’n Interne besigheidsreddingsbeleid is opgestel en deur die direksie goedgekeur. Gegewe die aard van Remgro as ’n beleggingshouermaatskappy, vorm die oorweging van besigheidsreddingsprosedures deel van die wetlike nakomingsbeleid wat deur die direksie goedgekeur is.
Besigheidsreddingsprosedures by maatskappye waarin belê is, is die verantwoordelikheid van die direksies van daardie ondernemings, soos vereis deur die Maatskappywet. Remgro het, as deel van sy risikobestuursraamwerk, prosesse in plek om beleggings wat onderpresteer betyds te identifiseer en aandag daaraan te gee.