{"id":517,"date":"2014-08-05T15:44:40","date_gmt":"2014-08-05T13:44:40","guid":{"rendered":"https:\/\/www.remgro.com\/governance-and-sustainability\/stakeholder-engagement\/"},"modified":"2019-10-30T04:34:46","modified_gmt":"2019-10-30T02:34:46","slug":"verhoudinge-met-belanghebbendes","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/verhoudinge-met-belanghebbendes\/","title":{"rendered":"Verhoudinge met belanghebbendes"},"content":{"rendered":"<p class=\"lead\">Ons verhouding met alle belanghebbendes is gegrond op die volgende waardes wat in Remgro se Etiese Kode verskans en daardeur ondersteun word, waardes wat effektiewe leierskap deur die Remgro-direksie ondersteun om met verloop van tyd strategiese doelwitte en positiewe uitkomste te behaal:<\/p>\n<ul>\n<li><b><em>Integriteit<\/em><\/b>, deur eties op te tree, bo en behalwe gewone nakoming<\/li>\n<li><b><em>Bevoegdheid<\/em><\/b> om te verseker dat die nodige sorg, kundigheid en omsigtigheid gehandhaaf word<\/li>\n<li><b><em>Verantwoordelikheid<\/em><\/b> vir die bates en bedrywighede van die maatskappy<\/li>\n<li><b><em>Aanspreeklikheid<\/em><\/b> om sy besluite en bedrywighede teenoor aandeelhouers en ander belanghebbendes te regverdig<\/li>\n<li><b><em>Billikheid<\/em><\/b> in die beoordeling van belanghebbendes se regmatige belange<\/li>\n<li><b><em>Deursigtigheid<\/em><\/b> in die verskaffing van inligting op \u2019n wyse wat belanghebbendes in staat stel om ingeligte besluite oor die maatskappy se vertoning en volhoubaarheid te maak<\/li>\n<\/ul>\n<p>Remgro se direksie is die uiteindelike bewaarder van sy korporatiewe reputasie en verhoudinge met belanghebbendes. In hierdie verband spel \u2019n formele beleid Remgro se benadering en strategie ten opsigte van verhoudinge met belanghebbendes uit om te verseker dat die benadering die toepaslike riglyne van korporatiewe bestuur in ag neem.<\/p>\n<p>Remgro gebruik \u2019n wye verskeidenheid kommunikasiemetodes om te verseker dat sy kommunikasie met belanghebbendes duidelik en verstaanbaar, sowel as deursigtig, ewewigtig en geloofwaardig is en alle relevante feite, hetsy positief of negatief, uiteensit. Sorg word gedra dat skakeling met belanghebbendes, waar moontlik, nie slegs eenrigting-kommunikasie behels nie, maar opbouende vennootskaps-gegronde betrokkenheid verteenwoordig. Dit verseker dat die regmatige verwagtinge van alle belanghebbendes, sover moontlik, ge\u00efdentifiseer en hanteer word.<\/p>\n<p>Remgro, soos ander organisasies, het \u2019n ekonomiese impak op belangegroepe, onder andere deur die voortbring en verspreiding van waarde, die skep van werksgeleenthede, billike en mededingende vergoeding aan werknemers, asook korporatiewe maatskaplike besteding. Ons bestuur hierdie kwessies deurlopend en kommunikeer met belangegroepe oor kwessies wat hulle raak, soos elders in hierdie verslag berig word.<\/p>\n<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1500\" height=\"924\" src=\"https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/verhoudinge.png\" alt=\"\" class=\"alignnone size-full wp-image-9368\" srcset=\"https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/verhoudinge.png 1500w, https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/verhoudinge-300x185.png 300w, https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/verhoudinge-768x473.png 768w, https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/verhoudinge-1024x631.png 1024w, https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/verhoudinge-86x53.png 86w\" sizes=\"auto, (max-width: 1500px) 100vw, 1500px\" \/>\n<h3 class=\"gov-txt-blue-upper\">AANDEELHOUERS EN DIE BELEGGERSGEMEENSKAP<\/h3>\n<p>Remgro se hoofdoelwit is om waardeskepping en volhoubare groei te maksimeer en in hierdie verband word besondere moeite gedoen om te verseker dat alle aandeelhouers of aandeelhouersklasse regverdig behandel word. Spesiale sorg word geneem om minderheidsaandeelhouers teen optrede deur, of in die belang van, die hoofaandeelhouer te beskerm wat tot hul nadeel mag wees. In hierdie verband tree die hoof onafhanklike direkteur op as voorsitter van vergaderings in omstandighede waar die onafhanklikheid van die bestaande voorsitter potensieel teenstrydig mag wees.