{"id":1622,"date":"2014-10-19T13:58:57","date_gmt":"2014-10-19T11:58:57","guid":{"rendered":"https:\/\/www.remgro.com\/bestuur-en-volhoubaarheid\/remunaration\/"},"modified":"2025-10-29T18:44:46","modified_gmt":"2025-10-29T16:44:46","slug":"vergoedingsverslag","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/vergoedingsverslag\/","title":{"rendered":"Vergoedingsverslag"},"content":{"rendered":"<div class=\"wpb-content-wrapper\"><p class=\"lead\">[vc_row][vc_column][vc_column_text css=&#8221;.vc_custom_1761315441739{padding-top: 10px !important;padding-right: 10px !important;padding-bottom: 10px !important;padding-left: 10px !important;}&#8221;]Hierdie verslag gee \u2019n uiteensetting van ons vergoedingsbeleid en die vergoedingsimplementeringsverslag vir uitvoerende direkteure en nie-uitvoerende direkteure se vergoeding vir die 2025-finansi\u00eble jaar en word in drie dele aangebied:<\/p>\n<table border=\"0\" width=\"100%\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"0\">\n<tbody>\n<tr>\n<td align=\"left\" valign=\"top\" width=\"25\">i)<\/td>\n<td>Deel 1: Die agtergrondverslag wat konteks gee oor ons vergoedingsbeleid en prestasie;<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td align=\"left\" valign=\"top\">ii)<\/td>\n<td>Deel 2: \u2019n Oorsig van die vergoedingsbeleid soos wat dit van toepassing sal wees in die 2026-finansi\u00eble jaar; en<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td align=\"left\" valign=\"top\">iii)<\/td>\n<td>Deel 3: Die vergoedingsimplementeringsverslag wat in besonderhede aandui hoe die bestaande beleid in die jaar onder oorsig ge\u00efmplementeer is, insluitende die openbaarmaking van betalings aan uitvoerende direkteure en nie-uitvoerende direkteure gemaak in die jaar ge\u00ebindig 30 Junie 2025.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n[\/vc_column_text][\/vc_column][\/vc_row][vc_row][vc_column][vc_tta_accordion active_section=&#8221;1&#8243; collapsible_all=&#8221;true&#8221;][vc_tta_section title=&#8221;Deel 1: Agtergrondverslag&#8221; tab_id=&#8221;1603440318926-fcd9956b-d68a&#8221; el_class=&#8221;bigger-acordion-font&#8221;][vc_column_text css=&#8221;&#8221;]Remgro se vergoedingsfilosofie word gelei deur sy volhoubaarheidsgefokusde sakestrategie, met omgewings-, maatskaplike en bestuurs (ESG) as \u2019n sleutelelement, en die uiteindelike doelwit om volhoubare waarde en akkumulatiewe opbrengste oor die lang termyn vir aandeelhouers te lewer en terselfdertyd \u2019n positiewe ESG-impak te bewerkstellig wat gedeelde waarde vir alle belanghebbendes ontsluit.<\/p>\n<p>Ons gebruik \u2019n eenvoudige vergoedingstruktuur met \u2019n duidelike langtermynfokus om alle werknemers in ooreenstemming met ons langtermynstrategie te bring. Die oorkoepelende beginsels van hierdie strategie is dat vergoeding billik moet wees, \u2019n fokus op waardeskepping moet h\u00ea en deur sterk bestuurstoesig gerugsteun moet wees. \u2019n Oorsig van ons vergoedingsbenadering word hieronder uiteengesit.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/Vergoedingsraamwerk-scaled.jpg\" alt=\"\" \/><br \/>\nDie vernaamste veranderinge in hierdie raamwerk vergeleke met die 2024-verslag is:<\/p>\n<ol>\n<li>Die bekendstelling van twee nuwe finansi\u00eble prestasiemaatstawwe, naamlik totale aandeelhoueropbrengs (TSR) en wesensverdienste per aandeel (WVPA), en die gewysigde gewig wat aan die finansi\u00eble prestasiemaatstawwe toegeken word; en<\/li>\n<li>Teikens wat aansienlik meer uitstaande is wat vir al die finansi\u00eble prestasiemaatstawwe bekendgestel is.<\/li>\n<\/ol>\n<p>(Verwys asseblief na die <a href=\"https:\/\/www.remgro.com\/ar2025\/pdf\/afr\/Vergoedings%20verslag.pdf#page=13\">vergoedingsverslag<\/a> vir meer besonderhede oor die finansi\u00eble maatstawwe wat vir die LTA-toekennings vir 2024 geld).<\/p>\n<p>Hierdie deurdagte en doelbewuste veranderinge het gelei tot \u2019n strategiese ommekeer na aktiewer portefeulje-optimalisering, gefokusde en noukeurige kapitaaltoekenning en \u2019n doelbewuste strewe om volhoubare ondernemings te lei. Dit word in fyner besonderhede in die hoofuitvoerende beampte (HUB) se verslag bespreek.<\/p>\n<p class=\"heading-6\" style=\"color: var(--gold) !important;\">Oorsig van prestasie- en vergoedingsuitkomste vir die jaar onder oorsig<\/p>\n<p>Die 2025-finansi\u00eble jaar is deur voortslepende makro-ekonomiese uitdagings in Suid-Afrika sowel as w\u00eareldwyd gekenmerk. Plaaslike BBP-groei het traag gebly en is negatief be\u00efnvloed deur voortdurende druk op vrag en logistiek, onbetroubare energietoevoer en swak infrastruktuur. Al het inflasie laer geneig en binne die Reserwebank se teikenband gebly, het ho\u00eb rentekoerse en verhoogde insetkoste steeds druk op sakevertoning en verbruikersentiment uitgeoefen. Rentekoersverligting het eers teen die einde van die verslagdoeningstydperk geblyk en beperkte korttermynvoordeel gebied. W\u00eareldwyd het toenemende geopolitieke spanning, handelsbeleid-onsekerheid en onbestendige kommoditeitsmarkte tot \u2019n behoedsame beleggingsomgewing en \u2019n selfs ingewikkelder bedryfslandskap bygedra.