Bydrae tot wesensverdienste | 30 Junie 2021 R miljoen |
30 Junie 2020 R miljoen |
eMedia Investments | 43 | 78 |
---|---|---|
Ander | 10 | – |
53 | 78 | |
Profiel:
eMedia Investments beskik oor ‘n reeks mediabelange waarvan e.tv die beduidendste is. eMedia Investments is die enigste onafhanklike gratis televisie-uitsaaier in Suid-Afrika.
Korporatiewe inligting |
Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2021 R1 705 miljoen
|
Ongenoteer
|
Hoofuitvoerende beampte M K I Sherrif
|
Remgro genomineerde direkteure H J Carse, N J Williams
|
Webwerf www.etv.co.za
|
Volhoubaarheidsmaatstawwe |
KMB/Opleidingspandering R21 miljoen
|
Aantal werknemers 1 009
|
BBSEB-status Vlak 3
|
Omgewingsaspek Vlak 1- en 2-uitlatings van 7 502 ton CO2e
|
Jaar geëindig 31 Maart 2021 | ||
Finansiële hoogtepunte | R miljoen | % |
Omset | 2 429 | (2.5) |
---|---|---|
Bedryfswins | 212 | (34.4) |
Wesensverdienste | 132 | (44.9) |
eMedia Investments Eiendoms Beperk (eMedia Investments)
Remgro het ‘n effektiewe belang van 32.3% in eMedia Investments, wat ‘n reeks mediabelange besit, waaronder Suid-Afrika se enigste onafhanklike gratis televisiekanale (e.tv, eMovies, eMovies Extra, eExtra, eToonz en eReality nuus en sport), eNews Channel Africa (eNCA), die gratis satellietplatform Openview, Gauteng- gebaseerde radiostasie Yfm, en verskeie ander ateljeefasiliteite en produksiebesighede.
eMedia Investments het ‘n Maart-jaareinde en gevolglik is sy resultate vir jaar tot 31 Maart 2021 ingesluit by dié van Remgro in die jaar onder oorsig. eMedia Investments se bydrae tot Remgro se wesensverdienste het R43 miljoen (2020: R78 miljoen) bedra.
eMedia Investments se aandeel van die televisiegehoor het tot 29.6% (Maart 2020: 24.6%) gegroei, terwyl sy aandeel in die prima-tydgleuf van 17.4% tot 20.3% toegeneem het. Dit was te danke aan die goeie vertoning van die kanaal se daaglikse programme, waaronder Imbewu, The Seed, Scandal en Rhythm City, sowel as die loodsing van Durban General. Gebaseer op kykertalle vir op sy eie kanale vir Junie 2021, is eMedia Investments is Suid-Afrika se grootste televisie uitsaaier.
Op die Openview-platform het die aantal geaktiveerde ontvangstoestelle tot 2 545 818 op 31 Augustus 2021 (31 Maart 2020: 1 992 844) toegeneem, met nagenoeg 35 000 toestelle wat per maand aktiveer word. Advertensie-inkomste op die platform het van R194 miljoen in 2020 tot R270 miljoen in 2021 toegeneem.
eNCA bly steeds die mees gekykte nuuskanaal in die land (deur LSM 8 tot 10), met ‘n markaandeel van 50%, ondanks die feit dat dit net op die premium-aanbod van DStv is, terwyl SABC en Newzroom Afrika deel van alle DStv-aanbiedinge is. Tydens die pandemie het eNCA daarin geslaag om sy advertensie-inkomsteteikens te haal, terwyl koste goed in bedwang gehou is.
Die meeste van die groep se ander filiale is erg deur die pandemie geraak, veral die filiale wat ‘n groot deel van hul met besigheid met internasionale rolprentvervaardigers doen. Daar was egter ‘n mate van herstel sedert daar na laer vlakke van inperking beweeg en internasionale reise moontlik geraak het.
Na die verkoop en sluiting van sekere nie-kernbates gedurende die jaar, fokus eMedia Investments nou op sy kernbesigheid, naamlik uitsending, inhoudskepping en sy rol as platform en tegnologieverskaffer vir, uitsaaidienste.