<\/p>\n<p>Kommunikasie met beleggers is op die beginsels van tydige, ewewigtige, duidelike en deursigtige inligting gegrond. In hierdie opsig het die beleggersgemeenskap toegang tot dieselfde inligting waaroor Remgro se aandeelhouers beskik. Duidelike protokolle bestaan wat die aard, omvang en frekwensie van kommunikasie met beleggers re\u00ebl. Aandeelhouers en die beleggersgemeenskap word aangemoedig om Remgro se algemene jaarvergaderings by te woon, waar aktuele sake openlik bespreek word. Verdere interaksie met institusionele beleggers vind twee keer per jaar by die inbel-aanbieding van tussen- en finale resultate plaas, waar vrae aan die HUB en HFB gestel kan word. Gedurende die jaar het Remgro \u2018n nuwe beleggersverhoudingsfunksie daargestel om skakeling met beleggers te verbeter. Die beleggersgemeenskap word aangemoedig om direk met die beleggersverhoudingsbestuurder in aanraking te kom.<\/p>\n<p>Die mees onlangse, asook historiese, finansi\u00eble en ander inligting word op die maatskappy se webwerf <a target=\"_blank\" href=\"https:\/\/www.remgro.com\/af\/beleggerinligting\/resultate\/\" rel=\"noopener noreferrer\">hier<\/a> gepubliseer.<\/p>\n<h3 class=\"gov-txt-blue-upper\">WERKNEMERS<\/h3>\n<p>Vir Remgro om sy hoofdoelwitte te bereik, is dit noodsaaklik om werknemers van gehalte te werf en te behou. Ons werknemers word billik behandel en mededingend vergoed en Remgro streef daarna om aan alle werknemers die geleentheid te bied om hul potensiaal te verwesenlik. Tydens korporatiewe aksies word spesiaal daarna omgesien dat werknemers wat aan die Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema, Aandelegroeiregplan (SAR) en Voorwaardelike Aandeleplan (CSP) deelneem, nie gunstiger as gewone aandeelhouers behandel word nie.<\/p>\n<p>Omdat Remgro \u2019n beleggingshouermaatskappy met \u2019n klein personeelkorps op hoofkantoorvlak is, geskied kommunikasie met werknemers informeel en deur \u2019n verskeidenheid kanale, waaronder e-posboodskappe, die interne intranet, Remgro se webwerf, inligtingsessies en kennisgewingborde. Daar word seker gemaak dat alle kommunikasie met aandeelhouers ook aan werknemers oorgedra word.<\/p>\n<h3 class=\"gov-txt-blue-upper\">MAATSKAPPYE WAARIN BEL\u00ca WORD EN ANDER AANDEELHOUERS VAN HIERDIE MAATSKAPPYE<\/h3>\n<p>Remgro se prestasie is direk gekoppel aan die vertonings van die onderliggende maatskappye waarin bel\u00ea word en daarom word kommunikasie met hierdie ondernemings en mede-aandeelhouers as baie belangrik beskou. Verhoudinge met maatskappye waarin bel\u00ea is, word hoofsaaklik deur direksieverteenwoordiging bestuur, met direkteure of senior bestuur van Remgro wat as nie-uitvoerende direkteure op die direksies van hierdie maatskappye dien. Hierdie verteenwoordigers het tydens direksievergaderings interaksie met die direkteure en senior bestuur van die maatskappye waarin bel\u00ea word en, indien nodig, word verteenwoordigers van hierdie maatskappye aangemoedig om Remgro se senior bestuur te ontmoet vir besprekings oor hul besighede. Alle transaksies met mede-aandeelhouers in maatskappye waarin bel\u00ea is, word op \u2019n billike wyse hanteer en in ooreenstemming met die onderliggende aandeelhouersooreenkomste. Remgro streef daarna om waarde tot hierdie beleggings toe te voeg.<\/p>\n<h3 class=\"gov-txt-blue-upper\">GEMEENSKAP<\/h3>\n<p>Korporatiewe burgerskap, die verbintenis van \u2019n onderneming om tot volhoubare ekonomiese ontwikkeling by te dra, onderskryf die beginsel dat geen besigheid in isolasie bestaan nie, maar onmiskenbaar deel is van die omgewing waarin sake gedoen word en teenoor wie sekere verantwoordelikhede verskuldig is. <\/p>\n<p>In sy verhouding met die gemeenskap streef Remgro daarna om \u2019n waardevennoot te wees en daarom val die klem van sy gemeenskapsbetrokkenheid op armoedebekamping en investering in jongmense uit voorheen benadeelde gemeen-skappe in die geloof dat sulke beleggings tot ver in die toekoms goeie dividende sal lewer. Remgro se korporatiewe maatskaplike beleggingsinisiatiewe en donasies word in meer besonderhede in die volledige <a target=\"_blank\" href=\"https:\/\/www.remgro.com\/ar2019\/pdf\/Remgro_SUS_AFR_2019.pdf\" rel=\"noopener noreferrer\">volhoubare ontwikkelingsverslag<\/a>, bespreek.