<\/p>\n<p>Remgro het binne hierdie konteks daarop gefokus om beduidende veranderinge wat in die vorige jaar bekendgestel is gedurende die huidige jaar te konsolideer en bedrywighede regoor sy kernbates te verbeter. Bestuur het die implementering van sleutelinisiatiewe, gedissiplineerde kostebeheer en die versterking van prestasiebeginsels geprioritiseer. Onderliggende beleggings soos Mediclinic, Heineken Beverages, CIVH, RCL Foods, Siqalo Foods en Rainbow het elkeen bemoedigende tekens van vordering getoon. Hierdie verbeteringe was te danke aan gefokusde uitvoering, sterker bestuursraamwerke en voortdurende pogings om elke besigheid vir veerkragtigheid en groei oor die lang termyn te posisioneer.<\/p>\n<p>Remgro het voortgegaan om sy volhoubaarheidsagenda te bevorder. Pogings gedurende die jaar was daarop gerig om ESG-verwante openbaarmaking te verbeter, die integrasie van ESG in beleggings- en oorsigprosesse te versterk en betrokkenheid by onderliggende beleggings se volhoubaarheidskwessies te verhoog. Hierdie pogings ondersteun die groep se langtermynfokus op verantwoordelike kapitaaltoekenning en waardeskepping.<\/p>\n<p>Wat vooruitsigte betref, bly Remgro daartoe verbind om sy strategie gedissiplineerd uit te voer. Dit sluit in om kernbeleggings te optimaliseer en nie-kernbates verantwoordelik te verkoop, asook \u2019n voortgesette fokus op volhoubare groei. Hierdie prioriteite be\u00efnvloed steeds die groep se benadering tot vergoeding wat ontwerp is om bestuursuitkomste in ooreenstemming te bring met prestasie en waardeskepping vir aandeelhouers oor die lang termyn.<\/p>\n<p>Bestuur bly daartoe verbind om deur \u2019n verskerpte fokus op sy kern- en groeibates, die verkoop van nie-kernbates en \u2019n hernieude fokus op groeigeleenthede, bykomende waarde te ontsluit. Die maatskappy gaan ook voort met sy volhoubaarheidstrewe om, deur volgehoue verbeteringe in openbaarmaking en aandeelhouersbetrokkenheid, Remgro as \u2019n ESG-bedryfsleier te vestig. Ons het in hierdie verband \u2019n stel kern-ESG-aanwysers ge\u00efdentifiseer en gebruik hierdie aanwysers, saam met ons ESGdoelwitte, om openbaarmaking te verbeter en volgehoue groei van ons ESG-program te verseker.<\/p>\n<p class=\"heading-6\" style=\"color: var(--gold) !important;\">Totale gewaarborgde pakket (TGP)<\/p>\n<p>In ooreenstemming met Remgro se filosofie ten opsigte van billike en verantwoordelike vergoeding, is die volgende besluit geneem met betrekking tot verhogings:<\/p>\n<ul>\n<li>Uitvoerende direkteure, lede van die bestuursraad en senior bestuur het verhogings in die omgewing van 5.89% vir die 2025-finansi\u00eble jaar ontvang.<\/li>\n<li>Personeel op bestuursvlakke het verhogings van ongeveer 5.97% en nie-bestuursvlakpersoneel het salarisaanpassings van gemiddeld ongeveer 6.26% vir die 2025-finansi\u00eble jaar ontvang.<\/li>\n<\/ul>\n<p class=\"heading-6\" style=\"color: var(--gold) !important;\">Langtermynaansporings (LTA)-planne<\/p>\n<p>Die vestigingsuitkomste van die 2022-LTA-planne, waarvan die prestasietydperk op 30 Junie 2025 ge\u00ebindig het, was 83.7%. Besonderhede van die vestiging van hierdie toekennings word in <a href=\"https:\/\/www.remgro.com\/ar2025\/pdf\/afr\/Vergoedings%20verslag.pdf#page=12\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Deel 3<\/a> van hierdie verslag uiteengesit.<\/p>\n<p>Die 2025-finansi\u00eble jaar was die eerste jaar waar slegs CSP-toekennings gemaak is. Die vergoedings-en-nominasiekomitee (die komitee) het vertroue dat die maatskappy se veranderlike vergoedingsaanbod sonder \u2019n korttermynaansporingsplan die vereiste doelwit nakom: om sleuteltalent te lok, te motiveer en te behou. Dit, tesame met die finansi\u00eble en nie-finansi\u00eble ESG-verwante sleutelprestasieteikens, verseker dat ons werknemers op \u2019n volhoubare en voortreflike wyse \u2019n beduidende bydrae tot die maatskappy se langtermyn-doelwitte lewer.<\/p>\n<p class=\"heading-6\" style=\"color: var(--gold) !important;\">Opvolgbeplanning en billike vergoeding<\/p>\n<p>Opvolgbeplanning is en was nog altyd vir die komitee \u2019n sleutelfokusgebied. Gelyke verteenwoordiging binne ons organisasie is van besondere belang en geniet voorkeur wanneer die geleentheid om nuwe aanstellings te maak hom voordoen. Die komitee is tevrede dat daar binne die verskillende verantwoordelikheidsvlakke geen beduidende geslagsbetalingsgapings is nie, maar gaan voort om die geslagsbetalingsgaping en ander billike vergoedingsverhoudings te monitor.<\/p>\n<p>Die komitee het vordering gemaak met die ontwikkeling van \u2019n alleenstaande beleid vir billike vergoeding, en hierdie beleid sal in die 2026-finansi\u00eble jaar gefinaliseer en aan die direksie voorgel\u00ea word. Die beleid is daarop gemik om billike en gelyke betaling regdeur die maatskappy te verseker, asook om vir die vereistes vir openbaarmaking ingevolge die Maatskappywysigingswet voor te berei. Hoewel die Wet se openbaarmakingsvereistes vir vergoeding nog nie van krag is nie, word die betrokke verhoudings intern deur die maatskappy gemonitor en sal die groep dit openbaar soos en wanneer dit vereis word. Ons het vertroue dat ons bestaande praktyke om betalingsgapings regdeur die maatskappy na te spoor en aan te spreek ons \u2019n voorsprong gee wat verpligte openbaarmaking betref.