Bydrae tot wesensverdienste 30 Junie
2024
R miljoen
30 Junie
2023
R miljoen
RCL Foods 1 000 488
Heineken Beverages
    – entiteitsbydrae (573) (75)
    – IFRS 3 uitgawe (22) (6)
Distell
    – entiteitsbydrae 555
    – IFRS 3 uitgawe (32)
Siqalo Foods
    – entiteitsbydrae 452 344
    – IFRS 3 uitgawe (2) (80)
Capevin 79 14
934 1 208

RCL Foods Beperk (RCL Foods)

Effektiewe belang 80.2%

Profiel: RCL Foods is ’n houermaatskappy, met gediversifiseerde belange, wat op twee kategorieë fokus: voedsel (kruideniersware, bak en suiker) en Rainbow (hoender, insluitende Epol-dierevoedsel). Op 1 Julie 2024 het die voedsel- en Rainbow-afdelings geskei en onafhanklike maatskappye gevorm. Rainbow Chicken Beperk (Rainbow) was teen die einde van Junie 2024 afsonderlik genoteer en deur RCL Foods ontbondel, effektief vanaf 1 Julie 2024.


Korporatiewe inligting

Markkapitalisasie op 30 Junie 2024: R13 123 miljoen (RCL Foods en Rainbow tesame)
Genoteer op: JSE Beperk
Hoofuitvoerende beampte: P D Cruickshank
Remgro genomineerde direkteure: J Durand, P R Louw, H J Carse, C P F Vosloo (alternatief)

 

Volhoubaarheidsmaatstawwe (Rainbow ingesluit)

KMB-/Opleidingspandering: R55 miljoen
Aantal werknemers: 16 320
BBSEB-status: Vlak 3
Omgewingsaspek: Vlak 1- en 2-uitlatings van 1 000 652 ton CO2e
Finansiële hoogtepunte Jaar geëindig 30 Junie 2024
R miljoen %
Omset van voortgesette bedrywighed(1) 40 511 7.2
Bedryfswins van voortgesette bedrywighede(1) 1 989 152.7
Wesensverdienste van voortgesette bedrywighede(1) 1 268 134.8
Wesensverdienste van totale bedrywighede 1 265 108.1
(1)    Sluit Rainbow se resultate in aangesien Remgro sy 80.2%-belang in die maatskappy ná die ontbondeling sal behou.

Heineken Beverages het ’n Desember-jaareinde, en sy resultate vir die 12 maande tot 30 Junie 2024 is in Remgro se resultate vir die jaar onder oorsig ingesluit. Heineken Beverages se bydrae tot Remgro se wesensverdienste vir die jaar onder oorsig het ’n verlies van R595 miljoen (2023: verlies van R81 miljoen) bedra. Die resultate vir die vorige jaar verteenwoordig net twee maande van handel tot 30 Junie 2023 en is dus nie vergelykbaar met die huidige jaar nie, en gevolglik sal betekenisvolle insig in die maatskappy se resultate eers ná ’n langer handelstydperk moontlik wees. Hierdie resultate sluit amortisasie- en waardeverminderingskoste van R22 miljoen (ná belasting) (2023: R6 miljoen) in wat verband hou met die bykomende bates wat geïdentifiseer is toe Remgro aansienlike invloed oor Heineken Beverages verkry het. Met die IFRS 3-uitgawes uitgesluit, bedra die verlies wat aan Remgro toegeskryf kan word R573 miljoen (Junie 2023: R75 miljoen).

Heineken Beverages se wesensverdienste vir die 12 maande geëindig 30 Junie 2024 het ’n verlies van R3 047 miljoen (Junie 2023: verlies van R429 miljoen) bedra. Hierdie resultate sluit amortisasieen waardeverminderingskoste van R1 369 miljoen (ná belasting) (Junie 2023: R320 miljoen) in wat verband hou met die bykomende bates wat geïdentifiseer is toe Heineken Beverages op 26 April 2023 beheer van Distell en Namibia Breweries verkry het (IFRS 3-aanpassings). Met die IFRS 3-aanpassings uitgesluit, bedra die verlies van Heineken Beverages R1 678 miljoen (Junie 2023: verlies van R109 miljoen).

