Bydrae tot wesensverdienste 30 Junie
2022
R miljoen
30 Junie
2021
R miljoen
KTH 80 (182)
Ander 15 (78)
95 (260)

Profiel:

KTH is ’n gevestigde swart ekonomies beheerde maatskappy, met ’n fokus op beleggingsbankdienste, media- en strategiese beleggings. KTH se hoofbeleggings sluit Kagiso Media Beperk, Momentum Metropolitan Holdings Beperk en Servest Group Eiendoms Beperk in.

KORPORATIEWE INLIGTING

Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2022 R4 927 miljoen
Ongenoteer
Hoofuitvoerende beampte P J Makosholo
Remgro genomineerde direkteure S Crouse, P J Uys

VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

KMB/Opleidingspandering R17.8 miljoen
Aantal werknemers 1 436
FINANSIËLE HOOGTEPUNTE Jaar geëindig
30 Junie 2022 
R miljoen
Omset 1 609 22.7
Bedryfswins 168 170.6
Wesensverdienste 183 143.5

Kagiso Tiso Holdings Eiendoms Beperk (KTH)

KTH is ‘n toonaangewende beleggingsmaatskappy in swart besit, met ‘n sterk en gediversifiseerde bateportefeulje wat bestaan uit ‘n mengsel van genoteerde en private beleggings in die media-, finansiële dienste-, nywerheid-, dienste- en gesondheidsorgsektor.

KTH se bydrae tot Remgro se wesensverdienste het R80 miljoen (2021: ’n verlies van R182 miljoen) bedra. Die toename is grootliks te danke aan die herstel van Kagiso Media se bedryfs-besighede van die impak van Covid-19 op verdienste, asook ‘n verbetering in die resultate van geassosieerdes, in besonder Momentum Metropolitan, wat sterk groei en ‘n mindere impak van Covid-19 op verdienste ervaar het. Daarby was ekwitering, vanweë die herklassifisering, ingevolge IFRS 5, van die belegging in Aurora Wind Power Eiendoms Beperk terug na ‘n belegging in ‘n geassosieerde, ingehaal omdat die verkoop nie deur die reguleerders goedgekeur is nie. Dit is teengewerk deur ‘n negatiewe billike waarde-aanpassing op die voorkeuraandele in Momentum Metropolitan weens die afname in die aandeelprys gedurende die finansiële jaar.

Netto finansieringskoste vir die tydperk het R106 miljoen (2021: R102 miljoen) bedra.

KTH se toeskryfbare verdienste vir die jaar het ‘n wins van R47 miljoen (2021: ’n verlies van R426 miljoen) bedra danksy die volgende:

  • Beter inkomstevertoning deur die groep vergeleke met die vorige jaar, aangehelp deur Kagiso Media-bedryfsbesighede wat herstel van Covid-19 getoon het, met omset 23% hoër, en Lupo Bakery Eiendoms Beperk, wat omsetgroei van 18% behaal het.
  • Die groep se gedeelte van geëkwiteerde beleggings het tot R240 miljoen (2021: ‘n verlies van R111 miljoen) toegeneem as gevolg van beter resultate van geassosieerdes, in die besonder Momentum Metropolitan, asook die herstel van Kagiso Media se radio-geassosieerdes.
  • Beduidende waardedalings is by Servest erken vanweë ’n afname in die waardasie as gevolg van veranderinge wat gemaak is ten opsigte van die portuurgroep en ‘n toename in die WACC, gedryf deur ‘n toename in die risikovryekoers.
  • Die negatiewe billike waarde-aanpassing op beleggings hou verband met die voorkeuraandele in Momentum Metropolitan, waarvan die prys afgeneem het.

In November 2021 het KTH sy meerderheidsbelang in Kagiso Asset Management verkoop. Op 30 Junie 2021 is hierdie belegging geklassifiseer as nie-bedryfsbates gehou vir verkoop en beëindigde bedrywighede.

Op 30 Junie 2021 is die belegging in Aurora geklassifiseer as nie-bedryfsbates gehou vir verkoop en beëindigde bedrywighede. In Desember 2021 kon regulerende goedkeuring nie verkry word nie en kon die transaksie dus nie afgehandel word nie. Die belegging is as ‘n geassosieerde herklassifiseer.

Op 30 Junie 2022 is die beleggings in Imvelo Concession Company Eiendoms Beperk en Actom Investment Holdings Eiendoms Beperk as nie-bedryfsbates gehou vir verkoop en beëindigde bedrywighede geklassifiseer.

Prescient China Equity Fund (Prescient)

Profiel:

Prescient, wat ‘n sistematiese, kwantitatiewe benadering volg om langtermynkapitaalgroei na te streef, belê in genoteerde aandele in die Chinese mark en gebruik die Shanghai Shenzhen CSI 300 indeks as maatstaf.

Webwerf www.prescient.co.za

Milestone Capital III

Profiel:

Milestone Capital III, gesetel in Hongkong, is ’n privaatekwiteitsbeleggingsfirma, met China as fokus.

Website www.mcmchina.com

Invenfin Eiendoms Beperk (Invenfin)

Profiel:

Invenfin fokus op kleiner vroeëfase-beleggings.

Webwerf www.invenfin.com

Pembani Remgro Infrastruktuurfonds (PRIF)

Profiel:

PRIF is ‘n fonds wat fokus op privaatsektor belegging in infrastruktuur oor die Afrika kontinent.

Webwerf www.pembani-remgro.com

Asia Partners I LP (Asia Partners)

Profiel:

Asia Partners maak private ekwiteits- en ekwiteitsverwante beleggings in tegnologie, of tegnologie-bemagtigde maatskappye in die Suidoos-Asiëstreek.

Webwerf www.asiapartners.com