<\/p>\n<p class=\"heading-6\" style=\"color: var(--gold) !important;\">Reis tot dusver om ESG-maatstawwe in toekenning te verskans<\/p>\n<p>Die eerste Remgro LTA-toekennings, met ESG-maatstawwe, is in 2020 (synde die 2019- en 2020-LTA-toekennings) toegeken. Om bestuur verder aan te spoor en te motiveer om stukrag aan hierdie reis te gee, is kwalitatiewe ESG-maatstawwe in 2021 en 2022 in Remgro LTA-toekennings opgeneem wat gedetailleerde strategiese teikens meet wat op spesifieke datums bereik moet word. Deur die opneem van spesifieke ESG-maatstawwe in die LTA demonstreer Remgro sy openbare verbintenis tot ESG. N\u00e1 die 2023-toekennings sal ESG-teikens 15% van die LTA-toekennings verteenwoordig met die fokus op sleutelmaatstawwe wat deel vorm van die ESG-maatstawwe.<\/p>\n<p>Gedurende die jaar onder oorsig is verskeie inisiatiewe bekendgestel om openbaarmaking en konsekwentheid gesamentlik aan te vul en te verbeter sonder om die unieke eienskappe van elke onderliggende belegging uit die oog te verloor.<\/p>\n<p>Remgro se samewerkingsnetwerk is gedurende die jaar \u2019n platform gegee om ooreengekome projekte en inisiatiewe te loods, te lei en deur te voer.<\/p>\n<p>Die ses ge\u00efdentifiseerde sleutelfokusgebiede sal oor die kort tot medium termyn voortduur en terselfdertyd uitbrei om verbetering en groei aan te moedig. Hierdie fokusgebiede sluit in klimaatsverandering, afvalvermindering by vullingsterrein, assessering van klimaatsverwante risiko en geleenthede, diversiteit, gelykheid en inklusiwiteit, verantwoordelike verkryging en openbaarmaking.<\/p>\n<p>Dit is die komitee se siening dat die spesifieke kwalitatiewe teikens uitdagend genoeg, en in ooreenstemming met die maatskappy se strategie, is, terwyl dit suksesvol \u2019n stewige fondament verskaf om die maatskappy se ESG-strewe te verwesentlik.<\/p>\n<p>Meer besonderhede word in <a href=\"https:\/\/www.remgro.com\/ar2025\/pdf\/afr\/Vergoedings%20verslag.pdf#page=4\">Deel 2<\/a> en <a href=\"https:\/\/www.remgro.com\/ar2025\/pdf\/afr\/Vergoedings%20verslag.pdf#page=12\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">3<\/a> van hierdie verslag verskaf.<\/p>\n<p class=\"heading-6\" style=\"color: var(--gold) !important;\">Stemresultate en aandeelhouersdeelname<\/p>\n<p>By die algemene jaarvergadering (AJV) wat op 28 November 2024 gehou is, het 88.11% van Remgro se gewone aandeelhouers ten gunste van die vergoedingsbeleid gestem, terwyl 66.04% van die gewone aandeelhouers ten gunste van die vergoedingsimplementeringsverslag gestem het. Aangesien meer as 25% van die genoteerde gewone aandeelhouers teen die vergoedingsimplementeringsverslag gestem het en in nakoming van King\u00a0IV en die noteringsvereistes van die JSE, is teenstemmende aandeelhouers genooi om met die maatskappy deur middel van virtuele sessies in gesprek te tree deur middel van \u2019n SENS-aankondiging op 29 November 2024. Teen die afsnydatum van 5 Desember 2024, het geen aandeelhouers hul belangstelling geregistreer om met die maatskappy in gesprek te tree nie, en teen die afsnydatum van 9 Desember 2024, is geen besware, navrae of aanbevelings ten opsigte van die vergoedingsimplementeringsverslag ontvang nie.<\/p>\n<p>Die komitee het \u2019n aktiewe rol ingeneem deur na aandeelhouers se bekommernisse oor die afgelope paar jaar te luister, en dit het noodsaaklike veranderinge aan sy vergoedingsfilosofie en -beleid tot gevolg gehad. Die reis na \u2019n robuuste en goed toegeruste vergoedingsfilosofie en -beleid was tot dusver suksesvol. Die komitee bly ontvanklik vir die aktiewe oorweging van aandeelhouers se sienings oor enige kwessie rakende vergoeding en nominasie met die doel om \u2019n balans te handhaaf tussen die implementering van inisiatiewe wat onmiddellike aandag vereis en di\u00e9 wat oorweging en verdere verkenning voor implementering vereis. Ter opsomming, die veranderinge wat aangebring is as gevolg van aandeelhouers se terugvoering oor die afgelope paar jare, sluit in:<\/p>\n<ul>\n<li>Die bekendstelling van LTA-planne wat op prestasie gegrond is;<\/li>\n<li>Die bekendstelling van maatstawwe vir TSR en WVPA as LTA-prestasiemaatstawwe, en die afskaffing van die strategiese inisiatiewe maatstaf om fokus op waardeskepping en winsgewendheid te verskerp;<\/li>\n<li>Voortgesette hersiening en bekendstelling van meer uitdagende teikens vir die LTAs;<\/li>\n<li>\u2019n Beduidende fokusverskuiwing oor hoe die groep sy ESG-verpligtinge beskou met teikens wat vir bestuur ingestel is;<\/li>\n<li>Die openbaring van nie-finansi\u00eble teikens vir bestuur;<\/li>\n<li>Die bekendstelling van \u2019n Malus- en Clawback-beleid;<\/li>\n<li>Die implementering van \u2019n minimum aandeelhoudingsvereiste (MAV)-beleid wat verseker dat bestuur belyn is met aandeelhouers se belange;<\/li>\n<li>Die kontraktering van \u2019n onafhanklike deskundige om die onafhanklikheid van langdienende nie-uitvoerende direkteure te beoordeel; en<\/li>\n<li>Vir alle toekomstige aanstellings sal \u2019n nie-uitvoerende direkteur wat vir langer as 12 jaar op die direksie dien nie meer as onafhanklik geklassifiseer word nie.