Bedryfsresultate vir die 12 maande geëindig 30 Junie 2024 is deur ’n ingeperkte verbruikersomgewing en aggressiewe mededinger-gedrag beïnvloed, terwyl daar tegelykertyd ’n fokus was om alleenstaande bedrywighede van Heineken Beverages se kategorieë in ’n enkele bedrywigheid byeen te bring.

Savanna en Bernini was uitblinkers binne Suid-Afrika se sideren gereed-om-te-drink-kategorieë met sterk omsetgroei. Lae enkelsyfer-omsetgroei is buite Suid-Afrika en Namibië behaal met die spiritualieë- en wynportefeuljes wat die sterkste ondersteuning vir groei bied.

In die bierafdeling bied Heineken in Suid-Afrika se bekendstelling van ’n inruilbare glasbottel ná die eerste kwartaal tot Maart 2024 die verbruiker ’n meer bekostigbare en kostedoeltreffende aanbod. Verhoogde belegging om die loods van Heineken se inruilbare glasbottel te ondersteun, asook herlewing van die ander bierhandelsname, sal volg.

Heineken Beverages is goed geplaas om aansienlike groeigeleenthede in Suid-Afrika en betekenisvolle markte in Afrika te benut. Die besigheid sal in staat wees om die vervaardigingsvoetspoor van Heineken SA, Distell en Namibia Breweries as hefboom te gebruik, wat tot die meer effektiewe benutting van bates, asook verhoogde winsgewendheid, kan lei soos wat die saamgevoegde besigheid vorentoe beweeg.

Heineken Beverages Holdings Beperk (Heineken Beverages)

Effektiewe belang 18.8%

Profiel: Heineken Beverages het op 26 April 2023 tot stand gekom na die samevoeging van Heineken South Africa, Distell Group Holdings Beperk (Distell) en Namibia Breweries Beperk (Namibia Breweries). Die maatskappy se handelsmerkportefeulje sluit die vooraanstaande globale handelsmerk Heineken in, sowel as verskeie wêreldgehalte handelsmerke, waaronder Savanna, Windhoek Lager en Nederburg. Heineken Beverages is stewig ingewortel in Suider-Afrika, waar werk aan meer as 5 000 mense verskaf word.


Korporatiewe inligting

Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2024: R37 615 miljoen
Ongenoteer
Hoofuitvoerende beampte: J Borrut
Remgro genomineerde direkteure: J J Durand, P R Louw

 

Volhoubaarheidsmaatstawwe

KMB-spandering: R50 miljoen
Opleidingspandering: R19 miljoen
Aantal werknemers: 5 865
BBSEB-status: Vlak 8
Omgewingsaspek: Vlak 1- en 2-uitlatings van 103 528 ton CO2e
Finansiële hoogtepunte Agt maande tot
31 Desember 2023
R miljoen
Omset (aksynsbelasting ingesluit) 34 938
Bedryfsverlies voor addisionele  
   IFRS 3-aanpassings (6 216)
Verlies voor addisionele IFRS 3-aanpassings (6 630)

Heineken Beverages het ’n Desember-jaareinde, en sy resultate vir die 12 maande tot 30 Junie 2024 is in Remgro se resultate vir die jaar onder oorsig ingesluit. Heineken Beverages se bydrae tot Remgro se wesensverdienste vir die jaar onder oorsig het ’n verlies van R595 miljoen (2023: verlies van R81 miljoen) bedra. Die resultate vir die vorige jaar verteenwoordig net twee maande van handel tot 30 Junie 2023 en is dus nie vergelykbaar met die huidige jaar nie, en gevolglik sal betekenisvolle insig in die maatskappy se resultate eers ná ’n langer handelstydperk moontlik wees. Hierdie resultate sluit amortisasie- en waardeverminderingskoste van R22 miljoen (ná belasting) (2023: R6 miljoen) in wat verband hou met die bykomende bates wat geïdentifiseer is toe Remgro aansienlike invloed oor Heineken Beverages verkry het. Met die IFRS 3-uitgawes uitgesluit, bedra die verlies wat aan Remgro toegeskryf kan word R573 miljoen (Junie 2023: R75 miljoen).

