Bydrae tot wesensverdienste | 30 Junie 2022 R miljoen |
30 Junie 2021 R miljoen |
---|---|---|
RMI | 796 | 898 |
Business Partners | 70 | 23 |
866 | 921 | |
Profiel:
RMI het vroeër belange bekom in opkomende en gevestigde finansiëledienstebesighede, wat langtermynvennote geword het, en aan wie se bestuurspanne die individualiteit gebied is om hul besighede soos eienaars te bedryf. Oor die laaste twee jaar het RMI die moontlikheid ondersoek om ‘n portefeulje ongenoteerde, nie-mededingende en samewerkende besighede in die korttermynversekeringsbedryf te vestig. Aangesien daar geen aktiewe beleggingsgeleenthede was wat aan RMI se verwagtinge voldoen het in terme van bategehalte, prys en beskikbaarheid nie, sal die maatskappy voortgaan met ‘n ordelike en bestuurde oorgang na ‘n struktuur wat die effektiewe notering van OUTsurance kan verteenwoordig.
KORPORATIEWE INLIGTING |
Markkapitalisasie op 30 Junie 2022 R42 646 miljoen
|
Genoteer op die JSE Beperk
|
Hoofuitvoerende beampte H L Bosman
|
Remgro genomineerde direkteure J J Durand, F Knoetze (alternatief)
|
Webwerf www.rmih.co.za
|
VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE |
RMI is ’n beleggingshouermaatskappy. Vir meer besonderhede oor sy beduidende onderliggende belegging, verwys na die webwerf van OUTsurance:
|
FINANSIËLE HOOGTEPUNTE | Jaar geëindig 30 Junie 2022 |
|
R miljoen | % | |
Inkomste | 21 429 | 12.7 |
---|---|---|
Wesensverdienste | 2 591 | (11.5) |
Genormaliseerde wesensverdienste | 2 947 | (16.9) |
Rand Merchant Investment Holdings Beperk (RMI)
RMI se bydrae tot Remgro se wesensverdienste het met 11.4% tot R796 miljoen (2021: R898 miljoen) afgeneem.
Die onderliggende beleggings van RMI bestaan uit OUTsurance (89.0%), RMI Investment Managers (100%) en AlphaCode (100%). Discovery en Momentum Metropolitan is op 8 Desember 2021 ontbondel. Hastings is op dieselfde datum verkoop. Al drie hierdie beleggings is vanaf 8 Desember 2021 as beëindigde bedrywighede gehanteer.
RMI beskou genormaliseerde verdienste as die beste maatstaf om sakeprestasie te beoordeel, aangesien dit die impak van nie-herhalende items en rekenkundige afwykings uitskakel.
Genormaliseerde verdienste van OUTsurance, uitgesluit die belang in Hastings, het met 11% tot R2 039 miljoen afgeneem in die jaar geëindig 30 Junie 2022.
Genormaliseerde verdienste van OUTsurance se Suid-Afrikaanse bedrywighede is negatief beïnvloed deur ‘n verhoogde eiseverhouding weens natter weersomstandighede, ‘n toename in die koste van nie-motoreise, die verdere normalisering van die frekwensie van motoreise en eise wat verband gehou het met die omvangryke vloedskade in KwaZulu-Natal.
By Youi het die eiseverhouding aansienlik toegeneem weens die omvang van natuurrampe wat ervaar is, insluitende die aardbewing in Melbourne, asook verskeie hael- en vloedtoestande. Hoewel die eise wat verband hou met die vloede wat in die tweede helfte van die finansiële jaar ervaar is grootliks deur herversekeraars gedek is, het elke afsonderlike gebeure ‘n behoue verlies van AUS$2 miljoen tot gevolg gehad.
Die bedryfsverlies van nuwe ondernemings het van R485 miljoen in 2021 tot R631 miljoen in 2022 toegeneem.