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Hierdie inisiatiewe beklemtoon die komitee se voorneme om aandeelhouers se belange in ooreenstemming met di\u00e9 van bestuur te bring.<\/p>\n<p>Vergoeding is \u2019n sleutelfaktor in die aansporing van werknemers op alle vlakke om Remgro te help om sy strategiese doelwitte te bereik en \u2019n volhoubare besigheid oor die lang termyn te bou. Die komitee bly verbind tot skakeling met aandeelhouers en verwelkom konstruktiewe terugvoering wat hulle ten opsigte van die maatskappy se benadering tot vergoeding mag gee ten einde billike en verantwoordelike vergoeding te verseker.<\/p>\n<p class=\"heading-6\" style=\"color: var(--gold) !important;\">Uittrede en opvolging van nie-uitvoerende direkteure<\/p>\n<p>Aandeelhouers is in verlede jaar se vergoedingsverslag in kennis gestel dat mnr F Robertson en mnr N P Mageza van die direksie aftree, effektief vanaf 30 Junie 2025. Die komitee en die direksie bedank hulle vir hul waardevolle bydrae en professionele toewyding gedurende hul termyn.<\/p>\n<p>Die komitee neem ook kennis daarvan dat mnr F Robertson die posisie van ondervoorsitter vervul het. N\u00e1 sy uittrede is die voormalige hoof onafhanklike direkteur, me Sonja De Bruyn, as die ondervoorsitter van die direksie aangestel. Me Sonja De Bruyn se diepgaande begrip van Remgro se besigheidsmodel posisioneer haar goed om die rol te vervul, en die komitee en direksie het vertroue in haar vermo\u00eb om die verantwoordelikhede wat die rol behels, na te kom.<\/p>\n<p>Mnr M Morobe sal mnr F Robertson as \u2019n komiteelid vervang. Mnr M Morobe is goed geplaas om hierdie posisie te vervul, en die komitee sien daarna uit om sy vars idees en perspektiewe oor die komitee se werking te oorweeg.<\/p>\n<p>Die komitee is bewus daarvan dat daar twee vakatures in die direksie is wat gevul moet word. Die proses om geskikte kandidate te identifiseer, is reeds onderweg, en aanstellings sal na verwagting voor die einde van die 2025-kalender jaar gefinaliseer word. Gegewe die kompleksiteit en strategiese belang daarvan om op Remgro se direksie te dien, sal die komitee sorg dat die aanstellingsproses deeglik en deurdag is.<\/p>\n<p class=\"heading-6\" style=\"color: var(--gold) !important;\">Aktiwiteite van vergoedings-en-nominasiekomitee in 2025<\/p>\n<p>Nadat verskeie veranderinge aan die vergoedingsbeleid in die vorige jaar ge\u00efmplementeer is, het die komitee vir die 2025-finansi\u00eble jaar gefokus op konsolidasie en om te verseker dat die gewysigde vergoedingsbeleid dienooreenkomstig met aandeelhouers se verwagtings, gelewer het. Sleutelfokusgebiede het die volgende ingesluit:<\/p>\n<ul>\n<li>Monitor dat die nuwe LTA-prestasiemaatstawwe behaal word en beoordeel die impak daarvan op gedrag en waardeskepping oor die lang termyn;<\/li>\n<li>Finaliseer en keur die prestasieteikens vir die LTA goed;<\/li>\n<li>Hou toesig oor die nakoming van die minimum aandeelhoudingsvereiste om belyning tussen bestuur en aandeelhouers te versterk; en<\/li>\n<li>Skakel met bestuur om te verseker dat die gewysigde vergoedingsraamwerk ten volle verstaan en konsekwent toegepas word.<\/li>\n<\/ul>\n<p class=\"heading-6\" style=\"color: var(--gold) !important;\">Toekomstige fokusgebiede<\/p>\n<p>Gedurende die 2026-finansi\u00eble jaar sal die komitee oorweging aan die volgende skenk:<\/p>\n<ul>\n<li>Om die effektiewe datum van die Maatskappywysigingswet se vergoedingsverwante artikels, asook enige implikasies en verwante implikasies wat dit vir verslagdoening inhou, te monitor. Die komitee sal intussen voortgaan met die interne ontleding van vergoedingsverskille en bly daartoe verbind om die uitkomste, indien nodig, in die 2026-ge\u00efntegreerde jaarverslag te openbaar;<\/li>\n<li>Om te verseker dat ons interne menslike hulpbronneen vergoedingsbeleid transformasie regdeur die besigheid ondersteun; en<\/li>\n<li>Die finalisering van \u2019n billike en verantwoordelike vergoedingsbeleid.<\/li>\n<\/ul>\n<p class=\"heading-6\" style=\"color: var(--gold) !important;\">Adviseurs<\/p>\n<p>Gedurende die 2025-finansi\u00eble jaar het die komitee REMchannel en PricewaterhouseCoopers Ge\u00efnk (PwC) betrek om bestuur en die direksie, by die uitvoering van sy pligte en verantwoordelikhede by te staan.<\/p>\n<p>Die komitee is tevrede en beskou die konsultante ten volle objektief en onafhanklik.<\/p>\n<p class=\"heading-6\" style=\"color: var(--gold) !important;\">Ten slotte<\/p>\n<p>Die komitee is van mening dat Remgro se vergoedingsbeleid in die 2025-finansi\u00eble jaar sy gestelde doelwitte bereik het. Remgro streef voortdurend daarna om die maatskappy se vergoedingspraktyke te verbeter en sien uit na sy skakeling met aandeelhouers om hul ondersteuning te kry vir die besluite oor die vergoedingsbeleid en die vergoedingsimplementeringsverslag (verwys na gewone besluite nommer 16 en 17 in die <a href=\"https:\/\/www.remgro.com\/ar2025\/pdf\/afr\/Kennisgewing%20aan%20aandeelhouers.pdf\">kennisgewing aan aandeelhouers<\/a> van die AJV op 27 November 2025.