Bydrae tot wesensverdienste 30 Junie
2022
R miljoen
30 Junie
2021
R miljoen
Distell – entiteitsbydrae 735 538
IFRS 3 uitgawe (11) (47)
RCL Foods 846 759
Siqalo Foods – entiteitsbydrae 401 405
IFRS 3 uitgawe (65) (79)
1 906 1 576

Profiel:

Distell produseer en bemark gehaltewyne, spiritualieë en gegeurde alkoholiese drank in Suid-Afrika en internasionaal.

KORPORATIEWE INLIGTING

Markkapitalisasie op 30 Junie 2022 R37 715 miljoen
Genoteer op die JSE Beperk
Hoofuitvoerende beampte R M Rushton
Remgro genomineerde direkteure J J Durand, P R Louw (alternatief)

VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

KMB/Opleidingspandering R81 miljoen
Aantal werknemers 4 607
BBSEB-status Vlak 3
Omgewingsaspek Vlak 1- en 2-uitlatings van 168 820 ton CO2e
FINANSIËLE HOOGTEPUNTE Jaar geëindig
30 Junie 2022
R miljoen 
Omset 34 134 20.8
Bedryfswins 3 419 20.3
Wesensverdienste 2 315 36.8

Distell Group Holdings Beperk (Distell)

Distell se bydrae tot Remgro se wesensverdienste vir die jaar onder oorsig het R735 miljoen (2021: R538 miljoen) bedra. Met ‘n bykomende IFRS 3-koste wat op Remgro-vlak verantwoord is, het Distell R724 miljoen (2021: R491 miljoen) bygedra.

Distell se gerapporteerde wesensverdienste vir die jaar geëindig 30 Junie 2022 het met 36.8% tot R2 315 miljoen (2021: R1 692 miljoen) toegeneem. Distell se omset het met 20.8% tot R34.1 miljard toegeneem op volumes wat 17.6% hoër was. Omset, uitgesluit aksynsbelasting, het met 18.3% toegeneem.

Plaaslike omset het met 24.4% en volumes met 18.7% toegeneem. Dit was in ‘n tydperk met 47 meer handelsdae vergeleke met dieselfde tydperk die vorige jaar. Al drie kategorieë het met dubbelsyfers gegroei. Die groeimomentum in die premiesider- en gereed-om-te-drink-segment het voortgeduur, met Savanna, Hunter’s en Bernini aan die voorpunt. Verskeie spiritualieë-handelsmerke het indrukwekkend gegroei, met uitstaande vertonings deur sleutelhandelsmerke in die jenewer-, vodka-, likeur- en whisky-kategorie. Die veerkragtige groei in die wynkategorie is deur Drostdy-Hof, J.C. Le Roux-vonkelwyn en 4th Street gedryf.

In Afrika-markte, buiten Suid-Afrika, het omset met 14.4% gegroei op volumes wat 16.3% hoër was. Volumes in Botswana, Lesotho, Namibië en Eswatini (BLNE-lande) het in die tweede ses maande herstel en met 11.9% in die finansiële jaar gegroei, vergeleke met ‘n afname in volume van 1.4% in die eerste helfte van die jaar. Buite die BLNE-lande het omset met 16% toegeneem, danksy Mosambiek, Zambië, Tanzanië en Nigerië se vertonings. Die Afrika-streek het in die huidige tydperk 64.9% tot buitelandse omset en 16.3% tot groepomset bygedra.

Omset in internasionale markte buite Afrika het met 7.9%, saam met volumegroei van 9.4%, toegeneem, danksy die vertoning van enkelmout en Amarula. Hierdie groei is behaal ondanks die feit dat een van die grootste omsetbydraende streke, Taiwan, Covid-19-verwante verbruikskanaalsluitings vir verlengde periodes gedurende die handelstydperk ervaar het. Volumes het egter herstel en handhaaf ‘n positiewe trajek. Suid-Afrikaanse hawe-ontwrigtings het ook ‘n nadelige uitwerking op wynuitvoere gehad. Die globale kleinhandelsreissektor het ‘n goeie vertoning gelewer ondanks reisontwrigtings wat steeds voorgekom het.

