J P RUPERT (69)
AANGESTEL: 18 Augustus 2000
VOORSITTER

Direkteurskappe: Mnr Rupert is die voorsitter van Compagnie Financière Richemont SA en die voorsitter van Reinet Investments Manager SA, die bestuursmaatskappy van Reinet Investments S.C.A. Hy het ekonomie en maatskappyreg aan Universiteit Stellenbosch studeer en het ‘n uitgebreide loopbaan in internasionale sake, bankwese en finansies. Nadat hy vir Chase Manhattan Bank en Lazard Frères in New York gewerk het, het hy Rand Aksepbank Beperk in 1979 gestig. In 1985 het hy by die Rembrandt Groep aangesluit. Hy is die ontvanger van eredoktorsgrade in die regte, ekonomie en handel, is kanselier van Universiteit Stellenbosch en voorsitter van die Vredesparkestigting.

< TERUG NA NIE-UITVOERENDE DIREKTEURE