[\/vc_column_text][\/vc_tta_section][vc_tta_section title=&#8221;Deel 2: Vergoedingsbeleid&#8221; tab_id=&#8221;1603440318952-719ef1ef-2e78&#8243;][vc_row_inner css=&#8221;.vc_custom_1729432467312{margin-top: 0px !important;margin-bottom: 0px !important;border-top-width: 0px !important;border-bottom-width: 0px !important;padding-top: 0px !important;padding-bottom: 0px !important;}&#8221;][vc_column_inner css=&#8221;.vc_custom_1729432779334{margin-top: 0px !important;margin-bottom: 0px !important;border-top-width: 0px !important;border-bottom-width: 0px !important;padding-top: 0px !important;padding-bottom: 0px !important;}&#8221;][vc_column_text css=&#8221;.vc_custom_1761755355992{margin-top: 0px !important;margin-bottom: 0px !important;border-top-width: 0px !important;border-bottom-width: 0px !important;padding-top: 0px !important;padding-bottom: 0px !important;}&#8221;]Die vergoedingsbeleid bied \u2019n oorsig van Remgro se vergoedingsbeginsels vir die organisasie as \u2019n geheel en is van toepassing op alle permanente werknemers. Die inligting wat in hierdie beleid verskaf word, is op aanbeveling van die komitee, deur die direksie goedgekeur. Hierdie vergoedingsbeleid sal aan \u2019n nie-bindende adviserende stem deur aandeelhouers by die volgende AJV op 27 November 2025 voorgel\u00ea word.<\/p>\n<p class=\"heading-6\" style=\"color: var(--gold) !important;\">Bestuur<\/p>\n<p>Die komitee word deur die direksie aangestel, met gedelegeerde gesag, en die funksies van hierdie direksiekomitee is goed gevestig binne Remgro se bedryfsomgewing. In wese is dit die rol van die komitee om billike en verantwoordelike vergoeding regdeur die maatskappy te verseker, deur die daarstel en implementering van toepaslike beleide, en dat die openbaarmaking van vergoeding akkuraat, volledig en deursigtig geskied. Uiteindelike verantwoordelikheid berus by die direksie.<\/p>\n<p>Die komitee word bestuur met \u2019n mandaat wat jaarliks deur die direksie hersien en goedgekeur word, en wat aanbevelings vir beste bestuurspraktyk insluit. Dit dien ook om lede van die komitee te help met die uitvoering van hul rol en verantwoordelikhede.<\/p>\n<p>Die komitee bestaan uit vier nie-uitvoerende direkteure, waarvan drie onafhanklik is. Die lede van die komitee vir die jaar onder oorsig was:<\/p>\n<ul>\n<li>Mnr J P Rupert (nie-uitvoerende direkteur en voorsitter);<\/li>\n<li>Me S E N De Bruyn (hoof onafhanklike nie-uitvoerende direkteur);<\/li>\n<li>Mnr P J Moleketi (onafhanklike nie-uitvoerende direkteur);<\/li>\n<li>Mnr F Robertson (onafhanklike nie-uitvoerende direkteur) wat op 30 Junie 2025 afgetree het; en<\/li>\n<li>Mnr M Morobe (onafhanklike nie-uitvoerende direkteur) wat aangestel is effektief vanaf Julie 2025.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die direksie erken die aanbevole praktyk in King IV dat die voorsitter van die direksie nie die voorsitter van hierdie komitee behoort te wees nie, maar om die volgende redes word hierdie re\u00ebling as toepaslik beskou:<\/p>\n<ul>\n<li>Dit is noodsaaklik om die maatskappy se vergoedingsbenadering in ooreenstemming met die korporatiewe strategie te bring;<\/li>\n<li>Die voorsitter ontvang geen vergoeding of fooie van Remgro nie en dus is daar geen belangebotsing ten opsigte van die goedkeuring van fooie vir nie-uitvoerende direkteure nie;<\/li>\n<li>Die voorsitter is \u2019n beduidende aandeelhouer in die besigheid en daarom word dit nie as onbillik beskou dat hy as voorsitter van hierdie komitee dien nie; en<\/li>\n<li>Volgens die samestelling van die komitee bly die meerderheid lede van die komitee onafhanklike nie-uitvoerende direkteure.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die komitee het drie keer gedurende die jaar formeel vergader en het verskeie informele interaksies gehad ter voorbereiding van die formele vergaderings, skakelings met aandeelhouers en voorafgaande vergaderings. Besonderhede oor die bywoning van die formele vergaderings word in die <a href=\"https:\/\/www.remgro.com\/ar2025\/pdf\/afr\/Korporatiewe%20bestuurs%20verslag.pdf#page=7\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">korporatiewe bestuursverslag<\/a> uiteengesit.<\/p>\n<p>Die opdrag van die komitee, soos vervat in die mandaat, sluit die volgende in:<\/p>\n<p>Ten opsigte van die nominasiefunksie:<\/p>\n<ul>\n<li>Help die direksie met die proses om geskikte kandidate te identifiseer om as direkteure aan te stel;<\/li>\n<li>Verseker die daarstelling van \u2019n formele en deursigtige proses vir die aanstel van direkteure;<\/li>\n<li>Hou toesig oor die ontwikkeling van \u2019n formele induksieprogram vir nuwe direkteure;<\/li>\n<li>Evalueer die prestasie van die direksie; en<\/li>\n<li>Verseker dat formele opvolgplanne vir die direksie, hoofuitvoerende beampte (HUB) en ander bestuursraadslede ontwikkel en ge\u00efmplementeer word.