Profiel:

RCL Foods is ’n houermaatskappy, met gediversifiseerde belange, wat op drie kategorieë fokus: voedsel (kruideniersware, bak en suiker), Rainbow (hoender, insluitend Epol dierevoedsel) en Vector Logistics.

KORPORATIEWE INLIGTING

Markkapitalisasie op 30 Junie 2022 R9 162 miljoen
Genoteer op die JSE Beperk
Hoofuitvoerende beampte P D Cruickshank
Remgro genomineerde direkteure J J Durand, P R Louw, H J Carse, P J Neethling (alternatief)

VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

KMB/Opleidingspandering R64 miljoen
Aantal werknemers 20 793
BBSEB-status Vlak 4
Omgewingsaspek Vlak 1- en 2-uitlatings van 1 045 842 ton CO2e
FINANSIËLE HOOGTEPUNTE Jaar geëindig
30 Junie 2022
R miljoen 
Omset 34 907 10.2
Bedryfswins 1 606 8.7
Wesensverdienste 1 054 10.0

RCL Foods Beperk (RCL Foods)

In die jaar geëindig 30 Junie 2022 het RCL Foods se wesensverdienste met 10.0% tot R1 054 miljoen (2021: R958 miljoen) toegeneem. Remgro se gedeelte hiervan het R846 miljoen (2021: R759 miljoen) vir die jaar onder oorsig bedra.

RCL Foods se omset vir die jaar geëindig 30 Junie 2022 het met 10.2% tot R34.9 miljard (2021: R31.7 miljard) toegeneem. Alle sake-eenhede het tot die verbetering bygedra, met die grootste bydrae deur Vector Logistics en Rainbow.

Die EBITDA van RCL Foods se waardetoegevoegde besigheid (kruideniersware, bak en suiker) het sedert die vorige jaar afgeneem weens die talle uitdagings wat die besigheid in die huidige finansiële jaar moes trotseer. Die insluiting van ‘n bykomende handelsweek in die vorige jaar het ook tot die afname bygedra. Suiker het sy tweede grootste wins ooit gerapporteer, terwyl die kruideniersbedryfseenheid weereens ‘n stewige vertoning gelewer het, veral danksy die troeteldierkos-afdeling. Omsetgroei is ondersteun deur stewige volumes en verantwoordelike prysstygings, wat grootliks daarin geslaag het om hoër insetkoste te verhaal. Die portefeulje, wat in dieselfde kategorie beide premie- en waardehandelsmerke verskaf, het noodsaaklik geblyk in die handhawing van verkoopsvolumes in moeilike tye wanneer verbruikers neig om af te skaal.

Die kruidenierseenheid se onderliggende EBITDA het met 1.9% tot R551.7 miljoen (2021: R562.4 miljoen) afgeneem, met die stewige kruideniersresultate wat teengewerk is deur diensvlakuitdagings en margedruk by pasteie en drinkgoed.

Terwyl die bakbesigheidseenheid omsetgroei getoon het, het marges in die tweede helfte van die jaar onder druk gekom weens die stygings in koring- en brandstofkoste.

Suiker het nog ‘n uitstekende EBITDA-vertoning gelewer. Plaaslike vraag het bestendig gebly, met die suikerbedryf wat prysinflasie tot verbruikersprysindeks (VPI)-vlakke beperk het in ooreenstemming met die suikerbedryf se meestersplan. Die swaar reën en vloede in dele van KwaZulu-Natal het ‘n positiewe gevolg vir RCL se suikerbesigheid gehad namate mededingers met kristalbeskikbaarheid gesukkel en ander bedryfskwessies ervaar het.

