{"id":511,"date":"2014-08-05T15:44:40","date_gmt":"2014-08-05T13:44:40","guid":{"rendered":"https:\/\/www.remgro.com\/governance-and-sustainability\/governance-framework\/"},"modified":"2017-11-01T08:40:34","modified_gmt":"2017-11-01T06:40:34","slug":"bestuursraamwerk","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/bestuursraamwerk\/","title":{"rendered":"Bestuursraamwerk"},"content":{"rendered":"<h3>DIE king-Verslag oor bestuur vir\u00a0suid-afrika 2009 (king III)<\/h3>\n<p class=\"lead\">Remgro is verbind tot die hoogste vlak van korporatiewe bestuur, integriteit en etiek. Die raad van direkteure (die direksie) is in die finale instansie daarvoor verantwoordelik dat bestuurstandaarde gestel en gehandhaaf word en word hierin ondersteun deur senior bestuur, wat daarna streef om &rsquo;n kultuur van nakoming en goeie bestuur in die Remgro groep te vestig. Dit word ondersteun deur gesonde en sigbare leierskap, wat gekenmerk word deur die etiese waardes van verantwoordelikheid, aanspreeklikheid, billikheid en deursigtigheid. Goeie korporatiewe bestuurstrukture en -prosesse bestaan en word deur die direksie as deurslaggewend beskou om volhoubare groei in belang van alle belanghebbendes te lewer.<\/p>\n<p>As &rsquo;n verantwoordelike belegger, is die direksie &rsquo;n voorstander van goeie korporatiewe bestuur by al die ondernemings waarin Remgro bel\u00ea en die maatskappy gebruik sy beduidende invloed om te verseker dat alle genoteerde filiale, gesamentlike ondernemings en geassosieerdes die beginsels vervat in\u00a0 King III onderskryf. Doeltreffende korporatiewe bestuur vorm deel van Remgro se beleggingsbeoordeling-maatstawwe en word verder op &rsquo;n deurlopende grondslag gemonitor deur nie-uitvoerende direksieverteenwoordiging by maatskappye waarin bel\u00ea is. Vir hierdie doel mag die Remgro-beleid as maatstaf gebruik word.<\/p>\n<p>Remgro is &rsquo;n beleggingshouermaatskappy en daarom beteken enige verwysings na &ldquo;die groep&rdquo; in hierdie konteks die maatskappy en sy volfiliale. Wispeco is Remgro se vernaamste volbedryfsfiliaal. Wispeco word as &rsquo;n onafhanklike entiteit\u00a0bedryf en bestuur, met &rsquo;n outonome direksie, hoewel die samestelling van die direksie, vanwe\u00eb die grootte van die besigheid, nie aan die onafhanklikheidsvereistes van King III voldoen nie. Remgro se verteenwoordigers in die direksie van daardie maatskappy verseker egter dat Wispeco, deur die aanvaarding en implementering van Remgro se beleide, prosesse en prosedures, gesonde korporatiewe bestuurs- en volhoubaarheidspraktyke toepas.<\/p>\n<p>Remgro se ander volfiliale, met uitsluiting van Wispeco waarna hierbo verwys is, is nie bedryfsmaatskappye nie en word deur Remgro Bestuursdienste Beperk (RBD) geadministreer. Die lede van Remgro se bestuursraad is ook die direkteure van RBD. RBD verskaf bestuurs- en ondersteunende dienste aan Remgro en sommige van sy filiale, gesamentlike ondernemings en geassosieerdes en verhaal sy kostes gedeeltelik deur fooie wat vir hierdie dienste gehef word. Die netto koste van RBD vorm deel van die korporatiewe koste van Remgro.<\/p>\n<p>Die direksie is tevrede dat Remgro die meeste van die beginsels van King III in die jaar onder oorsig nagekom het. Waar nie aan &rsquo;n beginsel van King III voldoen is soos gespesifiseer nie, word dit, waar toepaslik, verduidelik.\u00a0<strong>Vir maklike verwysing word &rsquo;n opsomming van al die King III-beginsels wat nie toegepas is, hieronder gegee.<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Die voorsitter van die direksie, mnr Johann Rupert, is nie &rsquo;n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur nie, maar gegewe sy kennis van die besigheid en sy sakeondervinding ag die direksie hierdie re\u00ebling nie net as wenslik nie, maar ook as noodsaaklik om die sakedoelwitte van Remgro te bereik.<\/li>\n<li>Die voorsitter van die direksie tree as\u00a0ex officio-voorsitter van die vergoedings-en-nominasiekomitee op. Hoewel hy nie onafhanklik is nie, ondersteun die direksie sy voorsitterskap van die vergoedings-en-nominasiekomitee vanwe\u00eb die noodsaaklikheid om die maatskappy se vergoedingsbenadering in ooreenstemming met die korporatiewe strategie te bring. Die voorsitter ontvang\u00a0geen vergoeding of fooie van Remgro nie.<\/li>\n<li>Die direksie en subkomitees word jaarliks ge\u00ebvalueer, maar het besluit om nie &rsquo;n oorsig van die evalueringsproses, resultate en aksieplanne in die ge\u00efntegreerde verslag bekend te maak nie vanwe\u00eb die potensi\u00eble sensitiewe aard daarvan.