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Ten opsigte van die vergoedingsfunksie:<\/p>\n<ul>\n<li>Hou toesig oor die daarstelling van \u2019n organisasiewye vergoedingsbeleid wat positiewe uitkomste bevorder binne die ekonomiese, maatskaplike en omgewingsverband waarin Remgro sy sake bedryf;<\/li>\n<li>Bevorder \u2019n etiese kultuur en verantwoordelike korporatiewe burgerskap binne die vergoedingsverband;<\/li>\n<li>Hou toesig oor die billike, verantwoordelike en deursigtige daarstelling en administrasie van vergoeding van alle werknemers;<\/li>\n<li>Adviseer oor die vergoeding van nie-uitvoerende direkteure, vir goedkeuring deur die aandeelhouers by die AJV;<\/li>\n<li>Verseker dat vergoeding voldoen aan Remgro se behoeftes en strategiese doelwitte en in ooreenstemming met die aandeelhouers se goedgekeurde plan en re\u00ebls geadministreer word;<\/li>\n<li>Hou toesig oor die voorbereiding, en aanbeveling aan die direksie, van die vergoedingsverslag wat in die ge\u00efntegreerde jaarverslag ingesluit moet word; en<\/li>\n<li>Verseker dat die vergoedingsbeleid en vergoedingsimplementeringsverslag vir twee afsonderlike nie-bindende adviserende stemme deur aandeelhouers by die AJV voorgel\u00ea word.<\/li>\n<\/ul>\n<p class=\"heading-6\" style=\"color: var(--gold) !important;\">Koppeling van ESG met vergoeding<\/p>\n<p class=\"heading-7\">Bestaande praktyke<\/p>\n<p>Werkplek-, ekonomiese, maatskaplike en omgewingsvolhoubaarheidspraktyke was nog altyd deel van Remgro se kernwaardes en deur die nuwe ESG-strategie word hierdie praktyke in die algehele vergoedingsraamwerk verskans.<\/p>\n<table class=\"Linking-tbl\" border=\"0\" width=\"100%\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"0\">\n<thead>\n<tr>\n<td width=\"30%\">Raakpunte met ESG<\/td>\n<td>Raakpunte met vergoeding<\/td>\n<\/tr>\n<\/thead>\n<tbody>\n<tr>\n<td><\/td>\n<td><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td class=\"text-medium text-dark-grey brown brownline\" valign=\"top\">Omgewing<\/td>\n<td class=\"brown brownline\">Insluiting van ESG-maatstawwe in LTA-planne<br \/>\nIndividuele SPIs sluit spesifieke ESG-maatstawwe in<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td class=\"text-medium text-dark-grey brown brownline\" valign=\"top\">Maatskaplik<\/td>\n<td class=\"brown brownline\">TGP van nie-bestuurspersoneel is mededingend en is geposisioneer rondom die 75ste persentiel van die mark<br \/>\nAlle werknemers neem deel aan die LTA-plan<br \/>\nWerknemers op laer vlakke ontvang oor die algemeen ho\u00ebr persentasie verhogings<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td class=\"text-medium text-dark-grey brown\" valign=\"top\">Bestuur<\/td>\n<td class=\"brown\">Balanseer werknemerbelange en di\u00e9 van aandeelhouers deur groei in intrinsieke netto batewaarde (INBW) te vergoed<br \/>\nBelyning van bestuursvergoeding en waardeskepping vir aandeelhouers deur die aanvaarding van \u2019n MAV<br \/>\nTree op in ooreenstemming met internasionale beste praktyke deur Malus- en Clawback-beginsels in veranderlike vergoeding te inkorporeer<br \/>\nDuidelike en deursigtige vergoedingsrapportering<br \/>\nOntwikkeling van \u2019n ESG-bestuursraamwerk<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p class=\"heading-6\" style=\"color: var(--gold) !important;\">Billike en verantwoordelike vergoeding regdeur die maatskappy<\/p>\n<p>Die bereiking van Remgro se strategie is afhanklik van die waardes, talent en vaardighede van alle werknemers van die maatskappy en daarom beskou Remgro werknemers as kritieke bates. Remgro is verbind tot die beginsel om alle werknemers van die maatskappy te vergoed op \u2019n wyse wat billik, regverdig en verantwoordelik is, en streef daarna om \u2019n omgewing te skep wat inklusief is. Di\u00e9 onderneming word in die vergoedingsbeleid vasgel\u00ea.<\/p>\n<p>Die TGP van alle werknemers word rondom die 75ste persentiel van die mark (in verskillende posvlakke) geposisioneer en neem in ag dat die maatskappy nie korttermynaansporings (KTA) het nie. Vir uitvoerende direkteure, voorgeskrewe beamptes en senior bestuurders word die mediaan van die verwysingsgroep deur die maatskappy geteiken, volgens \u2019n totale vergoedings (TV)- vergelyking. Alle werknemers, en nie net bestuurspersoneel nie, kom daarby in aanmerking vir die ontvangs van LTA-toekennings. Werknemers op die laer vlakke ontvang oor die algemeen ho\u00ebr persentasie verhogings as ander werknemers.<\/p>\n<p>Deurlopende handelinge in di\u00e9 verband sluit in:<\/p>\n<ul>\n<li>Beoordeling van vergoedingsvoorwaardes tussen werknemers op dieselfde vlak in ooreenstemming met die beginsel van \u201cgelyke betaling vir werk van gelyke waarde\u201d ten einde te verseker dat ongeregverdigde vergoedingsongelykhede, in die besonder enige verskille vir geslag en ras, ge\u00efdentifiseer en hanteer word.<\/li>\n<li>Investering in mense, wat insluit: talentbestuur, ontwikkelingsgeleenthede vir alle werknemers, verskeie opleidingskursusse, volgens behoeftes ge\u00efdentifiseer, en \u2019n werknemerwaarde-aanbod, wat met korporatiewe waardes en kultuur belyn is.