Goeie vordering is met Rainbow (Rainbow en graangebaseerde dierevoer) se omkeerstrategie gemaak. Onderliggende EBITDA het met 214.0% tot R348.6 miljoen (2021: R111.0 miljoen) toegeneem, gedryf deur verbeterings in prysbepalings, landbouresultate en verkrygingswinste, wat deels toenames in kommoditeitskoste teengewerk het.

Vector Logistics het sy omkeer voortgesit, met ‘n verblydende verbetering in omset en EBITDA in die huidige finansiële jaar, danksy die voltooiing van die ICL-netwerkintegrasie en ‘n herstel in die voedseldiensbedryf, met volumes wat byna tot voor-Covid-19-vlakke teruggekeer het. Hierdie vertoning is gelewer ondanks die impak van die burgerlike onrus in die eerste kwartaal in KwaZulu-Natal en Gauteng, wat Vector direk deur winkelsluitings en ‘n verlies aan inkomste, asook die plundering van die Cornubia-depot in KwaZulu-Natal, geraak het; die vloede in KwaZulu-Natal in die vierde kwartaal; buitelandse valuta-impakte in Zambië en hoër brandstofkoste.

Profiel:

Siqalo Foods vervaardig smere wat onder toonaangewende handelsmerke verkoop word.

KORPORATIEWE INLIGTING

Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2022 R6 345 miljoen
Ongenoteer
Besturende direkteur A Mahoney
Remgro genomineerde direkteure J J du Toit, L Zingitwa

VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

KMB/Opleidingspandering R8.2 miljoen
Aantal werknemers 274
BBSEB-status Vlak 3
Omgewingsaspek Vlak 1- en 2-uitlatings van 41 280 ton CO2e
FINANSIËLE HOOGTEPUNTE Jaar geëindig
30 Junie 2022 
R miljoen 
Omset 3 546 14.8
Bedryfswins 476 (4.4)
Wesensverdienste 401 (1.0)

Siqalo Foods Eiendoms Beperk (Siqalo Foods)

Siqalo Foods vervaardig smere wat verkoop word onder markleier-handelsmerke soos Rama, Flora, Stork en Rondo binne die Suider-Afrikaanse doeane-uniegebied.

Die wesensverdienstebydrae deur Siqalo Foods het R401 miljoen (2021: R405 miljoen), bedra, met uitsluiting van ‘n bykomende IFRS 3-amortisasie van R65 miljoen (2021: R79 miljoen). Tydens ‘n uitdagende en stormagtige jaar, gekenmerk deur ‘n skerp toename in kommoditeitspryse, verskaffingskettingprobleme en die oorlog in Oekraïne (wat gelei het tot twee prysstygings gedurende die jaar), het Siqalo Foods daarin geslaag om volumegroei in ooreenstemming met die vorige jaar te lewer. Winsgewendheid is negatief beïnvloed deur hoë kommoditeitspryse, wat nie na die verbruiker afgewentel kon word nie en tot ‘n afname van 5.5% in bedryfsEBITDA gelei het. Terwyl sy winsgewendheid negatief geraak is, kon die besigheid voordeel trek uit sy voorste handelsmerke en resultate behaal wat hom voor in sy kategorie geplaas het. Op 30 Junie 2022 het Siqalo Foods ‘n gekombineerde 12-maande bewegende gemiddelde markaandeel van 71.8% gehad. Ondanks trae ekonomiese toestande en negatiewe wêreldekonomiese vooruitsigte bly Siqalo Foods daartoe verbind om sy markaandeel te behou, handelsmerke uit te bou en winsmarges te herstel.

Twee kontrakte is met RCL Foods gesluit. Vector Logistics hanteer die verspreiding, bemarking en verkope, terwyl ‘n bestuursdienstekontrak sekere dienste reguleer wat die RCL Foods Shared Services-platform op ‘n armlengtebasis aan Siqalo Foods lewer. Die resultaat is ‘n innoverende, alternatiewe sakemodel wat die vermoë in die breër Remgro-groep benut.