REMGRO SE KERNDOELWITTE

Bestuur met die doel om gedeelde waardeskepping en volhoubare groei vir alle belanghebbendes te maksimeer.

Remgro is ‘n beleggingshouermaatskappy wat verbind is om die toekoms te help vorm en ‘n vennoot in welvaart vir Suid-Afrika te wees.
Ons visie is om ‘n betroubare beleggingsmaatskappy van keuse te wees wat volgehoue en volhoubare waarde vir belanghebbendes skep.
Ons kritieke rol van rentmeesterskap van ons onderliggende beleggings en vertoningsrekord van omsigtige bestuur en handhawing van ‘n sterk finansiële posisie help ons om in ‘n gediversifiseerde portefeulje van ondernemings te belê wat voortreflike verdienste en dividendgroei oor die lang termyn kan voorsien tot voordeel van al ons geloofwaardige belanghebbendes.
Ons doel is om ‘n leier in die ontwikkeling van ESG- en korporatiewe volhoubaarheid te wees en dit doelbewus deel van ons besigheid te maak.

Die volgende aspekte word as fundamenteel vir volhoubare groei en welvaartskepping beskou.

OM ETIES SAKE TE DOEN

Deur altyd die impak van die maatskappy se strategie op sy kommersiële volhoubaarheid, die impak op die gemeenskap waarin hy sake bedryf en die omgewing in aanmerking te neem, lei Remgro tot ’n verantwoordelike korporatiewe burger en belegger.
Leierskap gegrond op ’n etiese fondasie lei tot ’n kultuur van etiese en morele gedrag en die nakoming van wette, reëls, kodes en standaarde. Konstante bereiking van doelwitte skep vertroue, terwyl etiese omgewings ook hoë personeelmoraal bevorder.
Deur altyd daarna te streef om die “regte ding te doen”, posisioneer Remgro homself as die betroubare beleggingsvennoot van keuse.

VERNAAMSTE GEÏNTEGREERDE VOLHOUBAARHEIDSAANDRYWERS

Remgro se grootte en invloed stel hom in staat om beduidende belange te bekom in ondernemings wat groot genoeg is om ’n wesentlike uitwerking op sy verdienste en netto batewaarde te hê. Remgro se status as ’n betroubare beleggingsmaatskappy van keuse, wat voldoen aan ESG- en volhoubaarheidsbeginsels, vergemaklik die bou van strategiese vennootskappe en toegang tot beleggingsgeleenthede. Daarby stel die ontbondeling van gevestigde besighede aan aandeelhouers Remgro in staat om waarde te ontsluit en verleen dit aan die onderneming behendigheid om ongenoteerde beleggingsgeleenthede te ondersoek.
’n Gesonde staat van finansiële stand, met lae skuldvlakke, stel Remgro in staat om nuwe beleggings te maak, of om sy belang te verhoog in beleggings wat goed presteer, of om groeigeleenthede te befonds deur middel van aandeelhouerlenings. Verder bevorder dit die sake-veerkragtigheid van die groep in onstabiele globale omgewings.
Remgro se rentmeesterskap van sy onderliggende beleggings deur middel van kundige en ervare bestuurders, is kritieke waardetoevoeging en bevorder daarby sy volhoubaarheidsagenda om, gedryf deur ESG-beginsels, volhoubare gedrag te bewerkstellig en sodoende algemene en gesamentlike volhoubaarheidsdoelwitte te behaal.
Remgro se fokus op ESG-beginsels, innovasie en toekomsontwikkelings dien as insette vir sy beleggingsraamwerk en -mandaat.

Vernaamste geïntegreerde risiko’s

Remgro se vernaamste risiko’s en geleenthede word hieronder saamgevat. ’n Meer omvattende ontleding van ons risiko-bestuursproses word in die risiko- en geleentheidsbestuursverslag gegee, terwyl die belangrikste finansiële risiko’s, insluitende dié wat verband hou met die wêreld-ekonomie en wisselkoerse, in die verslag van die HFB behandel word. Die impak van die konflik tussen Rusland en Oekraïne, die gevolge van die Covid-19-pandemie en voortgaande tendense van maatskaplike onstabiliteit, ekonomiese verswakking en politieke onbestendigheid op eksterne risiko en geleentheid, asook die implikasies vir Remgro se Ses Kapitale en risiko-aptyt, word ook in die risiko- en geleentheidsbestuursverslag hanteer.

SLEUTELDOELWITTE EN KONTEKS GEÏNTEGREERDE RISIKO’S/GELEENTHEDE RISIKOVERMINDERINGSTRATEGIEË
Om ‘n vennoot in Suid-Afrika se welvaart te wees. Dit sluit die suksesvolle en volhoubare vertoning van die besigheid in om ekonomiese groei te bevorder, werksgeleenthede te skep, belasting te betaal en saam te werk vir ‘n suksesvolle bestuurde land tot voordeel van al sy mense. Gebeure soos die Covid-19-pandemie, toenemende geopolitieke onstabiliteit, ongunstige weersomstandighede en ‘n dalende ekonomie onderstreep en verhoog die ongelykhede in Suid-Afrika en wêreldwyd. Remgro se waardes is daarop gegrond om die regte ding te doen en ‘n verantwoordelike korporatiewe burger te wees.

ESG word doelbewus deel van die besigheidstrategie gemaak om te verseker dat gemeenskaps- en omgewingsbelangegroepe geken word in die strategieë, beleggingsmandate en besigheidsmodelle van die groep. Verantwoordelike gedrag deur diensverskaffers word inkorporeer in voorwaardes van betrokkenheid.

Gefokusde belangegroep-kommunikasie- en skakelingsprosesse.