Heineken Beverages se wesensverdienste vir die 12 maande geëindig 30 Junie 2024 het ’n verlies van R3 047 miljoen (Junie 2023: verlies van R429 miljoen) bedra. Hierdie resultate sluit amortisasieen waardeverminderingskoste van R1 369 miljoen (ná belasting) (Junie 2023: R320 miljoen) in wat verband hou met die bykomende bates wat geïdentifiseer is toe Heineken Beverages op 26 April 2023 beheer van Distell en Namibia Breweries verkry het (IFRS 3-aanpassings). Met die IFRS 3-aanpassings uitgesluit, bedra die verlies van Heineken Beverages R1 678 miljoen (Junie 2023: verlies van R109 miljoen).

Bedryfsresultate vir die 12 maande geëindig 30 Junie 2024 is deur ’n ingeperkte verbruikersomgewing en aggressiewe mededinger-gedrag beïnvloed, terwyl daar tegelykertyd ’n fokus was om alleenstaande bedrywighede van Heineken Beverages se kategorieë in ’n enkele bedrywigheid byeen te bring.

Savanna en Bernini was uitblinkers binne Suid-Afrika se sideren gereed-om-te-drink-kategorieë met sterk omsetgroei. Lae enkelsyfer-omsetgroei is buite Suid-Afrika en Namibië behaal met die spiritualieë- en wynportefeuljes wat die sterkste ondersteuning vir groei bied.

In die bierafdeling bied Heineken in Suid-Afrika se bekendstelling van ’n inruilbare glasbottel ná die eerste kwartaal tot Maart 2024 die verbruiker ’n meer bekostigbare en kostedoeltreffende aanbod. Verhoogde belegging om die loods van Heineken se inruilbare glasbottel te ondersteun, asook herlewing van die ander bierhandelsname, sal volg.

Heineken Beverages is goed geplaas om aansienlike groeigeleenthede in Suid-Afrika en betekenisvolle markte in Afrika te benut. Die besigheid sal in staat wees om die vervaardigingsvoetspoor van Heineken SA, Distell en Namibia Breweries as hefboom te gebruik, wat tot die meer effektiewe benutting van bates, asook verhoogde winsgewendheid, kan lei soos wat die saamgevoegde besigheid vorentoe beweeg.

Siqalo Foods Eiendoms Beperk (Siqalo Foods)

Effektiewe belang 100.0%

Profiel: Siqalo Foods vervaardig smere wat onder toonaangewende handelsmerke verkoop word.


Korporatiewe inligting

Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2024: R6 103 miljoen
Ongenoteer
Besturende direkteur: R Plumbley
Remgro genomineerde direkteure: J J du Toit, L Zingitwa

 

Volhoubaarheidsmaatstawwe

KMB-spandering: R4.77 miljoen
Opleidingspandering: R3.28 miljoen
Aantal werknemers: 256
BBSEB-status: Vlak 1
Omgewingsaspek: Vlak 1- en 2-uitlatings van 31 034 ton CO2e
Finansiële hoogtepunte Jaar geëindig 30 Junie 2024
R miljoen %
Omset 3 594 (4.1)
Bedryfswins 518 38.1
Wesensverdienste 452 31.4

Siqalo Foods vervaardig smere wat verkoop word onder markleier-handelsmerke soos Rama, Flora, Stork en Rondo binne die Suider-Afrikaanse doeane-uniegebied.

Siqalo Foods se bydrae tot Remgro se wesensverdienste het in die jaar onder oorsig R452 miljoen (2023: R344 miljoen) bedra, met uitsluiting van ’n bykomende IFRS 3-amortisasie van R2 miljoen (2023: R80 miljoen) wat deur Remgro verantwoord is.