<\/p>\n<h3 class=\"gov-txt-blue-upper\">LEWERANSIERS EN DIENSVERSKAFFERS<\/h3>\n<p>Remgro glo daaraan om langtermyn-vennootskappe met diensverskaffers aan te gaan wat op onderlinge vertroue en respek gegrond is. Verskeie maatstawwe speel \u2019n rol in die keuse van geskikte diensverskaffers, waaronder voldoening aan gehaltestandaarde, bestendigheid en \u2019n bewese rekord van die organisasie se BBSEB-status en sy ondersteuningsnetwerk.<\/p>\n<p>As deel van \u2018n proses om te verseker dat diensverskaffers in ooreenstemming met maatskappywaardes gebring word, het Remgro begin met die opdatering van diensvlakooreenkomste by hoofkantoor om sy verwagtinge ten opsigte van omgewingsverantwoordelikheid, die nakoming van menseregte- en teenkorrupsiebeleide te weerspie\u00ebl.<\/p>\n<p>Aangesien Remgro \u2019n beleggingshouermaatskappy is, word sy kostestruktuur deurgaans met di\u00e9 van effektetrusts vergelyk om te verseker dat aandeelhouers nie benadeel word nie. As deel van die proses om korporatiewe koste te bestuur, word goeie verhoudinge met diensverskaffers gehandhaaf.<\/p>\n<h3 class=\"gov-txt-blue-upper\">SUID-AFRIKAANSE REGERING EN BEHEERLIGGAME<\/h3>\n<p>\u2019n Oop en eerlike verhouding word met die regering en relevante beheerliggame gehandhaaf. In hierdie verband geskied kommunikasie op \u2019n ad hoc-grondslag soos die behoefte ontstaan en dit vind gewoonlik in die vorm van formele vergaderings plaas. Beheerliggame, soos die Nasionale Tesourie, die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) en die JSE Beperk, word op hoogte gehou van korporatiewe aksies in ooreenstemming met alle toepaslike wette en regulasies. Vergaderings met die SARB vind jaarliks plaas om hulle in te lig oor Remgro se buitelandse bedrywighede.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons verhouding met alle belanghebbendes is gegrond op die volgende waardes wat in Remgro se Etiese Kode verskans en daardeur ondersteun word, waardes wat effektiewe leierskap deur die Remgro-direksie ondersteun om met verloop van tyd strategiese doelwitte en positiewe uitkomste te behaal: Integriteit, deur eties op te tree, bo en behalwe gewone nakoming Bevoegdheid om&#8230;  <a href=\"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/verhoudinge-met-belanghebbendes\/\" class=\"more-link\" title=\"Read Verhoudinge met belanghebbendes\">Read more &raquo;<\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"parent":445,"menu_order":39,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"page-left-sidebar.php","meta":{"footnotes":""},"class_list":["post-517","page","type-page","status-publish","hentry"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.3 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Verhoudinge met belanghebbendes - Remgro Limited<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/verhoudinge-met-belanghebbendes\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Verhoudinge met belanghebbendes - Remgro Limited\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ons verhouding met alle belanghebbendes is gegrond op die volgende waardes wat in Remgro se Etiese Kode verskans en daardeur ondersteun word, waardes wat effektiewe leierskap deur die Remgro-direksie ondersteun om met verloop van tyd strategiese doelwitte en positiewe uitkomste te behaal: Integriteit, deur eties op te tree, bo en behalwe gewone nakoming Bevoegdheid om... Read more &raquo;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/verhoudinge-met-belanghebbendes\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Remgro Limited\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2019-10-30T02:34:46+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/verhoudinge.png\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/verhoudinge-met-belanghebbendes\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/verhoudinge-met-belanghebbendes\\\/\",\"name\":\"Verhoudinge met belanghebbendes - Remgro Limited\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/verhoudinge-met-belanghebbendes\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/verhoudinge-met-belanghebbendes\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/10\\\/verhoudinge.png\",\"datePublished\":\"2014-08-05T13:44:40+00:00\",\"dateModified\":\"2019-10-30T02:34:46+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/verhoudinge-met-belanghebbendes\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/verhoudinge-met-belanghebbendes\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/verhoudinge-met-belanghebbendes\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/10\\\/verhoudinge.