Die bedryfsverlies met betrekking tot nuwe ondernemings verteenwoordig 19% (2021: 13%) van die bedryfswins wat deur winsgewende segmente gegenereer is. Die groep se teiken met verloop van tyd vir hierdie maatstaf is 10%.
Genormaliseerde verdienste wat die vorige jaar deur RMI Investment Managers behaal is, het ‘n aansienlike bedrag prestasiefooie ingesluit wat verdien is. Hoewel die beleggingsprestasie en groei in bates onder bestuur in die jaar onder oorsig belowend was, is dieselfde vlak van prestasiefooie nie herhaal nie. RMI Investment Managers verkeer in die konsolidasiefase van die ontwikkeling van sy besigheidsmodel en daarom was sy pogings daarop gefokus om die bestaande portefeulje te optimaliseer.
Die AlphaCode-portefeulje presteer steeds in ooreenstemming met verwagtinge.
Profiel:
Business Partners se hoofbedryf is om kapitaal, kennis en vaardigheid in lewensvatbare klein- en mediumgrootte ondernemings (KMO’s) te belê. Die maatskappy belê in KMO’s deur befondsing, ondersteuning en mentorskap aan entrepreneurs te verskaf.
KORPORATIEWE INLIGTING |
Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2022 R2 706 miljoen
|
Ongenoteer
|
Hoofuitvoerende beampte B Bierman
|
Remgro genomineerde direkteure C W Ceasar, M Lubbe, N J Williams
|
Webwerf www.businesspartners.co.za
|
VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE |
KMB/Opleidingspandering R6 miljoen
|
Aantal werknemers 269
|
BBSEB-status Vlak 2
|
FINANSIËLE HOOGTEPUNTE | Jaar geëindig 31 Maart 2022 |
|
R miljoen | % | |
Omset | 601 | 27.6 |
---|---|---|
Bedryfswins | 352 | 156.9 |
Wesensverdienste | 158 | 203.8 |
Business Partners Beperk (Business Partners)
Business Partners het ‘n Maart-jaareinde en gevolglik is sy resultate vir die 12 maande tot 31 Maart 2022 geëkwiteer in Remgro se resultate vir die jaar onder oorsig. Wesensverdienste toeskryfbaar aan Remgro het R70 miljoen (2021: R23 miljoen) bedra.
Business Partners se wesensverdienste vir die 12 maande geëindig 31 Maart 2022 het R158 miljoen (2021: R52 miljoen) bedra, terwyl die wins toeskryfbaar aan aandeelhouers met 174.5%, van R94 miljoen tot R258 miljoen, toegeneem het. Die toename is hoofsaaklik te danke aan ‘n verbetering in kredietrisiko’s en verwagte kredietverliese, sowel as ‘n toename in beleggingsinkomste en realiseringswinste.
Die omkeer in gerapporteerde kredietverliese was ‘n betekenisvolle bydraer tot die buitengewone finansiële resultate. Die verbetering in kredietrisiko’s en verwagte kredietverliese kan aan drie belangrike faktore toegeskryf word. Eerstens het die geduldige benadering wat gevolg is om kliënte te help om weer hul besighede op die been te bring aan laasgenoemde ‘n blaaskans gegee, asook die geleentheid om hul besighede te herposisioneer. Tweedens het die tegniese bystand, mentorskap en ander ondersteuning wat gebied is, die herstelpoging van verskeie kliënte vergemaklik. En laastens het die veerkragtigheid en aanpasbaarheid van entrepreneurs te midde van uitdagende omstandighede wat hanteer moes word, verseker dat die kredietverliese wat by die aanvang van die pandemie verwag is, nie gerealiseer het nie.
‘n Tweede bydraer tot die uitsonderlike finansiële vertoning was die beleggingswinste wat die afgelope jaar behaal is vergeleke met twee jaar se ondergemiddelde prestasie.
Die bestuur van die beleggingseiendomsportefeulje het aan verwagtinge voldoen met ‘n sterk herstel in die plasing van huurders en inkomste-invordering.