Die handelsomgewing het ’n uitdaging gebly weens verhoogde rentekoerse, hoë inflasie en wisselvallige kommoditeitspryse en wisselkoerse. Die besigheid het in September 2023 pryse verhoog om marge van vorige kommoditeitskostedrywers te verhaal en die impak van inflasie en voortgesette kostedruk teen te werk. Siqalo Foods het ’n 6.7%-afname in volumes vir die jaar onder oorsig ervaar namate verbruiksbesteding negatief deur die hoër inflasie-omgewing geraak is. Kommoditeitspryse in die oliesektor het gestabiliseer tot vlakke voor die RuslandOekraïne-oorlog. Dit het gehelp om ’n afname in volumes teen te werk wat op sy beurt tot ’n algehele toename van 23.3% in bedryfsEBITDA gelei het. Daar was ’n negatiewe IFRS 9-billike waarde-aanpassing van R5 miljoen (2023: R26 miljoen) op kommoditeits- en buitelandse valutakontrakte wat aangegaan is as deel van die grondstofverkrygingstrategie. IFRS 9-billike waarde-aanpassings word by bedryfsEBITDA uitgesluit.

Groei in die smere-kategorie bly ingeperk met ’n afname van 0.4% in volume oor die afgelope 12 maande vergeleke met die vorige jaar. Siqalo Foods se prestasie in hul markaandeel van die kategorie het stewig gebly met ’n geringe afname van 2.8 persentasiepunte in sy 12 maande-bewegende gemiddelde volumemarkaandeel tot 61.0% op 30 Junie 2024 vergeleke met 63.8% die vorige jaar. Die besigheid se fokus vir 2024 en 2025 is steeds om winsmarges te herstel en terselfdertyd groei vir die handelsmerke en volumes oor die lang termyn te bewerkstellig.

’n Bestuursdienstekontrak bly in plek met RCL Foods wat sekere dienste reguleer wat die RCL Foods’ Shared Services-platform op ’n armlengtebasis aan Siqalo Foods lewer. Die resultaat is ’n innoverende, alternatiewe sakemodel wat die vermoëns in die breër Remgro-groep benut.

Capevin Holdings Eiendoms Beperk (Capevin)

Effektiewe belang 33.6%

Profiel: Capevin is aan die einde van April 2023 ontbondel uit Distell as deel van die Heineken/Distell-transaksie. Met die verkoop van die Gordon’s Gin-handelsmerk aan Diageo gedurende die jaar, is die Skotse whiskybesigheid, CVH Spirits, die grootste oorblywende bate van Capevin. Die maatskappy besit verskeie bekroonde handelsmerke, waaronder die enkelmout-handelsmerke Bunnahabhain, Deanston, Tobermory en Ledaig, asook die vermengde Skotse whisky van Scottish Leader en Black Bottle.


Korporatiewe inligting

Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2024: R5 283 miljoen
Ongenoteer
Hoofuitvoerende beampte: S Nathan
Remgro genomineerde direkteure: J J du Toit, S Crouse, M Lubbe, L Zingitwa, S Nathan

 

Volhoubaarheidsmaatstawwe

KMB-/Opleidingspandering: R2.5 miljoen
Aantal werknemers: 328
Omgewingsaspek: Totale energie van 6 387 ton CO2e regoor distilleerderye, versnit-en botteleringsbedrywighede
Finansiële hoogtepunte Jaar geëindig 30 Junie 2024
R miljoen %
Omset van voortgesette bedrywighede 2 659 (8.2)
Bedryfswins (1) 313 (29.8)
Wins van voortgesette bedrywighede (1) 249 (28.9)
(1) Met waardedaling van klandisiewaarde uitgesluit

Capevin se bydrae tot Remgro se wesensverdienste, wat uit Remgro se gedeelte van Capevin se resultate vir die jaar geëindig 30 Junie 2024 bestaan, het R79 miljoen bedra, terwyl dit vir die vergelykende twee maande tot Junie 2023 R14 miljoen was.