<\/li>\n<li>Ingevolge die direksie se jaarlikse evalueringsproses\u00a0word direkteure nie individueel beoordeel nie. Onafhanklike nie-uitvoerende direkteure word egter individueel beoordeel ten opsigte van hul onafhanklikheid, en veral\u00a0die onafhanklikheid van direkteure wat reeds meer as\u00a0nege jaar op die direksie dien.<\/li>\n<li>Volgens King III moet die ge\u00efntegreerde verslag die mandate van direksiekomitees openbaar. Die ge\u00efntegreerde verslag bevat egter net &rsquo;n opsomming van die mandate. Volledige besonderhede is <a href=\"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/handves-en-mandate\/\">hier<\/a> beskikbaar. <\/li>\n<li>Die direksie glo nie daaraan dat direkteure, bykomend tot &rsquo;n basisfooi, bywoningsfooie moet verdien nie. Baie van die direkteure voeg aansienlike waarde tot die groep toe buite formele direksie- en komiteevergaderings, soms selfs meer as wat hulle binne formele vergaderings sou kon doen.<\/li>\n<li>Die direksie is nie van voorneme om &rsquo;n amptelike geskilbeslegtingsproses in te stel nie, omdat hulle van mening is dat die bestaande prosesse in die groep suksesvol funksioneer en nie &rsquo;n meer formele en aparte meganisme benodig nie. Die Maatskappywet bied genoegsame regsmiddele aan aandeelhouers.<\/li>\n<li>Die King III-verslag beveel aan dat die maatskappy se volhoubare ontwikkelingsverslag deur &rsquo;n onafhanklike, eksterne spesialis geouditeer word. Remgro se volhoubare ontwikkelingsverslag is nie geouditeer nie, maar verifi\u00ebring is verkry van die kernvolhoubaarheids-aanwysers deur ooreengekome prosedures wat deur interne oudit en onafhanklike diensverskaffers uitgevoer is.<\/li>\n<\/ul>\n<table width=\"100%\" id=\"table071\" class=\"backround-govblack\" cellpadding=10>\n<tbody>\n<tr>\n<td>&rsquo;n Indeks van die maatskappy se toepassing van elke King III-beginsel verskyn <a style=\"color: #FFF\" href=\"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/king-iii\/\">hier<\/a>.\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p><\/p>\n<h3>DIE king-Verslag oor Korporatiewe Bestuur\u2122 vir suid-afrika 2016 (king IV)<\/h3>\n<p>King IV is op 1 November 2016 gepubliseer en het betrekking op organisasies waarvan die finansi\u00eble jare op of na 1&nbsp;April&nbsp;2017 begin het. Die maatskappy sal die King IV-aanbevelings implementeer en in die 2018 ge\u00efntegreerde jaarverslag daaroor verslag doen. Die JSE Beperk (JSE) het egter wysigings aangebring aan afdeling 3.84 van die noteringsvereistes wat verband hou met sekere bestuurs-&#173;praktyke uit King IV en wat verpligtend is vir genoteerde maatskappye om na te kom. Die JSE vereis van genoteerde maatskappye om aan hierdie vereiste bestuurspraktyke te voldoen in alle dokumente (omsendskrywes en jaarverslae) wat op of na 1 Oktober 2017 aan die JSE voorgel\u00ea word en daarom is die vereiste bestuurspraktyke van toepassing op hierdie ge\u00efntegreerde jaarverslag. &#8216;n Opsomming van die wysigings aan die noteringsvereistes, en bladsyverwysings na die toepassing daarvan in hierdie ge\u00efntegreerde jaarverslag, is soos volg:<\/p>\n<ul>\n<li>Genoteerde maatskappye is verplig om &#8216;n afsonderlike ouditkomitee, &#8216;n komitee verantwoordelik vir vergoeding en &#8216;n maatskaplike-en-etiesekomitee te h\u00ea. Die maatskappy voldoen aan hierdie vereistes. Die tersaaklike inligting met betrekking tot die komitees van die maatskappy word uiteengesit <a href=\"https:\/\/www.remgro.com\/ar2017\/pdf\/afr\/afr_2017.pdf#page=62\" target=\"_blank\">hier<\/a>.<\/li>\n<li>Die genoemde komitees moet uit minstens drie lede bestaan en die samestelling daarvan moet aan die vereistes van die Maatskappywet voldoen en oorweeg word in ooreenstemming met die voorgestelde praktyke in King IV op &#8216;n toepassings- en verduidelikingsgrondslag. Let daarop dat die samestelling van die maatskappy se oudit-en-risiko-komitee en die maatskaplike-en-etiesekomitee aan die vereistes van die Maatskappywet voldoen. Daarby voldoen die samestelling van die maatskappy se oudit-en-risikokomitee, die vergoedings-en-nominasiekomitee en die maatskaplike-en-etiesekomitee aan die voorgestelde praktyke van King IV. Die samestelling van die tersaaklike komitees en die bywoning van komiteevergaderings word uiteengesit <a href=\"https:\/\/www.remgro.com\/ar2017\/pdf\/afr\/afr_2017.pdf#page=65\" target=\"_blank\">hier<\/a>.<\/li>\n<li>Daar is &#8216;n verduideliking dat onafhanklike direkteure op &#8216;n holistiese wyse, en op &#8216;n vermo\u00eb- eerder as formaliteitsgrondslag, bepaal word in ooreenstemming met die aanwysers wat in artikel 94(4)(a) en (b) van die Maatskappywet en King IV verskyn. Onafhanklikheid van direkteure is holisties bepaal, en op &#8216;n vermo\u00eb- eerder as formaliteitsgrondslag, soos deur die noteringsvereistes aangedui, en word uiteengesit <a href=\"https:\/\/www.remgro.com\/ar2017\/pdf\/afr\/afr_2017.pdf#page=87\" target=\"_blank\">hier<\/a>.