<\/li>\n<li>Billike en verantwoordelike vergoedingspraktyke bly \u2019n sleutelfokusgebied vir die komitee in die 2026-finansi\u00eble jaar, en ons het ten doel om die billike en verantwoordelike vergoedingsbeleid te finaliseer en goed te keur.<\/li>\n<\/ul>\n<p class=\"heading-6\" style=\"color: var(--gold) !important;\">Komponente van vergoeding<\/p>\n<p>Remgro het twee komponente van vergoeding, naamlik vaste vergoeding (wat byvoordele insluit) en LTAs in die vorm van die SAR-plan en die CSP (geen nuwe toekennings sal vir die voorsienbare toekoms ingevolge die SAR-plan gemaak word nie). Remgro betaal nie korttermynaansporings nie en glo dat bestuur se besluitneming op die lang termyn moet fokus, in ooreenstemming met die filosofie dat hulle vergoed moet word waar langtermynwaarde wat geskep word, bewese is, sonder oormatige risikoneming oor die kort termyn.<\/p>\n<p>Dieselfde vergoedingsbeginsels en -komponente is van toepassing op alle werknemers van Remgro. Die vergoedingsbeleide, -beginsels en -praktyke van Remgro se onderliggende beleggings, word deur vergoedingskomiteestrukture in daardie organisasies bestuur.<\/p>\n<p>Die besonderhede van die komponente word op die volgende bladsy uiteengesit.<br \/>\n<!--The details of the components are outlined on the next page. https:\/\/www.remgro.com\/ar2024\/pdf\/eng\/Remuneration-Report.pdf#page=5--><br \/>\n<a href=\"https:\/\/www.remgro.com\/ar2025\/pdf\/afr\/Remgro_IAR_AFR_2025_Interactive.pdf#page=95\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Klik hier vir meer inligting<\/a>[\/vc_column_text][\/vc_column_inner][\/vc_row_inner][\/vc_tta_section][vc_tta_section title=&#8221;Deel 3: Vergoedingsimplementeringsverslag&#8221; tab_id=&#8221;1603443683193-188b9dcf-fcbe&#8221;][vc_column_text css=&#8221;&#8221;]\n<div class=\"download-block\">\n<div class=\"col-xs-10\"><a href=\"https:\/\/www.remgro.com\/ar2025\/pdf\/afr\/Vergoedings%20verslag.pdf#page=12\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Remgro Beperk Vergoedingsimplementeringsverslag<\/a><\/div>\n<div class=\"col-xs-2\"><\/div>\n<div class=\"clearfix\"><\/div>\n<\/div>\n[\/vc_column_text][\/vc_tta_section][\/vc_tta_accordion][\/vc_column][\/vc_row]\n<\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>[vc_row][vc_column][vc_column_text css=&#8221;.vc_custom_1761315441739{padding-top: 10px !important;padding-right: 10px !important;padding-bottom: 10px !important;padding-left: 10px !important;}&#8221;]Hierdie verslag gee \u2019n uiteensetting van ons vergoedingsbeleid en die vergoedingsimplementeringsverslag vir uitvoerende direkteure en nie-uitvoerende direkteure se vergoeding vir die 2025-finansi\u00eble jaar en word in drie dele aangebied: i) Deel 1: Die agtergrondverslag wat konteks gee oor ons vergoedingsbeleid en prestasie; ii) Deel 2: \u2019n&#8230;  <a href=\"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/vergoedingsverslag\/\" class=\"more-link\" title=\"Read Vergoedingsverslag\">Read more &raquo;<\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"parent":445,"menu_order":2,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"page-full-width.php","meta":{"footnotes":""},"class_list":["post-1622","page","type-page","status-publish","hentry"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.4 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vergoedingsverslag - Remgro Limited<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/vergoedingsverslag\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vergoedingsverslag - Remgro Limited\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"[vc_row][vc_column][vc_column_text css=&#8221;.vc_custom_1761315441739{padding-top: 10px !important;padding-right: 10px !important;padding-bottom: 10px !important;padding-left: 10px !important;}&#8221;]Hierdie verslag gee \u2019n uiteensetting van ons vergoedingsbeleid en die vergoedingsimplementeringsverslag vir uitvoerende direkteure en nie-uitvoerende direkteure se vergoeding vir die 2025-finansi\u00eble jaar en word in drie dele aangebied: i) Deel 1: Die agtergrondverslag wat konteks gee oor ons vergoedingsbeleid en prestasie; ii) Deel 2: \u2019n... Read more &raquo;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/vergoedingsverslag\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Remgro Limited\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-10-29T16:44:46+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"http:\/\/ince-dev-2023.dev.ince.co.za\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/Vergoedingsraamwerk-scaled.jpg\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"16 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/vergoedingsverslag\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/vergoedingsverslag\\\/\",\"name\":\"Vergoedingsverslag - Remgro Limited\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/vergoedingsverslag\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/vergoedingsverslag\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/wp-content\\\/uploads\\\/Vergoedingsraamwerk-scaled.jpg\",\"datePublished\":\"2014-10-19T11:58:57+00:00\",\"dateModified\":\"2025-10-29T16:44:46+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/vergoedingsverslag\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/vergoedingsverslag\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/vergoedingsverslag\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/wp-content\\\/uploads\\\/Vergoedingsraamwerk-scaled.