Hoekom ons dit doen
Sedert sy ontstaan het Remgro nog altyd daarna gestreef om ‘n waardegedrewe besigheid te wees. Hierdie waardes inspireer en noop Remgro om as ‘n goeie korporatiewe burger op te tree tot voordeel van alle belangegroepe.
Remgro glo dat hoë standaarde van korporatiewe verantwoordelikheid vertroue wek, goeie besigheidsin maak en noodsaaklik is om beleggingsopbrengste te beskerm en te bevorder. Verantwoordelike en etiese sakepraktyke verskaf die fondasie vir volgehoue gedeelde waardeskepping, omgewingsvolhoubaarheid, langtermyn-bateprestasie en die gesondheid (of welsyn) van die breë samelewing.
As deel van sy verantwoordelikheid om sy besigheid volhoubaar te bedryf, glo Remgro dat hy hom moet aansluit by die breër gemeenskaps- en omgewingskonteks om oplossings te beïnvloed, en te help moontlik maak, vir die mees dringende kwessies wat Suid-Afrika tans in die gesig staar. Namate die land die lang pad na herstel aandurf en die ekonomie herbou ná Covid-19, verbind Remgro hom daartoe om sy deel by te dra in die skepping van ‘n volhoubare toekoms en Suid-Afrika se pogings te ondersteun om die VN se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (2030) te verwesenlik.
Remgro is daartoe verbind om ‘n omgewings-, maatskaplike en bestuurstrategie (ESG) te ontwikkel wat Suid-Afrika se unieke volhoubaarheids-uitdagings weerspieël en aandag skenk aan die geleenthede en risiko’s wat dit bied.
Remgro glo dat dit hom in staat sal stel om ‘n regverdige volhoubaarheids oorgang in Suid-Afrika te help moontlik maak, waar hy van voorneme is om ‘n leierskapsrol te speel deur beter maatskaplike en omgewingsimpakte te lewer, asook groter welvaart vir sy belangegroepe deur die voorsiening van gebeure, en reaksie daarop.
Dit beteken dat ons glo in die bevordering van sosio-ekonomiese ontwikkeling vir ‘n meer gelyke en inklusiewe samelewing, wat voordeel trek uit die ontsluiting van gedeelde waardeskepping.
Transformasie en bemagtiging is kritiek vir die toekoms van Suid-Afrika. Remgro se klem op diversiteit, gelykheid en insluiting is daarop gemik om die beste talent te werf, te ontwikkel en te behou deur toegang wat gebied word tot gelyke geleenthede. Deur op vaardigheids- en talentontwikkeling te fokus, streef Remgro daarna om ‘n regverdige werkomgewing, gegrond op diversiteit en insluiting te bou wat die lewensbestaanpotensiaal van mense bevorder.
Uit ‘n omgewingsperspektief is aandag aan die dringende uitdaging van klimaatsverandering, en die bestuur van die risiko’s wat dit reeds bied, noodsaaklik vir Remgro. Die maatskappy is vasbeslote om Suid-Afrika se verpligtinge ingevolge die Parys-ooreenkoms te ondersteun en sodoende aan te sluit by wêreldwye bedryfsinisiatiewe en beste praktyke om dit te bewerkstellig, terwyl voortgegaan word om saam met gemeenskappe te werk en ook hulle pogings te ondersteun.
Remgro sal ook saamwerk met die maatskappye waarin beleggings gehou word om aandag te skenk aan die impak van klimaatsverandering, die vermindering van blootstellingsrisiko’s en die benutting van markgeleenthede wat daaruit mag voortspruit.
Remgro soek geleenthede wat die nadelige impak verminder en die positiewe gevolge op die omgewing en alle belangegroepe bevorder, insluitend werknemers en geaffekteerde gemeenskappe. As deel van sy strategie beoog Remgro om natuurlike hulpbronne effektief te benut, die omgewing te beskerm en kweekhuisgasuitlatings te verminder in ooreenstemming met internasionale en nasionale beleidsdoelwitte en tydraamwerke.
Wat ons die afgelope jaar vermag het
Toe Remgro sy verbintenis in 2021 bekendgemaak het om ‘n leier in die ontwikkeling van ESG en korporatiewe volhoubaarheid in ‘n Suid-Afrikaanse konteks te word, was sy eie geskiedenis van korporatiewe burgerskap die beginpunt.
Voortbouend op ‘n rekord van sukses met gemeenskapsinisiatiewe, en beginsels van verantwoordelike en etiese besigheid oor ‘n lang tydperk, het Remgro die laaste jaar bestee om op die ontwikkeling van sy ESG- en volhoubaarheidsbenadering te fokus, en dit te bevorder.
