Verantwoordelik vir Remgro se sentrale | 30 Junie 2021 R miljoen |
30 Junie 2020 R miljoen |
Sentrale tesourie | ||
– Finansieringsinkomste | 212 | 479 |
– Finansieringskoste | (861) | (951) |
– Opsie hermeting | – | 2 |
Netto korporatiewe koste | (249) | (705) |
(898) | (1 175) | |
Remgro Finansieringskorporasie Eiendoms Beperk
Remgro Healthcare Holdings Eiendoms Beperk
Remgro International Limited – Jersey
Remgro Bestuursdienste Beperk
V&R Management Services AG – Switserland
Profiel:
Verantwoordelik vir Remgro se sentrale tesouriefunksie, sowel as bestuurs- en ondersteuningsdienste.
Ongenoteerde maatskappye
Finansieringsinkomste het R212 miljoen (2020: R479 miljoen) bedra. Die afname is hoofsaaklik die gevolg van laer plaaslike rente wat verdien is weens die afname van 300 basispunte in die Suid-Afrikaanse repokoers wat aangekondig is sedert Januarie 2020, sowel as ‘n laer gemiddelde plaaslike kontantbalans. Finansieringskoste is laer teen R861 miljoen (2020: R951 miljoen), hoofsaaklik vanweë die aflossing van die omruilbare skuldbriewe in kontant op 22 Maart 2021.
Ander netto korporatiewe koste het R249 miljoen (2020: R705 miljoen) bedra. Die afname is hoofsaaklik die gevolg van die eenmalige donasie van R500 miljoen wat in die ooreenstemmende jaar aan The SA SME Relief Trust gemaak is.