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/wp-content\\\/uploads\\\/Vergoedingsraamwerk-scaled.jpg\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/vergoedingsverslag\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"ESG en volhoubaarheid\",\"item\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/af\\\/bestuur-en-volhoubaarheid\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vergoedingsverslag\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/\",\"name\":\"Remgro Limited\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/#organization\",\"name\":\"Remgro Limited\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/03\\\/logo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/03\\\/logo.jpg\",\"width\":337,\"height\":109,\"caption\":\"Remgro Limited\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.remgro.com\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vergoedingsverslag - Remgro Limited","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/vergoedingsverslag\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Vergoedingsverslag - Remgro Limited","og_description":"[vc_row][vc_column][vc_column_text css=&#8221;.vc_custom_1761315441739{padding-top: 10px !important;padding-right: 10px !important;padding-bottom: 10px !important;padding-left: 10px !important;}&#8221;]Hierdie verslag gee \u2019n uiteensetting van ons vergoedingsbeleid en die vergoedingsimplementeringsverslag vir uitvoerende direkteure en nie-uitvoerende direkteure se vergoeding vir die 2025-finansi\u00eble jaar en word in drie dele aangebied: i) Deel 1: Die agtergrondverslag wat konteks gee oor ons vergoedingsbeleid en prestasie; ii) Deel 2: \u2019n... Read more &raquo;","og_url":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/vergoedingsverslag\/","og_site_name":"Remgro Limited","article_modified_time":"2025-10-29T16:44:46+00:00","og_image":[{"url":"http:\/\/ince-dev-2023.dev.ince.co.za\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/Vergoedingsraamwerk-scaled.jpg","type":"","width":"","height":""}],"twitter_misc":{"Est. reading time":"16 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/vergoedingsverslag\/","url":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/vergoedingsverslag\/","name":"Vergoedingsverslag - Remgro Limited","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.remgro.com\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/vergoedingsverslag\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/vergoedingsverslag\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/Vergoedingsraamwerk-scaled.jpg","datePublished":"2014-10-19T11:58:57+00:00","dateModified":"2025-10-29T16:44:46+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/vergoedingsverslag\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/vergoedingsverslag\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/vergoedingsverslag\/#primaryimage","url":"https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/Vergoedingsraamwerk-scaled.jpg","contentUrl":"https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/Vergoedingsraamwerk-scaled.jpg"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/vergoedingsverslag\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"ESG en volhoubaarheid","item":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/bestuur-en-volhoubaarheid\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vergoedingsverslag"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.remgro.com\/#website","url":"https:\/\/www.remgro.com\/","name":"Remgro Limited","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/www.remgro.com\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.remgro.com\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/www.remgro.com\/#organization","name":"Remgro Limited","url":"https:\/\/www.remgro.com\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.remgro.com\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/logo.jpg","contentUrl":"https:\/\/www.remgro.com\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/logo.jpg","width":337,"height":109,"caption":"Remgro Limited"},"image":{"@id":"https:\/\/www.remgro.com\/#\/schema\/logo\/image\/"}}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/1622","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1622"}],"version-history":[{"count":38,"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/1622\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":22983,"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/1622\/revisions\/22983"}],"up":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/445"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.remgro.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1622"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}