‘n Reeks aktiwiteite is onderneem om te verseker dat Remgro, gegewe die belangrikheid en dringendheid van die oorgang na volhoubaarheid in Suid-Afrika, oor ‘n strategie beskik wat beide sy erfenis en ambisie weerspieël.
Hierdie werk sal verseker dat ESG- en volhoubaarheidsoorwegings ‘n integrale deel van die besigheid vorm en dat voortgebou word op nasionale en internasionale beste praktyke, soos dit verder ontwikkel en in werking gestel word in die jare wat kom.
Bestuur en oorsig
Remgro het op direksievlak duidelike bestuursmeganismes, prosedures en beleide daargestel en sy vermoë vergroot om dit te ontwikkel en in die praktyk toe te pas.
In 2021 het Remgro ‘n strategiese ESG-komitee, ‘n subkomitee van die direksie, daargestel om oorsig en leiding aan die Remgrodireksie te verskaf oor die toepaslikheid, toereikendheid en doeltreffendheid van Remgro se strewe, strategie, bestuur, bedryfsbronne en openbaarmaking rakende ESG.
Die strategiese ESG-komitee word ondersteun deur die operasionele ESG-komitee, wie se verantwoordelikheid dit is om te verseker dat toepaslike bronne beskikbaar is vir die uitvoering van Remgro se ESG-strategie, soos dit ontwikkel. Kwalitatiewe ESG-maatreëls vorm deel van langtermynaansporingstrukture om bestuur aan te moedig en te motiveer om stukrag aan Remgro se ESG-strategie te gee.
Die maatskappy het ook wesentlikheidsontledings en ramings van geselekteerde onderliggende beleggings onderneem, en ‘n ESG-basis van Remgro en sy onderliggende beleggings saamgestel, wat prioriteite sal bepaal soos die ESG-strategie uitgevoer word.
Beleggingsbestuur en rentmeesterskap
Remgro erken die kritieke rol van rentmeesterskap van sy beleggings om sy ESG- en volhoubaarheidstrategie te ondersteun. As ‘n kern element van sy besluitneming oor nuwe en bestaande beleggings, het Remgro sy fokus verskerp oor hoe sy bates en beleggings in besighede bestuur word met die doel om, naas finansiële opbrengste, tot positiewe en meetbare omgewings- en maatskaplike impakte by te dra.
In hierdie verband het Remgro sy beleggingsmandaat hersien en ‘n beleggingsbeleid en beleggingsraamwerk ontwikkel. Die ontwikkeling van ‘n beleggingsraamwerk, wat ESG-oorwegings insluit, bring mee dat volhoubaarheidstrewe nou ‘n hoeksteen van Remgro se beleggingsbesluitneming vorm.
Die beoordeling van ESG-risiko’s, impakoorwegings, waardeskeppende geleenthede en volhoubaarheid is doelbewus geïntegreer in die lewensiklus van beleggings om aan te dui waar volhoubare waarde oor die lang termyn geskep kan word.
Remgro se beleggingsbestuurders en beleggingskomitee is nou, in samewerking met die strategiese ESG-komitee en die operasionele ESG-komitee, verantwoordelik om te verseker dat die oorweging van ESG-kwessies deel vorm van beleggings- en bestuurspraktyke.
Ter ondersteuning van onderliggende beleggings sal Remgro bestuurstelsels implementeer wat effektief na ESG-risiko’s kyk, ESG-geleenthede identifiseer en meganismes skep vir samewerking, die uitruil van idees, inligting en beste praktyke, met die oog daarop om die grootste moontlike impak deur sy pogings te verseker.
Korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid
Remgro het voortgegaan met bestaande inisiatiewe op hierdie gebied, waar met gemeenskappe regoor Suid-Afrika saamgewerk is om hul ontwikkeling te ondersteun en te verseker dat die maatskappy se eie direkte bedrywighede en handelinge sy doelwitte ten opsigte van ESG en volhoubaarheid weerspieël.
Vir meer inligting oor die maatskappy se korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid besoek die volledige volhoubaarheidsverslag.
Remgro beoog om natuurlike hulpbronne effektief te benut, die omgewing te beskerm en kweekhuisgasuitlatings te verminder in ooreenstemming met internasionale en nasionale beleidsdoelwitte en tydraamwerke.