KMB- en gemeenskapsinisiatiewe.

Om ‘n betroubare beleggingsmaatskappy van keuse te wees wat konsekwent volhoubare waarde skep. Operasionele omgewing

Suid-Afrikaanse landrisiko weens politieke onstabiliteit, volgehoue maatskaplike onrus, lae ekonomiese groei, stygende lopende rekening, stygende inflasie en rentekoerse, asook begrotingstekorte.

In die jaar onder oorsig is dit vererger deur die Rusland/Oekraïne-konflik en gevolge van die wêreldwye Covid-19-pandemie. Ondanks fiskale verligtingsmaatreëls het die regulerende reaksie en sosio-ekonomiese impak groeiscenario’s belemmer.

Die direksie, sowel as die direksies van onderliggende beleggings, fokus in ’n toenemende mate op die oplossing van dringende aangeleenthede, soos buitelandse valutarisiko, maatskaplike onrus, kragvoorsieningsrisiko, waterskaarste, wetgewing en regulatoriese aangeleenthede en toename in misdaad, deur strategiese en/of beheerprosesse.

Verhoogde klem op verhoudingskapitaal en belangegroep-interaksie.

Vertroue

Globaal verloor beleggers vertroue weens ‘n ineenstorting van bewind, swak etiek, korporatiewe bedrog en inkonsekwente ervaring ten opsigte van die bereiking van gestelde doelwitte.

Remgro handhaaf ‘n trotse rekord van stewige bestuur by wyse van sigbare etiese leierskap, deursigtige en duidelike belangegroepkommunikasie, die daarstelling van ‘n gesonde risiko- en beheeromgewing en die behandeling van belangegroepe met respek en agting.

Ons streef na voortreflikheid in alles wat ons doen en handhaaf ‘n kultuur van aanspreeklikheid.

Vergoedingsbeginsels is in ooreenstemming met dié van aandeelhouers.

Struktuur en prestasie

Beleggers vereis volhoubare opbrengste en die ontsluiting van waarde in beleggingshouermaatskappye in ooreenstemming met die risikoprofiel van die belegging wat gemaak is.

Beleggingstrategieë sluit ‘n fokus op die optimalisering van die beleggingsportefeulje in, asook die ontsluiting van waarde vir belangegroepe.

Die direksie handhaaf ‘n gesonde risiko-aptyt en verseker dat die groep voldoende gestruktureer en gekapitaliseer is om volhoubaarheid tydens negatiewe siklusse te verseker, asook geposisioneer is vir groei deur omsigtige kapitaaltoewysing en finansiële ondersteuning aan groeiende en presterende onderliggende beleggings.

Belegging in menslike kapitaal en die effektiewe ontplooiing van verhoudings- en intellektuele kapitaal ondersteun verder groei by onderliggende beleggings.

Die Future Fit-proses, onder toesig van die bestuursraad, verseker ‘n innoverende en entrepreneursgees van hoë prestasie, asook krag in inklusiwiteit en diversiteit.

Verteenwoordiging in die direksies van onderliggende beleggings verseker doeltreffende oorsig en die ondersteuning van hoë prestasie-, gemotiveerde en etiese bestuurspanne.

Prestasie van onderliggende beleggings

Die onvermoë van die direksies van onderliggende beleggings om ontwrigtende tegnologierisiko’s betyds te identifiseer en daarop te reageer, asook op geleenthede, politieke, omgewings-, maatskaplike, regulatoriese of ekonomiese ontwikkelings in hul markte.

Onvoldoende vermoë om te innoveer, kan mededingingsvermoë strem.

Die volhoubaarheid van die maatskappy, asook dié van onderliggende beleggings, is afhanklik van hul vermoë om markneigings en ander ontwrigtende impakte in hul markte, of besigheidsmodel, wat hul besighede wesentlik kan beïnvloed, te identifiseer en daarop te reageer.

Optimalisering van menslike, intellektuele, vervaardigings- en verhoudingskapitaal deur groepsamewerking.

Om ‘n leier te wees in die ontwikkeling van ESG en korporatiewe volhoubaarheid in ‘n Suid-Afrikaanse konteks. Oor dekades heen, en op ‘n globale skaal, het swak, of swak ingeligte regerings, saam met bevolkingsgroei, industrialisasie en die verhoogde verbruik van natuurlike hulpbronne, globale verwarming, asook die ontwrigting van weerpatrone, stygende migrasie van mense, massiewe besoedeling van die natuurlike omgewing en ander nadelige gevolge in die hand gewerk, wat met verloop van tyd ‘n impak op die planeet se volhoubaarheid sal hê.

In reaksie hierop probeer regerings, gemeenskappe, belangegroepe en beleggers deur middel van regulering, beter tegnologie, oproepe om groter deursigtigheid en rapportering, sowel as gedragsveranderinge as rentmeesters vir toekomstige geslagte, om die proses te vertraag, en mettertyd om te keer, ten einde ‘n volhoubare toekoms te verseker.

Verwys asseblief na die oorsig van ESG- en volhoubaarheidstrategie en die verkorte volhoubaarheidsverslag.

Remgro het verder die behoefte om effektief en betyds op ESG te reageer, beklemtoon deur dit doelbewus in sy besigheidsmodel, strategieë en bedryfsaktiwiteite te integreer. Deur aandeelhouersregte en invloed by onderliggende beleggings is ‘n proses ook begin om die aanvaarding van beste internasionale praktyke en norms te motiveer en gevorderde bestuurs-, risiko- en geleentheidbestuursprosesse, asook ander verwante prosesse, te monitor om uitdrukking aan sy doelwit te gee om deur voorbeeld ‘n leier in ESG te wees en saam te werk in gebiede buite sy beheer.