Wat Gordon’s Gin betref, is alle kontrakvolumes suksesvol behaal en die uitgestelde gedeelte van die beëindigingsoorweging wat R300 miljoen bedra, is dienooreenkomstig ontvang. Die uitgestelde gedeelte is in gelyke dele betaal in Januarie 2024 en die finale gedeelte in Mei 2024. Die totale beëindigingsvergoeding wat van Diageo in die 2024-finansiële jaar ontvang is, het R1 miljard bedra (soos in Julie 2023 deur die Suid-Afrikaanse Mededingingskommissie goedgekeur).

Benewens die Skotse whiskybates, besit Capevin ook ’n klein aantal eiendomme in Stellenbosch waarvan dit ’n huurinkomste verdien.

Capevin se wins van voortgesette bedrywighede, wat Gordon’s Gin uitsluit omdat dit as ’n beëindigde bedrywigheid geklassifiseer word, en die waardedaling van klandisiewaarde in die vergelykende jaar, het met 28.9% tot R249 miljoen afgeneem. Hierdie afname is hoofsaaklik vanweë die beëindiging van die wyn- en Amarula-handelsmerke se verspreiding. Capevin het voorheen die verkope, verspreiding en bemarking van wyn (byvoorbeeld Nederburg) en Amarula namens Heineken Beverages in hul internasionale markte bestuur, maar gedurende die huidige finansiële jaar is hierdie handelsmerke uitgekerf en aan Heineken Beverages terugbesorg. Benewens die finansiële impak van die beëindiging van verspreiding in Heineken se portefeulje, het die algehele Skotse whiskysektor, vergeleke met die vorige finansiële jaar, ook ’n beduidende verlangsaming ervaar in die verskeping na globale markte. Die voortslepende geopolitieke en makro-ekonomiese onsekerheid, tesame met die inflasie en rentekoerse, het prestasie aansienlik beïnvloed.

Die voortgesette kostedruk op verbruikers en ’n afname in besteebare inkomste het gelei tot ’n laer vraag en verbruikers wat na goedkoper alternatiewe verskuif. In die besonder het die ekonomiese verlangsaming in China tot ’n aansienlike afname in omset gelei.

Sekere van CVH Spirits se Skotse whiskyhandelsmerke het veerkragtig presteer ondanks die onbestendige en uitdagende globale handelsomgewing. Scottish Leader in Taiwan het ’n sterk vertoning gelewer en behou sy posisie as die naasgrootste vermengde Skotse handelsmerk in die land. Scottish Leader se netto omset het in die afgelope jaar met 6% toegeneem. Die omsetvertoning van CVH Spirits se enkelmout-kategorie, wat uit Bunnahabhain, Deanston, Tobermory en Ledaig bestaan, was egter meer uitdagend aangesien verbruikers weens laer besteebare inkomste na goedkoper alternatiewe verskuif het wat tot ’n enkelsyferafname in omset gelei het. Wat vooruitsigte betref, glo CVH Spirits nietemin dat sy portefeulje van premieenkelmoutwhisky goed geposisioneer is as ’n aantreklike opsie vir beide kliënte en verbruikers danksy die skaarsheid, uniekheid en besondere herkoms daarvan. CVH Spirits het ook voortgegaan met sy strategie om bykomende whisky te distilleer en in vate te plaas vir vraag oor die lang termyn.

Gedurende die jaar het CVH Spirits voortgegaan om die wyer portefeulje van Heineken Beverages-wyne in Europa, en Amarula Cream in sleutel-internasionale gebiede, te versprei en te bestuur. Beide die Suid-Afrikaanse wynkategorie en Amarula Cream het in die jaar onder oorsig uitdagende omstandighede ervaar en omset, asook bruto wins, het dubbelsyferafnames getoon vergeleke met die vorige jaar. Uitdagings ten opsigte van die verskaffingsketting en voortgesette vertragings met verskeping uit Suid-Afrika het tot hierdie vertoning bygedra. Die verspreiding van wyn en Amarula is teen jaareinde na Heineken Beverages teruggeskuif.