Toekomstige prioriteite
In die nabye toekoms sal Remgro daarop fokus om ESG strategies en operasioneel in sy besigheid, en die rentmeesterskap van sy beleggings, vas te lê ten einde volhoubare belangegroepwaarde te skep. Hy is verbind om dit te verwesenlik deur die aanmoediging van volgehoue standaarde by Remgro en sy onderliggende beleggings wat die bereiking van algemene en gesamentlike ESG- en volhoubaarheidsdoelwitte moontlik sal maak.
Remgro erken dat om ‘n verantwoordelike sakerentmeester te wees, hy saam met al sy onderliggende beleggings aan hierdie agenda moet werk om groter omgewingsvolhoubaarheid te verseker, asook sosio-ekonomiese ontwikkeling te bevorder wat meer inklusiewe groei moontlik maak, en gedeelde waarde ontsluit.
Remgro sal met sy onderliggende beleggings saamwerk om die implementering van volhoubaarheidsinisiatiewe te beïnvloed en aan te moedig ten einde deur gekoördineerde en volgehoue oplossings, asook groter deursigtigheid ten opsigte van die toepassing van toepaslike standaarde, ‘n groter impak en omvang te bewerkstellig.
Remgro se beste praktyke van rentmeesterskap sluit die daarstelling van ‘n skedule om ESG-vordering te meet teenoor vasgestelde doelwitte en daaroor verslag te doen in. As deel van hierdie proses sal Remgro daarna streef om die besighede waarin kapitaal geïnvesteer is, te beïnvloed om hulle te verbind tot volgehoue verbetering van ESG, veral ten opsigte van omgewings- en maatskaplike aangeleenthede, en werk maak daarvan om toepaslike globale en bedryfsbestepraktyke toe te pas, met behoorlike teikens, tydraamwerke en openbaarmaking om dit te bereik.
Remgro sal ook met ander belangegroepe en kundiges saamwerk om seker te maak dat sy beleggings, strategie en sakebedrywighede die doelwit weerspieël om ‘n volhoubare en meer gelyke toekoms in Suid-Afrika tot stand te help bring.
Nasporing van vordering
‘n Kernelement van Remgro se ESG-strategie is om deursigtige en akkurate openbaarmakings van sy werksaamhede en verbeterings, gemeet teenoor erkende internasionale standaarde, te maak.
Remgro het planne, beleide en prosedures in plek om te verseker dat sy beleggings sy doelwitte ondersteun en sal op hierdie belangrike reis kollegas, vennote en ander belangegroepe betrek.
Verdere ontwikkelings ingevolge Remgro se ESG- strategie in die komende jaar sluit die daarstelling van prioriteite en metings vir prestasiebeoordeling in. Dit sal bepaal word met verwysing na die Beginsels vir Verantwoordelike Investering (PRI), die Internasionale Finansieringskorporasie (IFC) se omgewings- en maatskaplike prestasiestandaarde, die opkomende Internasionale Volhoubaarheidstandaarderaad (ISSB) se werk, BBSEB en ander toepaslike Suid-Afrikaanse raamwerke vir omgewings-, maatskaplike en gemeenskapsontwikkeling.
Deur met Taakmag vir Klimaatsverwante Finansiële Openbaarmakingsraamwerk (TCFD) saam te werk om klimaatsverandering effektief oor sy hele portefeulje aan te spreek, sal die voortgesette strewe van die maatskappy wees om beleggingsrisiko’s gedurende die oorgang tot ‘n minimum te beperk en geleenthede tot die maksimum te benut.
Remgro sal algemene metings en teikens vasstel om geleenthede tussen finansiële prestasie-aanwysers en klimaatsverwante risikoverminderingspraktyke aaneen te skakel. Dit sal regoor die waardekettingbedrywighede in die organisasie, asook die ekosisteme van onderliggende beleggings, vasgelê word om vordering teenoor die Parys-ooreenkoms se nul-uitlatingsdoelwit te beïnvloed.
Remgro sal voortgaan om doelwitte te stel wat ‘n stewige bestuursgrondslag moontlik maak en hom en sy onderliggende beleggings in staat stel om ESG-doelwitte te ontwikkel wat sy strewe ondersteun om ‘n leier in die ontwikkeling van ESG en korporatiewe volhoubaarheid in ‘n Suid-Afrikaanse konteks te word. Dit is noodsaaklik om te verseker dat Remgro voortgaan op sy ESG-reis en ‘n betekenisvolle, praktiese en volhoubare impak maak wat sal bydra tot hoe hy sy doelwit verwesenlik.
Remgro sal seker maak dat sy beleggings, strategie en sakebedrywighede die doelwit weerspieël om ‘n volhoubare en meer gelyke toekoms in Suid-Afrika tot stand te help bring.