaling geskied nie. Deelnemers kan kies om op 'n later
datum te betaal met die gevolglike uitstel van regte. Betaling moet egter
voor die verstryking van tien jaar geskied.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Diensmaatskappy | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
'n Ooreenkoms is in 2000 met 'n diensmaatskappy, M&I Bestuursdienste
(Eiendoms) Beperk (M&I), aangegaan om bestuurs- en ondersteunende
dienste aan Remgro te verskaf. Die aandeelhouers van M&I is werknemers
van M&I, wat al die uitgereikte gewone aandele besit. Rembrandt Trust
(Eiendoms) Beperk (Rembrandt Trust) besit al die A-gewone aandele van
M&I. Die A-gewone aandele het slegs stemreg, maar het geen regte tot
die inkomste of bates van M&I nie.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Remgro betaal fooie aan M&I wat die oorhoofse koste ten opsigte van die bestuur van Remgro dek. Hierdie fooie sal nie 0.463% per jaar van die markkapitalisasie van Remgro, bereken op 'n gemiddelde maandelikse basis, oorskry nie. Hierdie persentasie mag nie oorskry word sonder dat 75% van alle klasse aandeelhouers van Remgro daartoe instem nie. Die fooie vir die afgelope jaar word in aantekening 16 by die finansiële jaarstate aangedui. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Hoofaandeelhouer | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Rembrandt Trust hou al die uitgereikte ongenoteerde B-gewone aandele
van die maatskappy en is geregtig op 42.2% van die totale stemreg.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| 'n Ontleding van die aandeelhouers verskyn op bladsy 4. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Filiaalmaatskappye en beleggings | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Besonderhede van filiaalmaatskappye, geassosieerde maatskappye en
ander beleggings word in Bylae A en B uiteengesit.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Direkteure | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Mnr P J Erasmus het op 28 Augustus 2002 as 'n nie-uitvoerende direkteur
afgetree.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die name van die direkteure verskyn op bladsye 6 en 7.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kragtens die bepalings van die statute tree mnre D M Falck, J F Mouton, F Robertson, J P Rupert en P G Steyn volgens rooster as direkteure af. Hierdie direkteure is en stel hulself herkiesbaar. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Die volgende direkteure van die maatskappy dien op direksiekomitees: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Mnr P J Erasmus het op 28 Augustus 2002 uitgetree as voorsitter van die ouditkomitee en as lid van die vergoedingskomitee. Mnr P G Steyn is op 28 Augustus 2002 aangestel as voorsitter van die ouditkomitee. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Belang van direkteure | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Die direkte en indirekte belange van direkteure in die uitgereikte gewone aandelekapitaal van die maatskappy, het in totaal op 31 Maart 2003, 0.63% (2002: 0.63%) bedra. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Mnr J P Rupert is 'n direkteur van Rembrandt Trust wat die houer is van al die uitgereikte ongenoteerde B-gewone aandele. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| 'n Ontleding van die belange van direkteure in die uitgereikte kapitaal van die maatskappy verskyn op bladsy 5. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Direkteursvergoeding
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die raad beveel aan dat die totale direkteursvergoeding betaalbaar
vir dienste as direkteure die afgelope finansiële jaar gelewer, op
R900 420 (2002: R499 000) vasgestel word.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Aankoop van aandele van die maatskappy
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Daar word aanbeveel dat 'n algemene magtiging aan die raad toegestaan
word om, indien omstandighede dit regverdig, die maatskappy se eie aandele
te verkry en om goedkeuring aan enige filiaalmaatskappye van die maatskappy
te gee om aandele in die maatskappy te verkry, onderhewig aan die bepalings
van die Maatskappywet 61 van 1973, soos gewysig en die noteringsvereistes
van die JSE.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Spesiale besluite om hierdie algemene magtiging aan die raad te verleen, is ingesluit in die kennisgewing vir die algemene jaarvergadering wat op bladsy 75 verskyn. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Dividende | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Dividend Nr 6 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
'n Finale dividend van 160 sent (2002: 133 sent) per aandeel is verklaar
ten opsigte van beide die gewone aandele van een sent elk en die ongenoteerde
B-gewone aandele van tien sent elk, vir die finansiële jaar wat op
31 Maart 2003 geëindig het.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Saam met die tussendividend van 88 sent (2002: 73 sent) per aandeel wat gedurende Januarie 2003 betaal is, bedra die totale dividende vir die finansiële jaar 248 sent (2002: 206 sent) per aandeel. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Betaling | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die finale dividend is betaalbaar aan aandeelhouers van die maatskappy
wat op Vrydag, 15 Augustus 2003, geregistreer is.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Aandeelhouers wat op die betaaldatum, Maandag 18 Augustus 2003, steeds gesertifiseerde aandele hou, se dividende sal volgens bestaande opdragte elektronies oorbetaal word in hul bankrekeninge of anders sal tjeks na hulle geregistreerde adresse gepos word. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Dividende ten opsigte van gedematerialiseerde aandele word deur middel van die STRATE-stelsel betaal. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Aandeelhouers mag nie in die periode van Maandag, 11 Augustus 2003 tot Vrydag, 15 Augustus 2003, beide datums ingesluit, hulle aandeelsertifikate dematerialiseer/rematerialiseer nie. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Sekretaris | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die naam en adres van die maatskappysekretaris verskyn op bladsy 74.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Goedkeuring | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die finansiële jaarstate op bladsye 34 tot 73 uiteengesit, is
deur die raad goedgekeur.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Geteken namens die raad van direkteure. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||