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/10\\\/verhoudinge.png\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/verhoudinge-met-belanghebbendes\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"ESG en volhoubaarheid\",\"item\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Verhoudinge met belanghebbendes\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/\",\"name\":\"Remgro Limited\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/#organization\",\"name\":\"Remgro Limited\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/03\\\/logo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/03\\\/logo.jpg\",\"width\":337,\"height\":109,\"caption\":\"Remgro Limited\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Verhoudinge met belanghebbendes - Remgro Limited","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/verhoudinge-met-belanghebbendes\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Verhoudinge met belanghebbendes - Remgro Limited","og_description":"Ons verhouding met alle belanghebbendes is gegrond op die volgende waardes wat in Remgro se Etiese Kode verskans en daardeur ondersteun word, waardes wat effektiewe leierskap deur die Remgro-direksie ondersteun om met verloop van tyd strategiese doelwitte en positiewe uitkomste te behaal: Integriteit, deur eties op te tree, bo en behalwe gewone nakoming Bevoegdheid om... Read more &raquo;","og_url":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/verhoudinge-met-belanghebbendes\/","og_site_name":"Remgro Limited","article_modified_time":"2019-10-30T02:34:46+00:00","og_image":[{"url":"https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/verhoudinge.png","type":"","width":"","height":""}],"twitter_misc":{"Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/verhoudinge-met-belanghebbendes\/","url":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/verhoudinge-met-belanghebbendes\/","name":"Verhoudinge met belanghebbendes - Remgro Limited","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.remgro.com\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/verhoudinge-met-belanghebbendes\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/verhoudinge-met-belanghebbendes\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/verhoudinge.png","datePublished":"2014-08-05T13:44:40+00:00","dateModified":"2019-10-30T02:34:46+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/verhoudinge-met-belanghebbendes\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/verhoudinge-met-belanghebbendes\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/verhoudinge-met-belanghebbendes\/#primaryimage","url":"https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/verhoudinge.png","contentUrl":"https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/verhoudinge.png"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/verhoudinge-met-belanghebbendes\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"ESG en volhoubaarheid","item":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Verhoudinge met belanghebbendes"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.remgro.com\/#website","url":"https:\/\/www.remgro.com\/","name":"Remgro Limited","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/www.remgro.com\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.remgro.com\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/www.remgro.com\/#organization","name":"Remgro Limited","url":"https:\/\/www.remgro.com\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.remgro.com\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/logo.jpg","contentUrl":"https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/logo.jpg","width":337,"height":109,"caption":"Remgro Limited"},"image":{"@id":"https:\/\/www.remgro.com\/#\/schema\/logo\/image\/"}}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/517","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=517"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/517\/revisions"}],"up":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/445"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=517"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}