<\/li>\n<li>Ten spyte van sy pligte ingevolge artikel 94 van die Maatskappywet, moet die ouditkomitee ook seker maak dat die uitreiker toepaslike finansi\u00eble rapporteringsprosedures gevestig het en dat hierdie prosedures werk. Remgro se oudit-en-risikokomitee se mandaat maak voorsiening vir verskeie aspekte om te verseker dat rapporteringsprosesse behoorlik gedokumenteer, ge\u00efmplementeer, nagekom, deur toepaslike bestuur nagegaan en onafhanklik beoordeel word. Die komitee se mandaat <a href=\"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/handves-en-mandate\/\">hier<\/a> beskikbaar.<\/li>\n<li>Van die direksie word steeds verwag om die maatskappy-sekretaris se bevoegdheid, kwalifikasies en ervaring te evalueer, maar geen beoordeling is nodig sover dit die maatskappysekretaris se onafhanklikheid betref nie. Die evaluering van die maatskappysekretaris word uiteengesit <a href=\"https:\/\/www.remgro.com\/ar2017\/pdf\/afr\/afr_2017.pdf#page=62\" target=\"_blank\">hier<\/a>.<\/li>\n<li>&#8216;n Vereiste dat &#8216;n rasdiversiteitsbeleid op direksievlak ingesluit word, sal eers van toepassing wees op jaarverslae wat op of na 1 Junie 2018 uitgereik word. Op 20 September 2017 het die direksie &#8216;n beleid rakende die bevordering van rasdiversiteit goedgekeur en besonderhede daarvan verskyn <a href=\"https:\/\/www.remgro.com\/ar2017\/pdf\/afr\/afr_2017.pdf#page=62\" target=\"_blank\">hier<\/a>.<\/li>\n<li>&#8216;n Nie-bindende stemming word vereis vir die vergoedings-beleid en vergoedingsimplementeringsverslag van die maatskappy, asook die stappe waartoe die direksie homself verbind sou 25% of meer stemme uitgebring word teen die vergoedingsbeleid of vergoedingsimplementeringsverslag, of beide. <A target=\"_blank\" HREF=\"http:\/\/www.remgro.com\/ar2017\/pdf\/afr\/afr_2017.pdf#page=122\">Hier<\/a> van die kennisgewing aan aandeelhouers word voorsiening gemaak vir die nie-bindende stemme rakende die vergoedingsbeleid en vergoedingsimplementeringsverslag, terwyl die wyse hoe dit met aandeelhouers hanteer sal word in die geval waar 25% of meer stemme teen die verslae uitgebring word, <a href=\"https:\/\/www.remgro.com\/ar2017\/pdf\/afr\/afr_2017.pdf#page=88\" target=\"_blank\">hier<\/a> verskyn.<\/li>\n<\/ul>\n<h3>ANDER VEREISTES<\/h3>\n<p>Die direksie is voorts tevrede dat die maatskappy aan al die vereistes van die Maatskappywet en die noteringsvereistes van die JSE Beperk voldoen het. Nakoming van alle toepaslike wette, regulasies, aanvaarde standaarde en kodes vorm &#8216;n integrale deel van die groep se risikobestuursproses en word op &#8216;n deurlopende grondslag gemonitor. Soos in vorige jare was daar geen wesentlike nie-nakoming deur, of boetes teen, of vervolging van die groep in die jaar onder oorsig nie. <\/p>\n<p>Sedert die loodsing van die JSE se Maatskaplike Verantwoordelikheidsindeks (SRI) meet Remgro die doel&#173;treffendheid van sy bestuursproses deur volgehoue suksesvolle deelname aan die SRI-indeks. Gedurende Junie 2015 het die JSE &#8216;n vennootskap met FTSE Russell aangegaan en op 12 Oktober 2015 die FTSE\/JSE Verantwoordelike Beleggingsindeks (RII) geloods. Remgro is ingesluit in hierdie indeks en die bestuurspraktyke van RCL Foods Beperk, Remgro se grootste en enigste genoteerde filiaal, sowel as di\u00c3\u00a9 van Wispeco, is ge\u00c3\u00afnkorporeer.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE king-Verslag oor bestuur vir\u00a0suid-afrika 2009 (king III) Remgro is verbind tot die hoogste vlak van korporatiewe bestuur, integriteit en etiek. Die raad van direkteure (die direksie) is in die finale instansie daarvoor verantwoordelik dat bestuurstandaarde gestel en gehandhaaf word en word hierin ondersteun deur senior bestuur, wat daarna streef om &rsquo;n kultuur van nakoming&#8230;  <a href=\"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/bestuursraamwerk\/\" class=\"more-link\" title=\"Read Bestuursraamwerk\">Read more &raquo;<\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"parent":445,"menu_order":33,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"page-left-sidebar.php","meta":{"footnotes":""},"class_list":["post-511","page","type-page","status-publish","hentry"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.3 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Bestuursraamwerk - Remgro Limited<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/bestuursraamwerk\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Bestuursraamwerk - Remgro Limited\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"DIE king-Verslag oor bestuur vir\u00a0suid-afrika 2009 (king III) Remgro is verbind tot die hoogste vlak van korporatiewe bestuur, integriteit en etiek. Die raad van direkteure (die direksie) is in die finale instansie daarvoor verantwoordelik dat bestuurstandaarde gestel en gehandhaaf word en word hierin ondersteun deur senior bestuur, wat daarna streef om &rsquo;n kultuur van nakoming... Read more &raquo;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/bestuursraamwerk\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Remgro Limited\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-11-01T06:40:34+00:00\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"7 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/bestuursraamwerk\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/bestuursraamwerk\\\/\",\"name\":\"Bestuursraamwerk - Remgro Limited\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2014-08-05T13:44:40+00:00\",\"dateModified\":\"2017-11-01T06:40:34+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/bestuursraamwerk\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/bestuursraamwerk\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/bestuursraamwerk\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"ESG en volhoubaarheid\",\"item\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Bestuursraamwerk\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/\",\"name\":\"Remgro Limited\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/#organization\",\"name\":\"Remgro Limited\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/03\\\/logo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/03\\\/logo.jpg\",\"width\":337,\"height\":109,\"caption\":\"Remgro Limited\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Bestuursraamwerk - Remgro Limited","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/bestuursraamwerk\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Bestuursraamwerk - Remgro Limited","og_description":"DIE king-Verslag oor bestuur vir\u00a0suid-afrika 2009 (king III) Remgro is verbind tot die hoogste vlak van korporatiewe bestuur, integriteit en etiek. Die raad van direkteure (die direksie) is in die finale instansie daarvoor verantwoordelik dat bestuurstandaarde gestel en gehandhaaf word en word hierin ondersteun deur senior bestuur, wat daarna streef om &rsquo;n kultuur van nakoming... Read more &raquo;","og_url":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/bestuursraamwerk\/","og_site_name":"Remgro Limited","article_modified_time":"2017-11-01T06:40:34+00:00","twitter_misc":{"Est. reading time":"7 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/bestuursraamwerk\/","url":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/bestuursraamwerk\/","name":"Bestuursraamwerk - Remgro Limited","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.remgro.com\/#website"},"datePublished":"2014-08-05T13:44:40+00:00","dateModified":"2017-11-01T06:40:34+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/bestuursraamwerk\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/bestuursraamwerk\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/bestuursraamwerk\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"ESG en volhoubaarheid","item":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Bestuursraamwerk"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.remgro.com\/#website","url":"https:\/\/www.remgro.com\/","name":"Remgro Limited","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/www.remgro.com\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.remgro.com\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/www.remgro.com\/#organization","name":"Remgro Limited","url":"https:\/\/www.remgro.com\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.remgro.com\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/logo.jpg","contentUrl":"https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/logo.jpg","width":337,"height":109,"caption":"Remgro Limited"},"image":{"@id":"https:\/\/www.remgro.com\/#\/schema\/logo\/image\/"}}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/511","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=511"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/511\/revisions"}],"up":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/445"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=511"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}